Diksand......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Piet Vorster

Puppy
Joined
Jul 19, 2011
Messages
44
Reaction score
0
Location
Grootfontein, Namibia
Bike
KTM 950 Adventure S
Oraait, ek weet nou nie of hierdie lekker by "ride-reports" pas nie- dis net so kort storie en ek het nie eers 'n paar foties om by te sit nie (my hande was te bewerig om daai piepklein selfoonknoppie te werk op daai stadium :eek: ). Elk geval, ek is nog 'n newbie wat  Adventure riding aanbetref, so as die ervare WD's ver terugdink, sal hierdie dalk 'n memory of twee opdiep van daai "1ste keer in die sand",  jare gelede (en ek praat nou nie van sandkastele bou op  Margate se strand nie...  ;) )

So, Saterdag was die jaarlikse Oesfees hier in ons kontrei op 'n plaas so ent uit die dorp. En siende dat ek 'n vet adventure-trip in die pyplyn het vir later die maand ( die Nampharm Foundation se "Ride for a smile" trip deur Koakoland en Damaraland) , het ek gedog dat hier nou 'n lekker kans is om te gaan "oefen" met my nuwe fiets op 'n "bietjie meer uitdagende" grondpad. Sien, ek het al die eerste stuk van die pad gery voorheen (met my bakkie....)  en weet dat dit nou nie juis 'n highway is nie, en het 'n goeie idee omtrent waar die plaas is (maar 'n minder goeie idee watter afdraaipaaidjie ek na die opstal moes vat). 

So net na middig-ete vat ek die pad - so 30km teer, en toe afdraai op die grondpad. Lekker opwindend- die pad het plek-plek bietjie weggespoel en mens wakker wees om die regte lyn te ry. Hier en daar 'n onverwagse gat , maar as jy daai 950 se oor draai, spring hy sorgeloos bo-oor. Bliksem, maar dis ‘n lekker bike!

Anyway, so 10km daarvan en 2 hekke verder was ek veronderdstel om af te draai na die plaashuis... (laat ek myself net eers verdedig- die organiseerders plant ‘n ‘agra banner’ , waar die pad huistoe opdraai..... dis al... Hoe de donner moet ek weet dat ‘n vlaggie eintlik beteken “hokaai, jy moet hier draai swaer. Die pad vorentoe is elk geval in sy moer in.” So vir alle aspirant WD’s wat in Namibie wil kom toer- As jy op ‘n plaaspad ‘n vlag sien: DRAAI...!!).

Maar nee, ek moer reguit aan. En 50m verder kom  ry ek binne in ‘n “Paris-to-Dakar-bonus-stage” in........... Met sand ja..... met sand! Nie hierdie verpoepte rifrug strepetjies op die middelmannetjie nie, nee honne, ek praat van daai rooi poeier variteit waarvan die spoor so 30cm diep uitgetrap is en soos die “great wall of china” in die middle bymekaar kom. Dan was dit ook vir my duidelik dat die plaasboer  op die plaas aan die einde van hierdie stront pad ‘n moeilike kerel is, want elke “Jan-Rap-en-sy-maat” met sy donkie kar het seker gemaak om die pad soontoe so lank moontlik te maak deur kruis en dwars oor hierdie sandpaadjie te ry!

En daar sit Piet Vorster op sy KTM950S in die middle van die grappie. Kerels, maar dan werk jou kop vinnig!!! Wat het die WD’s nou weer gese van sand??? En die Thread wat gegaan het oor “Pasop vir die Paaie in Namibie”?? O-ja, “LOOK UP, STAND UP, AND POWER UP” dink ek. “Jy moet die gewig van die voorwiel afkry sodat dit uit die sand kan lig”, het iemand hier raad gegee, as ek reg onthou.  So ek staan op, en hang aan daai handlebar, met my poephol wat agter die bike uithang soos ‘n vinknes, en kyk doer in die verskiet in terwyl ek Katie se oor draai in 2de..

Net ietsie oor “Look-up”. Ek verstaan nou presies waarom dit belangrik is. Want jy WIL NIE sien watter k@K hier reg voor jou aangaan nie........! Die beste jockey onderbroek in die wereld kan ook maar net soveel “washer-knypery” vat voor jy hom vents inknip....

Met die eerste paar tree wat daai voorwiel die sand gryp, voel ek dat hierdie interresant kan raak. (Gelukkig het ek my wiele redelik afgeblaas voor die tyd). En ek brand vir Kytie. Onmiddelik voel ek hoe die hele gewig na agter skuif, en alhoewel die fiets nogsteeds “snake” tussen my bene is dit nie meer so radikaal en onvoorspelbaar nie.  150m verder is ek deur die eerste stuk en daars ‘n harde stuk op die een skouer van die pad. So het dit gegaan vir omtrent 4km. met elke slegte stuk so tussen 50 en 150m lank en so paar honderd meter uit mekaar uit.

