Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 5: 25 Junie 2013
Begin: Victoria Falls (927m bo seespieël)
Eindig: Lake Kariba, Zambia (494m bo seespieël)
Afstand: 304km
Verblyf: Lake View Lodge, Lake Kariba (https://www.lakeview-zambia.com) (S 17'16.12.93  E 27'27.54.77)



Die bikes word vroeg oggend gepak en ons is reg vir Zambia. Ons is vertel dat daar nie orals petrol beskikbaar sal wees in Zambia nie, so ons het ons ekstra fuel cell en jerry can vol gemaak in Vic Falls.



Laaste foto buite Shoestrings



Daar word ‘n vinnige stop gemaak by Wild Horizons se kantore (net om die draai van die backpackers) om die river rafting dvd en fotos op te tel. Jy sal orals op straat die locals kry wat die ou Zim $’s aan jou wil verkoop. Al die note van 1 Miljard Zim $’s en selfs meer as ek reg onthou.



Ons besluit om Zambia eerder oor die brug in te gaan ipv die ferry aangesien ek al gehoor het dat dit baie tyd en geld kan vat met die ferry. ‘n Redelike lang tyd by die grenspos spandeer en almal wil Zambian Kwacha aan jou verkoop teen belaglike koerse. Van hier af is alles vir my ‘n nuwe ervaring. Soos met elke grenspos, gaan eers twee van ons in, kry die vorms en bring ‘n stel solank vir die persoon wat agterbly om die bikes en alles wat op hulle is dop te hou. Die reeling werk redelik goed.



Deur die grenspos en in Zambia in. Langs die pad stop ons vir ‘n vinnige paar fotos van die Zambezi rivier vanaf die Zambia oewer.





Die spirits loop hoog en ons is lus vir vandag se ry na gister se afdag in Victoria Falls.



Ons trek toe in by Livingstone vir ontbyt voor ons die pad verder vat na Lake Kariba. Soos ons deur die hoofpad ry opsoek na ‘n plek om ontbyt te vang, stop ek ‘n oom wat besig is om die pad oor te steek.
Ek: “Oom, waar kan mens geld trek hier en iets gryp om te eet?”.
Oom: “Oh F*k!! Hier kom ‘n ma se P@#SE trok!! Kry my op die sypaadjie!!” skree hy soos hy uit die trok se pad hardloop wat my ook net net mis.

Hy verwys ons na die plek oorkant die straat, waar daar ‘n Standard Bank ATM is, ‘n Shoprite en ‘n ontbyt plek.
3 x standard groot breakfasts, met twee koppies koffie elk asb



Terwyl ons die koffie geniet en wag vir die kos, kom die hele put foot rally deur die dorp gery met mense wat op die dakke sit, by die vensters uithang en op die bumpers staan terwyl elkeen van die 60 odd karre toot. Net hier besluit ons om die heeltyd ‘n dag voor hulle te probeer bly en waarskynlik ‘n aand of twee saam met hulle iewers te kuier.

Berno en Japie is Shoprite binne om vir ons blikkies kos, water en ander vooraad te gaan kry, terwyl ek vir ons almal gaan geld trek.

So val ons weer in die pad en gooi eers weer petrol in by Choma voor ons van die hoofpad afdraai na Batoka in ‘n suidelike rigting na Lake Kariba.

Ons plan is om by The Houseboat Company tent op te slaan vanaand, maar soos die trip gaan het ons niks voor die tyd bespreek nie. Ek het vir hulle voor die tyd ‘n email gestuur om die aand te probeer bespreek, maar hulle het nooit terug gekom na my toe nie. Volg toe die GPS tot waar ek dink hulle behoort te wees, maar ons sien niks nie. Volg toe ander bordjies en kom uit by Lakeview Lodge. Baie aangename suid afrikanse couple wat die lodge bestuur. Hulle verduidelik toe dat dit die ou Houseboat Company is wat destyds onder gegaan het.

Die dame verduidelik dat ons welkom is om die tente op die gras op te slaan en een van die chalets se badkamers te gebruik. Soos tradisie maar gaan, word die eerste rondte bier eers gekry voor ons begin met die opslaan van die tente.





Japie het so dag of twee terug agter gekom dat beide ons kettings redelik slap is en stywer gestel moet word. In Choma het hy by die garage gehoor of hulle die tools het, maar toe eerder besluit om dit vanaand uit te sort aangesien daar ‘n redelike kommunikasie gaping was tussen hom en die mense wat werk by die garage. Hier kyk hy net weer na sy ketting en daar word besluit om eerder môre oggend die probleem aan te pak.

