Piet Vorster
Puppy
- Joined
- Jul 19, 2011
- Messages
- 44
- Reaction score
- 0
- Location
- Grootfontein, Namibia
- Bike
- KTM 950 Adventure S
Oraait, ek weet nou nie of hierdie lekker by "ride-reports" pas nie- dis net so kort storie en ek het nie eers 'n paar foties om by te sit nie (my hande was te bewerig om daai piepklein selfoonknoppie te werk op daai stadium ). Elk geval, ek is nog 'n newbie wat Adventure riding aanbetref, so as die ervare WD's ver terugdink, sal hierdie dalk 'n memory of twee opdiep van daai "1ste keer in die sand", jare gelede (en ek praat nou nie van sandkastele bou op Margate se strand nie... )
So, Saterdag was die jaarlikse Oesfees hier in ons kontrei op 'n plaas so ent uit die dorp. En siende dat ek 'n vet adventure-trip in die pyplyn het vir later die maand ( die Nampharm Foundation se "Ride for a smile" trip deur Koakoland en Damaraland) , het ek gedog dat hier nou 'n lekker kans is om te gaan "oefen" met my nuwe fiets op 'n "bietjie meer uitdagende" grondpad. Sien, ek het al die eerste stuk van die pad gery voorheen (met my bakkie....) en weet dat dit nou nie juis 'n highway is nie, en het 'n goeie idee omtrent waar die plaas is (maar 'n minder goeie idee watter afdraaipaaidjie ek na die opstal moes vat).
So net na middig-ete vat ek die pad - so 30km teer, en toe afdraai op die grondpad. Lekker opwindend- die pad het plek-plek bietjie weggespoel en mens wakker wees om die regte lyn te ry. Hier en daar 'n onverwagse gat , maar as jy daai 950 se oor draai, spring hy sorgeloos bo-oor. Bliksem, maar dis ‘n lekker bike!
Anyway, so 10km daarvan en 2 hekke verder was ek veronderdstel om af te draai na die plaashuis... (laat ek myself net eers verdedig- die organiseerders plant ‘n ‘agra banner’ , waar die pad huistoe opdraai..... dis al... Hoe de donner moet ek weet dat ‘n vlaggie eintlik beteken “hokaai, jy moet hier draai swaer. Die pad vorentoe is elk geval in sy moer in.” So vir alle aspirant WD’s wat in Namibie wil kom toer- As jy op ‘n plaaspad ‘n vlag sien: DRAAI...!!).
Maar nee, ek moer reguit aan. En 50m verder kom ry ek binne in ‘n “Paris-to-Dakar-bonus-stage” in........... Met sand ja..... met sand! Nie hierdie verpoepte rifrug strepetjies op die middelmannetjie nie, nee honne, ek praat van daai rooi poeier variteit waarvan die spoor so 30cm diep uitgetrap is en soos die “great wall of china” in die middle bymekaar kom. Dan was dit ook vir my duidelik dat die plaasboer op die plaas aan die einde van hierdie stront pad ‘n moeilike kerel is, want elke “Jan-Rap-en-sy-maat” met sy donkie kar het seker gemaak om die pad soontoe so lank moontlik te maak deur kruis en dwars oor hierdie sandpaadjie te ry!
En daar sit Piet Vorster op sy KTM950S in die middle van die grappie. Kerels, maar dan werk jou kop vinnig!!! Wat het die WD’s nou weer gese van sand??? En die Thread wat gegaan het oor “Pasop vir die Paaie in Namibie”?? O-ja, “LOOK UP, STAND UP, AND POWER UP” dink ek. “Jy moet die gewig van die voorwiel afkry sodat dit uit die sand kan lig”, het iemand hier raad gegee, as ek reg onthou. So ek staan op, en hang aan daai handlebar, met my poephol wat agter die bike uithang soos ‘n vinknes, en kyk doer in die verskiet in terwyl ek Katie se oor draai in 2de..
Net ietsie oor “Look-up”. Ek verstaan nou presies waarom dit belangrik is. Want jy WIL NIE sien watter k@K hier reg voor jou aangaan nie........! Die beste jockey onderbroek in die wereld kan ook maar net soveel “washer-knypery” vat voor jy hom vents inknip....
Met die eerste paar tree wat daai voorwiel die sand gryp, voel ek dat hierdie interresant kan raak. (Gelukkig het ek my wiele redelik afgeblaas voor die tyd). En ek brand vir Kytie. Onmiddelik voel ek hoe die hele gewig na agter skuif, en alhoewel die fiets nogsteeds “snake” tussen my bene is dit nie meer so radikaal en onvoorspelbaar nie. 150m verder is ek deur die eerste stuk en daars ‘n harde stuk op die een skouer van die pad. So het dit gegaan vir omtrent 4km. met elke slegte stuk so tussen 50 en 150m lank en so paar honderd meter uit mekaar uit.
Die volgende oomblik toe kom ek by die hek van die volgende plaas....... wat my laat besef dat ek verby gery het, wat my laat besef dat ek sal moet omdraai....... wat my laat besef dat ek die stuk weer moet ry...
Terug was bietjie makliker, seker omdat ek geweet het wat om te verwag. Daar was ‘n paar benoude oomblike, veral as ek in ‘n diep spoor was, en ‘n ander spoor (farken donkiekarre!) kruis my spoor. Maar op een of ander manier het daai KTM daardeur gekom sonder om my af te gooi. Respect! Respect vir ‘n moerse lekker bike en damn lucky vir ‘n poephol bo-op die bike omdat hy nie sy moer suur geval het nie!!!
Nodeloos om te sê, daai eerste bier by die oesfees het soos nektar gesmaak vir ‘n ou wat bewerig en natgesweet met ‘n “wrap-around-smile” gesit en stink het na donkiemis..
Wat ‘n belewenis!!
P.S. Net vir interressantheid, hoe moet mens maak as jy deur die diksand ry, en terwyl jy staan en vet gee, met jou gewig na agter, is daar ‘n draai in die pad? Ek het vinnig agtergekom, dat, alhoewel jy kan regop bly, deur bogenoende te doen, jy nie regtig veel beheer het oor skielike rigting verandering nie. Ek het amper die een keer ‘n hekpaal gestraf.
Groete