Kransgat vir Vleisfees naweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mof

Race Dog
Joined
Oct 15, 2010
Messages
1,296
Reaction score
24
Location
Plaas
Bike
Boss Hoss (all models)
As daar honne is wat die Calvinia Vleisfees naweek in Kransgat wil kamp, kan julle maar so maak. Dis 26 - 28 Augustus.

Vir die wat nie ken nie, dis op my plaas so 60km van Calvinia af.
Daar sal water, hout, braaier en longdrops wees, verder bring jy alles. As hier genoeg name kom, sal ek vir ons 'n spit braai, jy bring jou eie wraps of wat jy ook al meer as skaapvleis nodig het.

Daar sal geen kostes aan verbonde wees nie, maar jy moet ten minste een klein dingetjie verniet vir 'n vreemde mens doen daarna en terwyl jy hier is moet jy mens en natuur respekteer. (Soos julle laas gedoen het.)

Getalle maak nie so erg saak nie, maar sit asb jou naam op sodat ek darem min of meer meet wat om te verwag.
 
Top