Flatout en Lindsay ry weer saam

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
Lindsay my dogter en ek het verlede week op uitnodiging van Robin Brown besluit om ook die afgelope naweek na Die Mond te ry. Robin en sy vriend Kallie, Kaspaas op die forum, ry met hulle voertuie sodat die vrouens en Kaspaas se oulike klein dogtertjie ook kan saam gaan. Ek en Lindsay ry met die Transalp.
Saterdag oggend ry ons in koue misweer uit die Kaap uit wat gelukkig net hou tot bo-op Du Toit’s kloofpas, toe is dit skielik somer. By die Motel in die pas moet ek eers weer stil hou. Ek verwonder myself aan die indrukwekkende kranse wat bokant ons uittroon terwyl ek wag.

100_3845-Copy.jpg


My vernuf en geduld word tot die uiterste beproef terwyl ek sukkel om my weg te vind deur die Babelse verwarring wat mens op ’n Saterdag oggend in Ceres kry. Gelukkig beland ons darem  kort voor lank by die Tankwa Padstal. Hier staan tyd skielik weer stil en almal sit rustig rond.

100_3846.jpg


Die paadjie na die Mond is ’n sanderige sinkplaat affêre en ons kom heel uit fokus daar aan. Nadat ons ingetrek het in een van die huisies en almal gegroet het besluit ons om die pad te vat. Bosluise onder teen die rivier dryf ons gou hoër op.

100_3852.jpg


100_3853.jpg


100_3854.jpg


100_3855.jpg


100_3856.jpg


Die paadjie terug vanaf die uitkyk punt was altyd oop om te ry. Nou na sekere manne se manewales verlede jaar word motorfietse nou nie eers meer toegelaat nie en die roete is nou net vir stappers oop.

100_3857.jpg


Kol, kol is die wêreld kaal en groei daar omtrent niks nie.

100_3858.jpg


100_3860.jpg



100_3861.jpg


100_3862.jpg


Terug op die plaas verloor ek my voorliefde vir Bacon toe ek die vuil ma van ’n hele klomp kleintjies sien.

100_3865.jpg


Op die plaaswerf staan heelwat masjiene en goed rond. Die man gooi glo niks weg nie maar snaaks genoeg is die meeste nog in goeie werkende toestand en seker ’n hele paar rand werd.

100_3868.jpg


100_3871.jpg


100_3872.jpg


100_3874.jpg


Ek begin skielik al meer en meer verlang na my twee Klr’s wat ek gehad het en klim impulsief teen dié ou gele uit.

100_3873.jpg


Kyk na die terminologie van vergange se dae.

100_3875.jpg


Kaspaas se kleintjie wat vir ’n sekonde stil sit sodat ek die foto kon neem.

100_3877.jpg


Lindsay lyk baie bly dat die dag se staptog verby is.

100_3878.jpg


Kaspaas geniet sy biertjie terwyl hy heel vernuftig is by die kospotte.

100_3880.jpg


As dit nie was vir sy T-Hemp nie kon Robin Brown hier deur gegaan het as Farmer Brown. Wonder net of sy vrou Ann bereid sou gewees het om Alice Brown te wees?

100_3881.jpg


Interessante wolk formasies vorm in die vêrte.

100_3882.jpg


Oppad uit ry ons deur die dorre stuk aarde. Die vorige eienaar woon nou weer hier in die Kaap. Kan hom nie juis blameer nie.

100_3883.jpg


100_3885.jpg


Sondag middag vind ons die padstal in rep en roer. Daar is baie mense en lekker boerekos word bedien. Ek het net vir Andy 660 hulle gemis maar is bly om ander ou kennisse raak te loop.

100_3886.jpg


Die plaaslike bevolking ondersteun ook vir Wally goed daar in die kroeg. Die manne se een pêl het so ’n paar meter voor die hek geval met sy fiets en toe sommer bly lê. Op dié stadium was hulle olie-druk ook nie meer op aanvaarbare vlakke nie.

100_3888.jpg


Ek het by ’n vorige besoek hier, dié donkie-kar afgeneem en ’n skildery daar van gemaak.

100_2205.jpg


DSC05248.jpg


Hier na is ons deur tot by Touwsrivier wat in ’n ontstellende toestand van verval is. Die eens trotse Hoërskool staan leeg en is heel geplunder. Die stasie geboue het ook onlangs afgebrand. Lyk my alles word net so gelos om te vergaan.
Toe is dit weer terug op die grondpad na Montague. Hier het dit nog onlangs goed gereën en gesneeu. Die veld lyk mooi en daar is selfs blomme.

100_3889.jpg


100_3890.jpg


100_3896.jpg


Ou Bergpas is soos altyd ’n belewenis en ons steek omtrent sewe water driffies oor. By die eerste een stop ek en gaan voel, voel deur. Daar na word die ander sommer net deur gejaag en ons kom nat van die modderwater by die teerpad uit.

100_3900.jpg


100_3902.jpg


100_3904.jpg


100_3906.jpg


100_3908.jpg


100_3910.jpg


Die ou skilpadjie het sommer ’n U-draai gemaak toe ons hom wil groet.

100_3911.jpg


Die son begin water trek en ons ry via Eilandia en die Frashoekpas terug huis toe.

100_3917.jpg


100_3918.jpg


100_3920.jpg


Vir my is elke rit ’n voorreg en iets om te onthou. Hierdie was geen uitsondering nie.
 
Gawe trippie soos altyd Flatout. :thumleft:
Wil ook nog eendag n draai by De Mond gaan maak.
 
Thanks Sakkie. Lekker om weer van jou te hoor. Pragtige kind, jou dogter.
 
Nice RR Flatout,  :thumleft:

Thanks for sharing it with us.
 
Wow Sakkie!

Ek het al van die Die Mond gehoor, maar danksy jou RR weet ek darm ook nou hoe dit daar lyk.

Nou het ek nog meer rede om te wil gaan.

Baie baie dankie, dis was lekker om dit te lees.

 
We do live in a beautiful country - with beautiful people!  :deal:  :thumleft:
 
Very nice indeed. That was a good idea to have the painting done...did you do it or did you have it done? Thanks for sharing :thumleft:
 
XXL said:
Very nice indeed. That was a good idea to have the painting done...did you do it or did you have it done? Thanks for sharing :thumleft:
Painting is one of my hobbies. This one is in acrylic paint on canvas. About 900 x 600 and framed.
 
Hi Sakkie
Aangenaam om jou te ontmoet. Ons het lekker gekuier.

Jou skrywe is so goed en jy het my so lus, dat ek sommer gou Saterdag deur gery het vir die dag om my vrou se ringe te gaan soek.

05:30 saterdag het ek en poon in die pad geval, 20km voor die padstal kry ek my eerste papwiel. 7km voor die mond slaan ek n gat, agter en voorwiel is pap. Bloedige son twee papwiele regmaak is geen grap nie.
In die dam gespring toe ek daar kom en my asem terug gekry.
Daarna het ek die metaalverklikker aanmekaar gesit en begin soek.
Die res is geskiedenis
17:00 is ek by die huis met n vrou vol smiles.

Ek was gedaan na Saterdag.
 
Dit was ook goed om vir julle te leer ken. Ek sou ook nie kon rus voor dat ek daai ringe gekry het nie. Werklik bly vir julle dat alles nou weer  reg is. Tot weersiens.  :thumleft:
 
Top