Kluts (Clutch) kwyt op Bezuidenhoudts Pas.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fearless

Pack Dog
Joined
Apr 9, 2012
Messages
498
Reaction score
0
Location
Ladysmith
Bike
Kawasaki KLR 650
Been on my bucket list for years but never the right / enough time. Nou voor ek verder gaan: Ek is 'n groot voorstander van ATGATT,  maar op ander mense. Ek is vet en kry warm. Kortbroek en kortmou hemp is genoeg vir my. So as jy wil kommentaar lewer oor my en Crazy Biker Chick se klere...... Wel  kom ons se ek voel soveel soos Grrrr... vir 'n hout renoster. Nou die storie verder....  ,
 

Attachments

  • DSC_0888.jpg
    DSC_0888.jpg
    486.5 KB
EK sien net 'n speeltjie? Is jou thread geban oor jy en jou bikerchick sonder ATTGAT ry?  :ricky:
 
Nee,  wa wag. Moes net eers die fotos resize. Na ons stop op Montrose wil ons kyk of ons die bopunt van Bezuidenhoudts Pas kry. En. ......... reg geraai. Het hom gekry. Oppad soontoe moes ek mooi praat want my lief  het nogal teen die prikkels geskop. Hier is sy baie dapper bo die pas.
 

Attachments

  • DSC_0891.jpg
    DSC_0891.jpg
    494.7 KB
Die van julle wat al daar af was sal weet die uitsig bekruip jou en dan slaan dit jou soos 'n voorhamer. Hier is CBC bo op die pas en die uitsig.
 

Attachments

  • DSC_0893.jpg
    DSC_0893.jpg
    385 KB
  • DSC_0894.jpg
    DSC_0894.jpg
    396.6 KB
Kort na die foto geneem is het CBC 'n ligte mistykie gehad,  die fiets laat kantel en van al die parte op die fiets besluit die clutch lever: I'm the weakest link. Oooooo donner wat nou gemaak. Ek sien nie kans om die fiets weer bergop te ry sonder 'n clutch lever nie. En om eerlik te wees het ek nog altyd 'n groot bewondering vir die voormense met hulle petieterige waens gehad. Kaalvoet (kaalgat) die Drakensberg oor. Ons gaan ons nie laat onderkry deur 'n stukkie metaal solank soos my handpalm nie. Sonder water moes ons maar plan maak uit die bergstrome. Een girl wat nie skrik vir die rof wat 'n huwelik met my inhou nie.
 

Attachments

  • DSC_0900.jpg
    DSC_0900.jpg
    441.7 KB
A picture tells a thousand words. Nonsens, die operasie het behels dat ons een fiets laat afsak by 'n kliptrap, 'n ent vorder,  die fiets staanmaak en dan weer bergop om die ander een te gaan haal. Die proses het hom nege of tien keer herhaal. Op die meer gelyk dele het ek haar fiets in rat gesit,  aangeskakel en dan 'n ent gery. Was ons vodde? Understatement  van die jaar!
 
Nou as julle gedink het die storie kom uit die verre verlede. Verkeerd. So onlangs soos vanmiddag. Ongeveer 2uur bo op die pas en net na 5 onder.
 

Attachments

  • DSC_0902(4).jpg
    DSC_0902(4).jpg
    405.8 KB
  • DSC_0901(4).jpg
    DSC_0901(4).jpg
    399.2 KB
Hierdie girl is 'n yster. Sy vat nie twak van 'n bike wat vassit op 'n pas nie.
 

Attachments

  • DSC_0906.jpg
    DSC_0906.jpg
    401.7 KB
Onder gekom was rehidrasie die eerste prioriteit. 2 liter water en 1 liter Coke binne rekord tyd. Die kinders het hulle behoorlik vergaap aan die twee vuilgatte
 

Attachments

  • DSC_0917.jpg
    DSC_0917.jpg
    377.5 KB
Behalwe vir die sukkel met die stukkende fiets was daar nog tyd om die omgewing te bewonder.
 

Attachments

  • DSC_0913.jpg
    DSC_0913.jpg
    427.6 KB
  • DSC_0914.jpg
    DSC_0914.jpg
    360 KB
Wat meer kan 'n man vra as 'n lewensmaat wat jou passies deel. Gelukkige Valentynsdag my lief.
 
Dit lyk nou great en lekker om te doen saam met jou maat in die lewe. Tx for sharing.
 
Great pics en RR  Fearless  :thumleft:
Daai klipperige passie sal ek maar nie try nie  :lol8:
 
Ha ... en julle stop nie daar by my vir n koue Zamaleki nie .... skande  :biggrin:

Wel done BC jy kan  :thumleft: :thumleft:
 
Draad said:
Ha ... en julle stop nie daar by my vir n koue Zamaleki nie .... skande  :biggrin:

Wel done BC jy kan  :thumleft: :thumleft:
Dankie Jacques, dit was nogal 'n ondervinding.
 
Baie lekker lees gewees!  Pas daardie vrou op, myne sit agterop en lewer baie kommentaar oor hoe ek ry.  Daardie is nogal rowwe pad vir haar om aan te vat...  Respek!

Subie, ek kan nie glo dat jy vir Bray se sand kans sien maar nie vir hierdie klippe nie...  Vir my is altwee maar ewe onvoorspelbaar! 

Well done julle!
 
Mooi man,  :thumleft:  dit kon nie 'n grap gewees het om daar af te gaan sonder clutch nie.  Well done. 
 
Top