Ons slaan die tente seker so 20m van die water af op en verken ons omgewing bietjie beter voor die son sak.









Die son begin water trek en die bestuurder noem dat hy lekker steaks vanoggend gekoop het in Lusaka as ons soek. Sonder om ‘n woord vir mekaar te sê is daar besluit dat die blikkies kos wat in Livingstone gekoop is, maar eerder gehou kan word vir ‘n ander aand.

Hulle steek vir ons vuur aan en bring vir ons elkeen twee steaks, ‘n slaai om te deel en ‘n coleman vol yskoue bier. Die bestuurder en sy vrou verduidelik dat hulle ons nou gaan verlaat en dat ons die volgende oggend die rekening kan betaal. Hy sal sommer dan ook kyk hoeveel bier oor is in die coleman en ons charge vir dit wat gebruik is.

So word die vuur opgesteek en ons begin in die koue bier inklim



Soos dit donker raak kom die maan in ‘n helder oranje/rooi op oor Lake Kariba. Hierdie foto doen geensins justice nie.



Na ons klaar geeet het, Berno se Sena reg in sy helmet installeer het met ‘n swiss army knife (dankie Japie) en ‘n duik gemaak het in die coleman het ons besluit om tente toe te skyf. Môre lê ‘n lang dag voor en ons moet probeer om deur Lusaka te kom. Ons is vele male gewaarsku teen Lusaka en die verkeer daar.
 
Dag 6: 26 Junie 2013
Begin: Lakeview Lodge, Lake Kariba, Zambia (494m bo seespieël)
Eindig: Luangwa Bridge Camp, Zambia (380m bo seespieël)
Afstand: 560km
Verblyf: Luangwa Bridge Camp (https://www.bridgecampzambia.com/) S 15'00.19.09  E 30'12.54.61



Ek word wakker so net voor die son opkom en kry darem die geleentheid om dit af te neem.



Tyd om die manne uit die bed te skop en alles op te pak.



Dit het al hoe warmer geraak soos ons meer noord beweeg het en ek besluit om nie meer my seil van my tent te gebruik nie. Die vars briesie wat in die aand daar deur trek is net die regte ding.



Ek gaan vereffen die rekening  en Japie begin solank sy ketting styf stel.





Ek besluit toe om eerder my ketting later te doen, want ek wil so gou as moontlik in die pad val sodat ons nie in Lusaka moet slaap vanaand nie. Bikes is gepak en ons is reg om te cruise.



Terug op die hoofpad en ons kry die ouens wat hulle hoenders en taretale verkoop.



Die groot kokkedoor het selfs kalkoene wat verkoop word. Elkeen se een been is aan die res sin vas gebind, so hulle probeer weg kom, maar skop en klap net vlerke met geen sukses nie.



Ons het Mazabuka ingery en teen hierdie tyd was ons al goed honger gewees. Kry toe so take away shop langs die Spar. Lyk my “Nice Day Investments Limited” besit hierdie plek.



Orals in Zambia is die volgende paar woorde deel van elke plek se naam, of dit nou ‘n spaza shop is of nie. Of “Executive” of “Investments” en dan kry jy natuurlik ook “Executive Investments”. Bv. Executive Lodge, Investment Pillows en Executive Investment Grocer.

Om terug te kom by my storie. Hier het ons die lekkerste chicken swarma geeet van my lewe. Die ou wat die vleis so gesny het, het ons ingeroep van die straat af en vir ons tasters verniet gegee. Daar vang hy ons al drie in ‘n wip!! 3x Chicken Swarma met chips en 6 x pepsi asb!



Terwyl ons smul aan hierdie ongelooflike swarma (wat jou wel laat wonder wat dit met jou maag gaan aanvang later) kom gesels Suid Afrikaners met ons. Hulle woon al jare hier in Zambia en wil weet wat ons hier kom maak, of ons mal is om al die pad Malawi toe te wil ry, wil weet vir watter charity of cause ons dit doen en terselfde tyd bewonder hulle wat ons doen.

‘n Ou kom staan nader en bekyk die bikes. Hy gee sy selfoon vir sy pel om fotos van hom te neem terwyl hy pose by hulle asof dit sy nuutste aanskaffing is. Toe ons uitkom was hy meer as gretig om fotos van ons by die fietse te neem.





Oh ja, orals in Afrika wil almal weet hoe vinnig die bikes is en watter een die vinnigste van die drie is. So as jy noord van ons grense kom, moenie skrik as jy hoor ‘n 660 Tenere, 800 GS en 1200 GS Adv kan almal mak mak oor die 300km/h ry nie (partykeer is dit selfs myl/h).

