Kaleo Plaasmark, antieke trekkers & ou karre- Koue Bokkeveld

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
My bike was onlangs in vir n diens daar by Dux, en ek moes heel week wag om 'n slag die nuwe olies te gaan deurmeng.

Ek en my vrou het onlangs vanaf Du Vlei met die kar teruggery via Bo-Hermonpad, en elke paar kilometres was daar sulke "loops" wat uitdraai na die berg se kant toe. Ek wou paar van hierdie paadjies vanbaf Wellington gaan verken.

In die week kry ek 'n oproep van 'n groot vriend, en WD newbie, Spacemys. Die gasteplaas waarop hulle in 2013 getrou het bied 'n plaasmark aan, met n bergfietswedren, stalletjies, outydse karre en trekkeruitstalling.  Vir 'n lekker roosterkoek, antieke trekkers en ou karre laat ek my nie twee keer nooi nie.

Ek is so 7am uit Durbanville uit, maar hier oppad Wellington toe al het die Suidoos begin roer, en ek het geweet dit gaan nie beter raak nie.

In Wellington is ek daar agter die onderwyskollege en die sportgronde om en het sommer met my "sense of direction" besluit om n kans te vat met die eerste pad uit na regs. Dit was vroeg en ek het baie tyd gehad, al het ek selde gestop vir fotos. Van hier af het die T-aansluitings op mekaar gevolg. Ek onthou net 'n links en regs en weer 'n regs. Na 'n kort rukkie het ek by Welbedacht, Schalk Burger se plaas uitgekom waarna ek weer by die Bo-Hermon pad aangesluit het. Op verskeie van hierdie plase is sulke eikeboom lanings. Ek weet dat in baie families plant hulle graag 'n nuwe boom met die geboorte van die volgende generasie.

Gou gestop daar by Denel. Ek reken dat van die oud-army Wilddogs sou beslis die wagtorings herken.  

Na nog so een "loopie" het ek weer by die R44 aangesluit. Van hier af tot by Nuwekloof en selfs daarna was vir my AGONY!  Dis beslis die ergste dwarswind wat ek al ooit beleef het. Dit het my lus en planne om vanaf Tulbaghweg tot Wolseley te ry heeltemaal in die wiele gery, en ek het net kop laat sak en die oor gedraai tot in Ceres.

Hier het ek lekker by Spacemys gekuier voordat ons in die rigting van Gydopas vertrek het.

 

Attachments

  • WP_20141025_001.jpg
    WP_20141025_001.jpg
    80 KB
  • WP_20141025_003.jpg
    WP_20141025_003.jpg
    86.4 KB
  • WP_20141025_004.jpg
    WP_20141025_004.jpg
    87.7 KB
Om by Kaleo uit te kom moet jy so 5km bo-op Gydopas regs draai waar dit aandui Touwsrivier/Baviaanshoek. Die eerste drie km van hierdie pad is geteer, en by die punt waar die grondpad begin draai jy op twee kort grondpaadjies links na Kaleo toe.

Ek is spyt ek het nie juis fotos geneem van die omgewing of die mark nie, maar daar was paar stalletjies, 'n bergfietsroete, roosterkoeke, potjiekos, lucky draws, musiek ens.

My aandag was egter by die karre en trekkers, en al was daar nie veel nie. Hul was beslis almal mooi. 

As daar kenners is van outydse karre wat my kan reghelp met modelle, maak gerus so.

1) Hierdie 54-55 Ford Customline V8 is waarlik spotless. Hy ook die extended rear bumper met die spaarwiel in die middle, soos die eerste  Thunderbirds.
2) Hierdie Buick reken ek is so 1944 - 46.
3) Pragtige blou Dodge coupe. Seker so '47 model? Dink die sales reps van daai tye het baie baaltou, draad of polisse vanuit daai boots uit gesmous.


 

Attachments

  • WP_20141025_007.jpg
    WP_20141025_007.jpg
    146.2 KB
  • WP_20141025_008.jpg
    WP_20141025_008.jpg
    147.9 KB
  • WP_20141025_009.jpg
    WP_20141025_009.jpg
    120.8 KB
Ja nee - wind en bikes gaan nou maar eenmaal nie saam nie!
Sal nie omgee om daai V8 Fordjie te besit nie....  :sip:
 
ek het geensins kennis van trekkers en hul modelle nie, maar ek weet darem wat is n Vaaljapie.  Hier op Kaleo staan seker so 13 van hulle, met seker nog tien stuks vaaljapie specific implemente.

