Ek en my vrou het gister die grondpad gery tot by Lambertsbaai, dit is ongeveer 60 km grondpad. Ek is nog op verlof en geniet die dag trippies, voel sommer of ek verlof het. Plaas maar die fotos vir die wat lanklaas die see gesien het. Ons was onder by die hawe, waar die snoek dik geloop het. Het sommer 'n paar fotos van die snoekbote, wat die hawe inkom, geneem en van die snoek. Hoop die fotos is toelaatbaar, daar is mos darem 'n motorfiets betrokke. Nog 'n paar sal volg.