Ek en Japie val vinnig in by spar vir vooraad terwyl Berno verder verduidelik hoe vinnig die bikes nou eintlik is. Die bikes word vol petrol gemaak en ons druk deur na Lusaka toe. Lusaka is ‘n plek wat jy gaan sukkel om te beskryf met woorde, ek stel voor jy klim op ‘n bike en pak hom self aan. Dis nie noodwendig ‘n lekker ervaring op ‘n bike nie, maar ja, kom ons sê ons het dit darem daar deur gemaak, al was dit partykeer oor sypaadjies en ander tye Prados wat jou in jou oë kyk terwyl hy kom vir jou.

Na baie gevloek en gelag is ons deur Lusaka in ‘n rekord tyd (alleen te danke aan die GPS) en gooi petrol in net voor ons uitry. Ons is gesê dat daar geen petrol langs die pad is tot by Chipata nie. Soos ons vol maak begin ons die somme ook maak en besef dat Japie se bike nie Chipata gaan maak op sy tenk en sy jerry can petrol nie. Ons sal maar daai probleem oplos wanneer hy kom…

Tyd vir ‘n blaas kans na ons uit Lusaka is





Dit is ook nie ‘n vreemde aangesig om dit te sien in Zambia (of Afrika) nie. Een van die trok drywers het vertel dat mens kan tot 4 of selfs 7 weke by die grensposte wag voor hulle jou inlaat. Ek sal nie dik van die lag wees as ek die eienaar is van ‘n trok en na 4 weke se gewag by die grenspos, vang my drywer dit aan nie. Daar is ‘n klein randjie op die skouer van die paaie hier en die ouens skrik glo as die bande oor dit gaan, ruk die stuurwiel terug en eindig dan met hierdie gevolg



Volgens Tracks 4 Africa was daar ‘n kamp plek by die Luangwa rivier, maar ek kon niks op google voor die tyd kry nie. So die plan was maar om te kyk en as ons niks kry nie, die tente maar op die rivier bank op te slaan.

Ons kom by die rivier en volg ‘n bordjie regs al langs die rivier af tot ons by Luangwa Bridge Camp uitkom. Baie lekker plek en ons besluit om daar oor te slaap. Die eienaar verduidelik dat ons timing goed is, want hy is die volgende aand uitgebook deur al die put foot rally mense. Dit is al skemer en net voor ons die tente wil gaan opslaan bied hy een van die chalets aan. Ons verduidelik dat dit te duur is vir ons en net daar drop hy die prys met meer as 50%. Done! Ek sal in elk geval nou eerder koue bier wil drink terwyl ek swem as om tent op te slaan.



Die Laungwa rivier met Mozambique aan die ander kant. Ons sien ook toe ‘n ordentlike krokodil of twee op die oewers. Elke nou en dan word een van die vissermanne gevang deur hulle van die kant af of selfs uit sy boot uit. Die eienaar verduidelik ook dat daar gister ‘n trop leeus so 300m van waar ons is deur gekom het. Ons word ook verseker dat daar petrol beskikbaar behoort te wees terug op die hoofpad en 3km verder.



Die eienaars van die plek. Laungwa Bridge Camp is ‘n baie nice plek, die geriewe is goed en die kos is baie lekker. Maar jy betaal wel baie vir dit alles hier in die middel van nerens.





Hier het ons later die aand lekker gesit om die vuur en stories uit geruil met twee broers wat ook op die put foot rally was. Die een se naam is Brand en kom van Johannesburg en die ander een kom van Jbay af. Twee regtige aangename mense. Hierdie was ons eerste, maar nie die laaste ontmoeting met hulle op die trip nie.



Aangesien ons ‘n tab gehad het vir die aand het ons nie die pryse van die kos of drank ons laat stop nie.


 
Dag 7: 27 Junie 2013
Begin: Luangwa Bridge Camp, Zambia (380m bo seespieël)
Eindig: Chipata, Zambia (1045m bo seespieël)
Afstand: 347km
Verblyf: Mama Rula’s (https://www.mamarulas.com/)  (S 13.34.56.30  E32'36.35.44)



Vir een of ander rede het ons baie langer as gewoonlik gevat om aan die gang te kom. Stadig maar seker het ons deur die stort geval en begin oppak. Toe ons die rekening kry het ek besef hoekom alles bietjie stadiger gebeur vandag. Dit was ons duurste aand op die hele trip (of dalk tweede duurste…)

Rekening vereffen en ons is terug op die bikes. Net so paar kilos verder en ons steek die Luangwa rivier oor.













