Hobo se leegle trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,315
Reaction score
789
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Hello vriende
Net n kort verslag oor my 2 dae 900km trip.
Vrydag oggend hier uit Velddrif weg. Weer het bietjie bewolk gelyk maar niks reen nie. Teerpad tot in Clanwilliam gevat en daar vir my n cheap rainsuit gekoop (dankie tog ek het) en die goedkoopste bottel soetwyn op die rak.  n Bottel  Voorsorg hanepoot (gewaarborg...sewe fights a bottel)
Die pad daarvandaan oor pakhuispas gevat tot in doringbos.  Net na pakhuis pas is daar heelwat padwerke besig met swaar grondmasjinerie op die pad besig.  n Paar lengtes modder wat n probleem kan wees as jy huiwerig met die throttle is hierdeur.  Toe die padwerkers sien hier kom n bike het almal tools neergesit om nou eers te kyk of ek die vermaak vir die dag gaan wees.  Ek het hulle teleurgestel en net laat waai.
By doringrivier bietjie gestop en my blou gekookte eiers,brood en water te drink en eet.
Net na Doringbos het ek n pad met n hek gesien wat afdraai Moedverloor toe.  Ek het hierdie baie verlate pad gevat (kon sien geen voertuie vir lang tyd gewees op hierdie pad ) en hierdie pragtige area deurgery.  Lekker pad ook as jy nou nie omgee om so 25 hekke oop en toe te maak nie.
Ek het net voor Calvinia op die Teerpad weer uitgekom en in Calvinia oorgeslaap.  Lekker dag gewees,great paaie vir my en scenery.  O ja hier was dit vrek koud.
Die volgende oggend vroeg op so 05H00 my goed rustig gepak en die pad gevat na die Downess afdraai so 16 km buite Calvinia op pad na middelpos.  Hier was ek baie bly vir die rainsuit baadjie omdat dit vrek koud was.  TV nuus het 0 grade gewys vir hierdie area. Weereens n baie lekker pad maar wil hom nie ry met my gladde Sirac tyres as hy nat is nie.  Jy kan hom sommer sien as hy nat is dat hy soos snot onder jou wiele sal wees.
Middelpos so n uur rondgehang om bietjie te ontdooi en met die vrou by die winkeltjie te gesels oor die area.  Sy vertel my toe iemand genaamnd boers of iets het vooruit gebel om daar te oornag,gewonder of dit dalk Rovrat kon wees.  Jong laaitie in n landrover het ook kom gesels. Toe ek ry kry ek die outjie net buite die dorpie en kon sien hy was lus om die landy te laat hardloop.  Ek het die vark se oor bietjie gedraai en hom in my spieeltjie gou gou verloor.
Van Middelpos het ek die pad oor Gagganaspas tot by die R355 gevat op pad Ceres toe.
Hierdie hele pad tot so 30 km anderkant Gagganaspas moet mens maar die spoed laag hou.
Klomp uitgespoelde "ruts" wat dwarsoor die pad loop en baie rotsriwwe wat jou rims of suspension kan beskadig.  Lekker pad nogtans ,genoeg tegnies om jou aandag te vestig en die trip interresant te hou.  Weereens,spesiale waarskuwing hierdie stukkie tussen Middelspos en Gagganaspas sal n bastard in die nat wees.  Ek sal hom liewer dan vermy maar ek weet daar is van julle manne wat so n uitdaging geniet. Go for it!!!
Gagganaspas was die hoogtepunt van my trip.  Absoluut asemrowend.As jy in die area is moet dit nie mis nie.  Selfs die ouens met die groot bikes en pillion kan hierdie roete gaan doen as dit redelik droog is.  Gagganaspas op weet ek nie so seker nie,groot losklippe op plekke teen hierdie pas op.  Daarvandaan was dit maar net n lekker reguit stuk hardloop verby Tankwa tot op die R355.  Lekker groot groep BMW's en paar groot KTM's gekry wat in die rigting van Tankwa's gehardloop het.  Van die R355 is ek Katbakkiespas oor,Op die berg dan Citrusdal en die laaste stukkie huistoe. Baie lekker trippie gewees sal graag weer hierdie area gaan verken en Gagganaspas sien my definitief weer as die Here wil.  O ja net anderkant Citrusdal teen die berg op sien ek skielik n kar briek dat die rook draai.  Kom toe n dronkie op fiets af teen die berg op verkeerde kant van die pad en chicken speel met die aankomende verkeer.  Hy kom toe reg op my afgepyl en swenk op die laaste minuut om op my regterkant verby te ry toe ek hom met n snotklap van sy fiets afvee.  Dit het gevoel of ek n ligament in my elmboog seergemaak het.
Dit was kwaai seer en by die huis gesien tot my hand is lekker vet geswel.  Hoop hy het darem seerder as ek gekry. Miskien is daar n darwin award erens vir my ook.
Sal later vandag die paar fotos pos wat ek geneem het.

subie  O0  die bike skoonmaker nou.   
 
