Herontmoeting ... een man, een fiets en die langpad.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
fat b said:
Mooi , geskryf , mooi pad , mooi fiets ! :thumleft:

Baie dankie.

Brink said:
Baie lekker leesstof :thumleft:

Interessant dat dit weereens bewys dat meeste besluite net deur jouself geneem moet word om "verligting" te kry.

Yep ... dis not so ... elkeen van ons het gewoonlik die keuse ... doen wat ek wil of doen wat ek moet ... soms moet ons maar die "doen wat ek wil" paadjie vat net om seker te maak ons is nog regtig in beheer van ons eie lewens.

White Stripes said:
Mooi man, ek het dit nou geniet. Dis nie aldag dat jy 'n virtuoos agter die pen het en 'n filosoof agter die stuur nie. Jy verwoord baie fyn nuanses op 'n kreatiewe manier. Bly jy kon uit jou gemak zone glip om weer die great goed te beleef.

Ek het ook 'n great vriend wie ek deesdae min sien. Hy is nou wel nie 'n biker nie, maar hy is 'n groot gees. Dit laat my dink aan die volgende stelling: Die bestemming van die lewe is nie belangrik nie, maar die stilhouplekkies langs die pad, die reisgenote, die oomblikke van ekstase wanneer jy die eenvoud en die oorvloed ervaar. Miskien het niemand dit gesê nie, maar wtf, is steeds waar.

Jis jong ... nou laat jy my regtig bloos :) ... baie dankie vir jou mooi woorde. Ek het al baie vir my kinders probeer vertel hoe belangrik ware vriendskap is en hoe belangrik dit is om soiets soos goud te bewaar as jy dit werklik vind.

PS ... Die aanhaling wat jy maak ... dis ook ons Tripwired Slogan ... "The Journey not the Destination."
 
Dankie Colyn - dit was nou 'n great lees gewees!  :thumleft:

Ek het verlede jaar my groot saalmaat verloor toe die bliksem Kaap toe getrek het. Dit was en is nog steeds 'n groot gatslag vir my (op vele vlakke - nie net motorfiets-verwand nie). Ons maak nou maar 'n plan om ten minste een of tweekeer per jaar 'n trip saam te doen - totdat ek hom kan oortuig om weer terug te trek.  ;)

Nogmaals dankie
 
Baie dankie Colyn, ek het dit baie geniet. Ek voel gemaklik self om in my moedertaal te skryf alhoewel ek die Engels bietjie oefen en meestal pos in Engels. Mens kan jouself egter net regtig goed uitdruk in jou moedertaal glo ek, en hier kry jy tien uit tien vir jou verslag.

Ek moet saamstem, die LT is gewis die koning van die langpad, alhoewel ek eerder die RT verkies. Het al met n vriend s'n gery en was meer as net beïndruk...net die ou geldjies maar hy sal kom op die regte tyd!
 
Mooi RR. 'n Goeie saal maat is amper belangriker as jou vrou. Jy ry net lekkerder en het altyd iets om oor te gesels op die smoke breaks langs die pad.
 
Wat n mooi en eerlike verslag, ek het dit laat gesien maar soooo geniet!
Ek ry baie alleen, maar met n vriend is net lekkerder.
 
Well, if more reports were written in your style, I would be a much better reader of Arikaans.

Thanks for your time and effort.

Regards,

Andrew
 
Baie dankie vir julle mooi woorde. Ek waardeer dit opreg. Werk hou my bietjie vas tans maar ek hoop om spoedig weer a lang trip te doen.

Weereens dankie.
 
Wat 'n lekker verslag!  Eendag as ek groot is gaan ek 'n LT moet hê...

Ek kon lekker identifiseer met jou emosies van "Moet ek met die fiets ry?/Moet ek met die kar ry?".  Elke keer as ek dan op die fiets klim weet ek dit was die regte besluit.
 
Top