Dunnes
Race Dog
- Joined
- Apr 4, 2016
- Messages
- 845
- Reaction score
- 24
- Location
- Gauteng, Pretoria
- Bike
- BMW F650GS / Dakar
Na 'n noodsaaklike middagete pak ons die laaste gedeelte van Keays pas aan. Dit bly klei-modderig, maar ten minste nie meer so steil nie. Die uitsig is besonders en die mis lig vir 'n oomblik om Rogers pas, ons beginpunt, te wys. Bo-op die pas is dit weer 'n nuwe stukkie wêreld wat voor ons lê na die noorde.
Bo: Gerhard doen vinnig inspeksie.
Bo: Vet pret
Bo: Gerhard arriveer bo-op Keays pas
Bo: Doer in die vêrte loop Rogers pas op. Pragtige inheemse woud bedek die eskarp se hange.
Bo: Vinnige gesinsvergadering voor ons aan beweeg.
Bo: Die volgende bult se uitsig word ook waardeer. Dis glad nie so plat hier bo nie.
Die reën het intussen opgehou, wat ons reis net beter maak. Ons volg die pad, wat nou 'n nuutgeskraapte pad geword het, deur een of twee stroompies en draad hekke totdat ons by 'n hek arriveer wat gesluit is. Soos oom Dawid verduidelik het, kan mens sien waar die boere die regop pale uittrek en dan oor die draad ry. Ek pak 'n paar plat klippe oor die hakkiesdraad, maar Gerhard reken ek doen dit verniet. Hier geniet ons weer die afgrond uitsig.
Bo: Gerhard lyk baie gelukkig met hekke toemaak. Ek dink hy hou daarvan om dan te jaag om by te kom. Ek mag verkeerd wees
Bo: Al langs die eskarp. Aan die regterkant sien ons Normandien pas se uitloper.
Bo: Aan ons weste kant staan Mont Pelaan met sy bles in die wolke.
Bo: Nadat ons die draad gespring het, hoor Gerhard iets vreemd...
Bo: Dis ongelooflik hoe ons paadjie vir lang dele reg langs die afgrond loop
Bo: Eers 'n groepfoto. Ek moet erken dat ek effens bekommerd was oor weerlig.
Ons klim weer op en so kilometer verder kom ons op 'n mooi klofie af en ek kan nie die fotogeleentheid weerstaan nie.
Bo: Gerhard, ek dink ek weet wat jy dink hier bo - Ek sien uit dat Magdaleen ook haar eie fiets kry.
Bo: Ek maak baie seker ek weet waar is die voorrem
Bo: Wat 'n voorreg!
Ek tru weg van die krans af en ons volg die laaste 1.5km tot by Normandien pas. Hier moet ons weer 'n hek spring om op die pas te kom. Van hier af draai ons wes en volg ons die pad noord na Memel se rigting. Die plase in die vallei is prentjie mooi en ek moet net dophou dat ek nie 'n te diep waterplas tref nie. Na so 15km draai ons oos in die rigting van Mullers pas. Naby Mullers pas het die pad seepglad geword waarby ek moes kophou. Net voor die bo-punt van Mullers pas, draai ons in by Moorfield farm waar ons mede kampers ons inwag.
More mik ons weer suid.