Laat kom met die fotos Subie. Was lanklaas in daai omgewing. Mooi wereld.
 
Die man se ons moet wag tot vannaand!! Glo besig om sy bike te was met sy seer hand!
 
Hello Vriende
Hier is n paar van die fotos. Verskoon maar ek is n lui ou as ek eers aan die gang is wat nie maklik stop vir fotos nie. Iets interresant vir my by Gagganapas is dat so 3/4 op teen die pas net op daardie hoogte het ek sulke vetplant tipe boompies gesien wat ek nog nerens gesien het nie. Wou nog stop om n foto te neem maar van uitstel kom afstel en so ook daardie foto geleentheid gemis. Die kort boompies kom ook net op daardie hoogte voor. Heelbo niks en onder toe ook niks. Ek gaan definitief terug soontoe en sal graag n foto van die boompies plaas. Miskien weet iemand wat dit is.
 

Attachments

  • Gagganapas2.jpg
    Gagganapas2.jpg
    192 KB
Nog n paar deurmekaar gepos.  :mwink:
 

Attachments

  • Doringrivier.jpg
    Doringrivier.jpg
    168.6 KB
  • Doringrivier2.jpg
    Doringrivier2.jpg
    179 KB
  • Gagganapas1.jpg
    Gagganapas1.jpg
    123.9 KB
Nee! Ek was nie bike vandag. Le in die bed vrot van die griep en word n bietjie deur die vrou gemamma.
Soort van :-

Vrou:-
    Is my blommetjie siek?

Ekke :- (in my sterwende stem)  Ja my liefling,verskriklik............laat die pamperlang begin en die siekte aanhou    >:D


subie  O0
 

Attachments

  • Middelpos.jpg
    Middelpos.jpg
    109 KB
  • Middelpos2.jpg
    Middelpos2.jpg
    102.4 KB
Dis al wat ek geneem het die ander is maar net die gewone bike langs die grondpad fotos.

subie  O0
 

Attachments

  • netna katbakkies.jpg
    netna katbakkies.jpg
    152.1 KB
  • netna katbakkies2.jpg
    netna katbakkies2.jpg
    102.8 KB
  • netna katbakkies3.jpg
    netna katbakkies3.jpg
    125.8 KB
Lekker report Subie.
Ons het daardie Moedvelore Pad gedoen in December maand,baie leker pad.
Jy moet nog n` draai maak by my om die Bash plaat te laat opsit vir jou.
 
Lekker Subie.Ek het so baie planne om te gaan ry, maar forkit die TYD.Soveel mooi roetes om te gaan verken.
 
Subie, maak jy jou broek met 'n geelslang vas ook?

Definitief 'n nuwe styl RR. Maak gou weer so!
 
Hello Miepels
Vrek bang vir slange. As jy nou n dikgat wil sien skuif oor die aarde moet jy sien as ek en slang se kind bymekaar kom.
Jammer ek is nie veel van n skrywer nie en algemene lui-gat as dit by stop vir fotos kom, daarom die swak RR.

subie 

Miepels said:
Subie, maak jy jou broek met 'n geelslang vas ook?

Definitief 'n nuwe styl RR. Maak gou weer so!
 
Dankie XT660R
Ek wil graag daardie bashplate kom opsit nog  :biggrin:

subie

XT660R said:
Lekker report Subie.
Ons het daardie Moedvelore Pad gedoen in December maand,baie leker pad.
Jy moet nog n` draai maak by my om die Bash plaat te laat opsit vir jou.
 
Hi Subie,

Lekker trip wat jy gedoen het!!!
Van die plekke brig sommer memories terug veral daai Gannaga pas!!
Great foto's :thumleft:

Rooisand
 

Latest posts

Top