Die volgende oomblik toe kom ek by die hek van die volgende plaas....... wat my laat besef dat ek verby gery het, wat my laat besef dat ek sal moet omdraai....... wat my laat besef dat ek die stuk weer moet ry...
Terug was bietjie makliker, seker omdat ek geweet het wat om te verwag. Daar was ‘n paar benoude oomblike, veral as ek in ‘n diep spoor was, en ‘n ander spoor  (farken donkiekarre!) kruis my spoor. Maar op een of ander manier  het daai KTM daardeur gekom sonder om my af te gooi. Respect! Respect vir ‘n moerse lekker bike en damn lucky vir ‘n poephol bo-op die bike omdat hy nie sy moer suur geval het nie!!!
Nodeloos om te sê, daai eerste bier by die oesfees het soos nektar gesmaak vir ‘n ou wat bewerig en natgesweet  met ‘n “wrap-around-smile” gesit en stink het na donkiemis..

Wat ‘n belewenis!!

P.S. Net vir interressantheid, hoe moet mens maak as jy deur die diksand ry, en terwyl jy staan en vet gee, met jou gewig na agter, is daar ‘n draai in die pad? Ek het vinnig agtergekom, dat, alhoewel jy kan regop bly, deur bogenoende te doen, jy nie regtig veel beheer het oor skielike rigting verandering nie. Ek het amper die een keer ‘n hekpaal gestraf.

Groete
 
:imaposer: :imaposer:

Jy het vandag jou 'wings' verdien.
 
Jy mag nou bike ry en jou jare in die skool was elke sent werd, want jy mag maar skryf  :thumleft:
 
Ja nee Piet....daar is nie nodig vir prentjies nie  :laughing4:...jy beskryf die storie so mooi dat dit smaak ek was by. Ek het die laaste paar weke n "effort" gemaak om ten minste 2 tot 3 maal n week net so vir 20minute in die rooisand te gaan ry, en ek moet bieg dat dit die bedryf so n bietjie maklikker maak......gister namiddag toe gaan ry ek weer n draai en was die pad so vol slote geskop deur die manne op hulle plastiek fietse en hulle "kwats" dat ek sommer op die 1ste draai uit talent uit gehardloop het...maar nou ja...more na werk dan gaan probeer ek maar weer. :thumleft:
 
Piet Vorster said:
Road Hog said:
Nice Piet, met so n storie is foties nie eers nodig nie...!  :imaposer: :imaposer: :laughing4:

Waar is jy?

Ek bly in Grooffontein in die noorde van Namibie.
Lekker een ou Piet...
 
Piet! Ek was eers kwaad om nie fotos te sien nie, want jy sien ek laaik nie van lees nie,
maar toe val ek sommer so halfpad in jou storie in... Nice fotos!  :ricky:
 
:thumleft:

Nice een ek moet nog my vlerkies kry maar, is kak bang vir val !!!
Ek het al 7 keer die Trans Agulhas gery (rubberduck racing) en die kak uit daai boot gery en deur die lug gevlieg soos 'n jet !
maar is kak bang op my bike vir sand en modder en enige iets wat snaaks is!

groete
Francios
 
Ekt met vroulief die naweek bietjie sagte sand gery in die Waterberge. Sy het maar styf vas gehou terwyl ek die KLE oopdraai om te hoop die snaking hou op! Scary stuff!

Soos hulle se, as jy oopmaak gaan dit nie noodwendig help nie, maar jy sal vinniger uitvind!
 
Road Hog said:
Piet Vorster said:
Road Hog said:
Nice Piet, met so n storie is foties nie eers nodig nie...!  :imaposer: :imaposer: :laughing4:

Waar is jy?

Ek bly in Grooffontein in die noorde van Namibie.

Ek is hier in Walvis Bay

Ons sal mekaar seker nog raakry iewers. Jy gaan nie dalk saam op die Nampharm Koakoland trip nie?
 
Justin said:
Ekt met vroulief die naweek bietjie sagte sand gery in die Waterberge. Sy het maar styf vas gehou terwyl ek die KLE oopdraai om te hoop die snaking hou op! Scary stuff!

Soos hulle se, as jy oopmaak gaan dit nie noodwendig help nie, maar jy sal vinniger uitvind!

; ;D ....daai gevoel is nie vir pissies nie! Hy begin mos aanvanklik eers so half egalig "swem" onder jou en dan ewe skielik neuk die voorwiel hier na 'n kant toe (terwyl die pad in 'n ander rigting gaan)! dan is dit asof die bike agterkom hy jaag nou k@k aan en dan "over-steer" hy vanself na die teenoorgestelde kant..
Maar dit het defnitief gevoel of dit minder "radikaal" is as jy vetgee en die gewig terugskuif- so daai is goeie raad wat die ouens gee volgens my (beperkte ondervinding). Al probleem is dat dit moeilik is om te stuur (soos wanneer die pad draai) terwyl jy al die gewig na agter het (af van die voorwiel af) en vetgee tergelyke tyd. Dis moeilik genoeg om beheer te hou in 'n reguit lyn in die sand, maar as die pad dan nog draai ook..... Ai-ai-ai!
 
Lekker Piet!
Bly om te sien die Locals sukkel ook, en nie net die wat suid van die Oranjerivier af kom nie.
Maar dit klink my sandry is in die Namibiers se gene - jy het uitstekend gevaar teenoor baie ander.
Dankie vir die goeie inset.
 
Thanks vir die vertel. Lekker gelees.  :thumleft:

Ek ken daai."O bliksem wat s^e hulle nou weer van sand" gevoel. Dit belewe toe ek die 'makliker' roete getry het by die RAW twee jaar gelede. Maar dit is 'n Great gevoel as jy daar deur is.

 
Top