KLR maak BMW GTL 1600 moeg op kort weskus trippie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Friksie

Pack Dog
Joined
Dec 13, 2007
Messages
95
Reaction score
0
Bike
BMW R1150GS
Hahaha, wat is die kanse...my kollega het 'n GS1200 maar ook die GTL1600 en ons het nou die oggend vir brekfis in Langebaan gegaan. Op 'n stadium het ons my KLR se topend getoets en ek het die ou flatbox gehad toe wys die GTL se speedo 159 km/h en sy gps het 152 gewys. Dit was nie aangenaam op die klr op daai spoed nie maar dit was net 'n once off toets :ricky: Het vir die eerste keer deur die weskus nasionale park gery en dis nogals nice, lekker grondpaadjies en net oor die algemeen 'n mooi roete. Dis nou nie 'n adventure bike nie maar ek sit gou 'n paar fotos op...
 

Attachments

  • DSCF0867-1316945412.jpg
    DSCF0867-1316945412.jpg
    44.3 KB
  • DSCF07981963317562.jpg
    DSCF07981963317562.jpg
    42.5 KB
  • DSCF0869-1977797882.jpg
    DSCF0869-1977797882.jpg
    45.9 KB
  • DSCN0814c1827753489.jpg
    DSCN0814c1827753489.jpg
    468.2 KB
  • DSCF0866-1130541410.jpg
    DSCF0866-1130541410.jpg
    33.2 KB
  • DSCF08111507388995.jpg
    DSCF08111507388995.jpg
    47.6 KB
  • DSCF0871-34062884.jpg
    DSCF0871-34062884.jpg
    53.7 KB
  • DSCF0876-677262877.jpg
    DSCF0876-677262877.jpg
    45.3 KB
It's not about the bike.......it's about the journey  ;D
 
Oh yes I can't agree more, it's always great fun!
 
Hierdie is in die nasionale park waar die spoedgrens 50 is, hy sit sy cruise control aan en staan loshande. Bietjie losklos as jy my vra maar dis sy keuse...
 

Attachments

  • DSCF0798-619301543.jpg
    DSCF0798-619301543.jpg
    42.5 KB
Mens kan dit glad nie vergelyk nie Dries, daai piesang kon nie by my bybly nie  :imaposer:
 
Duidelik veskillende ligas...
 

Attachments

  • DSCF0758-1280921866.jpg
    DSCF0758-1280921866.jpg
    53.8 KB
Yep, ons moet vinnig plan maak! Ek moet net die bike asap by Lecap of iemand kry - dalk by daai capeklr ou in bellville, dis bietjie nader
 
Ons het verby meeste gery maar daar sal lekker grondpaaie wees. Weet nie van kamp nie maar ek is seker daar is blyplekke. As ek wee daai kant toe ry sal ek gaan uitvind.
 
Lekker mooi paaie, en dis 'n vinnige trippie...kos R30 om deur die park te ry as jy nie Sanparke kaart het nie
 

Attachments

  • DSCF0846907608143.jpg
    DSCF0846907608143.jpg
    36.5 KB
As mens dalk daar kan kamp sal dit n great naweek trippie wees! Vind uit en laat weet die mense!
 
Sal uitvind, gaan dalk more weer weskus toe dan sommer vinnig daar stop. Maar julle manne reel mos trips en dan chicken die trip organisers mos laaste minuut uit...
 
yes Friksie

ja ek ken vir ou Danie baie goed. Vandag in hom vasgeloop daar by hoofkantoor. Hy doen daai klas van ding. Op sy 1200 Adventure speel hy graag met die cateyes in die geelstreep, maar lyk my na sy groot gatsien in 2009 het nie veel verander nie.

Hy is ook 'n onaktiewe lid op die forum, Mopanie.

Ek hoop ons kan weer binnekort saamry, sal jou graag ook wil ontmoet.

Louis Marx
 
Louis... Stap gou uit jou huis uit. Regs skuins voor jou waar ek gebly het bly hy nou... Die bike staan ook daar.  :thumleft:
 
Wortel said:
Louis... Stap gou uit jou huis uit. Regs skuins voor jou waar ek gebly het bly hy nou... Die bike staan ook daar.  :thumleft:

goeiste! ek sien al vir paar dae die KLR hier staan, en dink nounet ek moet dalk gou gaan check of die registrasie nie match nie.

Friksie! hier is n koue bier by nr 25!
 
Haha nice!  Louis, ek sal myself kom voorstel.  Ek het nogals gedink 'n paar manne hier sal vir Danie herken.  Janee, hy het sy groepie ouens met wie hy ry en hulle is al so set in hulle ways dat hulle nie veel oor die forum bekommerd is nie.  Jy weet dan seker ook van Ludi se val neem ek aan?
 
Top