Dis waarlik vir my mooi hoe hierdie gebruiksgoedere so gekoester en bewaar, en selfs steeds gebruik word.

Ek sal die fotos laat praat. Die trekkerkenners moet asseblief kommentaar lewer as julle ervaring van hierdie modelle het. Sal great wees om julle stories te hoor.

Ek is weer hier rondom 13h30 daar weg en sommer Bainskloof oor, want dis meer windbeskut.

Was net so na 15h00 by die huis en toe kraak die eerste koue goue voor die groot game. 
 

Attachments

  • WP_20141025_014.jpg
    WP_20141025_014.jpg
    138.2 KB
  • WP_20141025_018.jpg
    WP_20141025_018.jpg
    147.4 KB
  • WP_20141025_025.jpg
    WP_20141025_025.jpg
    58.5 KB
  • WP_20141025_027.jpg
    WP_20141025_027.jpg
    73.6 KB
  • WP_20141025_031.jpg
    WP_20141025_031.jpg
    78.8 KB
  • WP_20141025_032.jpg
    WP_20141025_032.jpg
    85.6 KB
  • WP_20141025_034.jpg
    WP_20141025_034.jpg
    111.1 KB
XRRX said:
Ja nee - wind en bikes gaan nou maar eenmaal nie saam nie!
Sal nie omgee om daai V8 Fordjie te besit nie....  :sip:

Ja kyk, daai Valiant Baracuda is self nie te versmaai nie.
 
Nice- ja nee saterdag was so bietjie winderig- ons het hier om Grabouw  stofpaadjies gery
 
XT JOE said:
Nice- ja nee saterdag was so bietjie winderig- ons het hier om Grabouw  stofpaadjies gery

Snaaks genoeg, hier bo-op Gydo was dit tjoepstil, so ek het nie juis baie uitgesien na die terugry nie. Gelukkig tussen Wellington & Durbanville vang ek hom toe in die namiddig so van half skuins agter links, so dan verloor die 650 nie spoed nie.
 
Louis, kan mens daai trekkers deur die week ook gaan kyk? Of was dit net vir die geleentheid daar.
 
Stofdonkie said:
Louis, kan mens daai trekkers deur die week ook gaan kyk? Of was dit net vir die geleentheid daar.

daai trekkers staan beslis deur die week ook daar, want dit is die eienaar sn. Die outydse karre is die Wessons sn op Ceres, die familie met die tyre plekke. Daars 'n mooi stoor vir hulle gebou. Mens kan hul seker net 'n luitjie gee. Ek dink egter dat daai klompie op die fotos is die plaaseienaar se hele versameling.  :thumleft: 
 
Jip dis oom Raymond Gibson se trekkers, hulle staan heel week in die stoor op Kaleo, julle kan met Bertie van Heerden praat, hy en sy vrou (pragtige mense!) kyk na die plaas en run die hele venue, jy kan selfs in die pragtige huisies op die dam gaan bly vir n naweek of selfs kamp ook daar as jy wil. 0832936844 is Bertie se nr, se Willem Visser van Trawal het jou verwys  :thumleft:
 
whitefish said:
Jip dis oom Raymond Gibson se trekkers, hulle staan heel week in die stoor op Kaleo, julle kan met Bertie van Heerden praat, hy en sy vrou (pragtige mense!) kyk na die plaas en run die hele venue, jy kan selfs in die pragtige huisies op die dam gaan bly vir n naweek of selfs kamp ook daar as jy wil. 0832936844 is Bertie se nr, se Willem Visser van Trawal het jou verwys  :thumleft:

Daar hoor ons nou alles wat ons wil weet.

Ons het laasjaar daar gekamp met Spacemys se troue, en ek moet se dat dit was die luuksste kamp wat ek al ooit gehad het. elke staanplek het n braai afdak, met ligte, wasbak en plugs, asook 'n aparte badkamertjie.  :thumleft:
 
We stayed over at the Kaleo chalets 2 weeks ago when we went up for the Koue Bokkeveld 200.
I can strongly recommend them, very neat and super jacked, even electric blankets on the beds :thumleft:
Their camp sites are also excellent.
 
Top