Flatout
Race Dog
Soos seker vir almal , het die slegte weer ons so uitgehonger vir ’n ry dat toe die geleentheid kom skielik voordoen ek en Coke Marais dit onmiddelik aangegryp het. Gelukkig ken hy twee “Stadsboere” wat die week op hulle plase is en gou-gou word verblyf gereël op die plaas Kareeboom op die Onder Wadrifpad halfpad tussen Ceres en Sutherland.
Hier volg so ’n kort verslaggie van ons onbeplande maar uiters verkwikkende rit.
Soos gewoonlik ry ons Du Toitskloof deur en dan word daar altyd by die laagwaterbrug oor die Breë rivier naby Slanghoek gestop. Dis nou nog nie die Karoo nie maar ons is darem nou al agter die berg.
Die Transalp net buite die Poort, silwerskoon en baie mooi maar nog glad nie grondpadgereed nie. ChrisL het al gekwoteer en die geld sal hopelik eersdaags reg wees vir al die nodige bybehore. Dis alreeds die fiets se derde rit maar ek het geweet dit gaan dalk te rof raak vir die ou.
Coke Marais is die enigste BMW- ryer wat ek ken wat nie orals staan nie en hier durf hy ons eerste stukkie water ook sommer so sit-sit aan. In al die jare nog nooit geval nie. Kry darem so nou en dan ’n groot skrik maar stop dan onmiddelik om ’n zol te rol en sodoende van die rukkings ontslae te raak.
Ek is soos ‘n ding wat niks gewoond is nie en ry op en af deur die water en modder van pure plesier. Die klas ding kom mos nou nie elke dag oor ‘n man se pad nie.
Die reën het nuwe lewe in oorvloed gebring en soos die ou liedjie gesê het, “al die veld is vrolik”. Dis min dat mens die deel van die Tankwa so groen en vars sien nie en dis maar nog net die begin.
Uiteindelik na hoeveel water en modder driffies arriveer ons by Frik se huis wat nog in aanbou is.
Ons slaap egter by Willie die handige buurman op Kareeboom oor en vroegaand brand die vuur al lekker. Hier sit Coke Marais, Frik en Willie.
Die volgende oggend ry ons deur plekke wat gewoonlik asvaal is maar nou a.g.v die water ’n totale nuwe bekoring inhou.
Foeitog, een of ander waaghals van toentertyd het ook ’n paar dekades gelede hier op ‘n aaklige manier sy moses teen gekom. Sonder modifikasies was die Anglia maar ’n ou smal motortjie met regte Marie biscuit wiele, tog elke jong man van daai tyd se droom.
Alhoewel die blomme fluks aan die groei is, sal die meeste eers so oor ’n maand in volle prag staan. Ons was egter verras deur diè plaat geel blommetjies op die Bo-Wadrifpad.
Coke Marais ry vir “Prehistories “ weer eens veilig deur ‘n plaat water.
Vir ‘n kortstondinge oomblik was ek die eienaar van die rots by Bo-Wadrif. Die plek hou vir my ’n spesiale bekoring in en ons stop gewoonlik hier vir ’n braai of iets.
Nou’s dit tyd vir Oubergpas. Gewoonlik ry ons van bo af maar vandag is dit opdraand. Dis papwiel wêreld die en ons vat dit maar kalm uit vrees vir die skerp lei-klippies.
Bo-op die berg na Sutherland se kant toe ry ons baie swaar met die modder en gate maar word darem beloon met diè mooi toneel. As julle wonder waar’s die fotos van die regte modderstukke kan ek maar net sê dat pandemonium ons skoon laat vergeet het van kameras.
Tussen Sutherland en ons volgende afdraai is daar vinning gestop in Verlatekloof vir ’n paar foto’s.
Ons stop vir die eerste keer by Santa se Bossieskerm. Nadat ons in verwondering alles gade geslaan het vul ons sommer die rantsoene aan, betaal en verlaat die plek in totale ongeloof. Vol punte vir jou Santa! Jy is iemand wat op die positiewe fokus en seker al menige aspirant skelm tot bekering laat kom het. Wens daar was meer mense soos jy.
Hierdie tyd van die jaar is alle grenshekke toe en ontaard dit in ’n stop-ry situasie.
Na drie dae wat gekenmerk was daar water, modder, droë modderspore, Ertvarkgate in die pad en sommer net stamperige paaie beland ons uitiendelik weer op ’n lekker gladde deel van die Rondawelpad , terug na die Calvinia pad.
Net toe ons dink dis nou weer tyd vir ” flat out” huis toe, doem die Tankwa Padstal voor ons op. Dis net na die Katbakkies afdraai, op die R335 gebou deur Hein en Susan Lange.Wat ’n aangename ontdekking, gaan kyk gerus self, hulle is net 48 km vanaf die Karoo – Poort. Koffie is op die huis. Op die tweede foto staan ek en Pathfinder wat nog oppad na die Merweville groep was.
Hierdie was een van daai onbeplande genotvolle ritte wat ek nog lank sal onthou.