Net ander kant die brug begin ‘n pas met ‘n paar mooi kronkel paaie. So asof dit bestel is begin die Top Gun Theme song speel op my sena en my kop sak so bietjie agter die skerm in en die aap se oor word bietjie gedraai. Verseker van die lekkerste 5min bike ry nog vir my gewees.

Ons kry toe ons petrol stasie en maak weer vol.



Tyd om ook sommer weer geld te trek, want die vorige aand was nie deel van enige iemand se budget nie



Die hitte begin ons pak gee en ons is honger en dors tergelyke tyd. Berno gee vir ons elkeen ‘n peanut brittle om ons deur te dra tot in Chipata.



Japie is nou nie meer so erg opgewonde daaroor om in die son te staan en wag tot ons geld trek nie



Terug op die pad en ek sien die wit velde so stuk stuk verby vlieg. Besluit toe om te stop en van nader te kyk.



Dit is toe wel soos ek gedink het, Katoen.



Ons trek later af vir ‘n blaas kans. Die son gee ons pak vandag en ons wil net by Mama Rula’s uitkom.





Redelik opgewonde toe ons op hierdie afkom.



Ons ry deur die dorp, maak die bikes weer vol petrol en klim op ‘n grondpad buite die dorp opsoek na Mama Rula’s. Die GPS wys vir ons maar weer die pad aan, want ek sou verseker gedink het ons is nou op die verkeerde pad. So tussen die stof paaie deur verskyn die plek op regterhand en dit is pragtig! Groen gras vir kamp, skadu orals, ‘n lekker bar met tv en wifi.



Dis lekker stil en die eienaar se vrou kom te voorskyn. Ons vra of ons kan oorslaap vir die aand en sy verduidelik dat ons die tente kan opslaan net waar ons wil. Hulle besit ook die spar op die dorp en verduidelik dat haar man oppad is daarheen, “so julle moet laat weet of hy vir julle iets moet terug bring van die Spar af. Julle kan dan net later reg maak met hom.”

Verder vertel sy dat die strate toegemaak was en goed gebrand is vroeër die dag agv onruste tussen die twee politieke partye. Ons bestel toe maar net ‘n 5L kan water deur die oom en gaan slaan ons tente op. Die mense hierso is bitter vriendelik!







Ons sak in by die bar, bestel ‘n rondte koues en middagete, wat bestaan uit die laaste pizza en twee lasagnes.



Die geriewe hierso is skoon en netjies. As jy deur die deel van die wêreld gaan, maak verseker ‘n plan om hier oor te bly. Die tannie het selfs vir ons Malawian Kwacha geruil vir ons Zambian Kwacha wat oor was.



Daar is reg buite die bar ‘n lekker groot kotla waar jy in die aand om die vuur kan sit. Reg rondom dit is kragpunte ingesit vir al die mense wat hulle fone, GPS, Kameras ens wil charge.



Ons bestel nog ‘n paar biere en gaan koel af in die swembad vir die res van die middag.

Hierdie mannetjie sit meeste van die tyd op die eienaar se skouer.



So net voor skemer stop daar twee overlanders vol touriste by Mama Rula’s en die hele atmosfeer raak lewendig. Ons het besluit om by die bar te verkeer en ons aandete vir die aand nader geskraap. Japie het al van Joburg af ‘n blikkie boulie beef saam gery en hy was kinderlik opgewonde om dit vir ons te bedien. Ons was te moeg om die gas stoof uit te haal en die boulie beef is deur hulle twee koud en uit die blik aangepak. Een hap van my af en ek was nie meer so erg honger nie.



Ek is toe eerder reguit poeding toe



Niemand was regtig vol nie en die laaste 2min noodles word toe ook uitgehaal. Ek gaan bedel warm water by een van die overlanders se chefs en maak vir ons lekker noodles in die leë perske blik. Uit die boonste rakke!



Verder die aand het ons stories uitgeruil met die touriste en ‘n goeie nag rus in gekry. Daar het wel so 3am ‘n buitelander uit sy tent uit gespring en skree terwyl hy deur die kamp gehol het. Nog steeds nie lekker seker hoekom nie…
 
Hi Gasman, dankie vir die lekr storie :thumleft:

Dit lyk vir my of julle redelik vêr gery het elke dag - was die afstande ooit n probleem itv gatvolheid etc?
 
Diesel & Dust said:
Hi Gasman, dankie vir die lekr storie :thumleft:

Dit lyk vir my of julle redelik vêr gery het elke dag - was die afstande ooit n probleem itv gatvolheid etc?

Nee nie regtig nie. Meeste van dit was op teer om eerlik te wees en die paaie is baie goed tot in Malawi (raak sleg in noorde van Mozam). Die eerste 100km - 150km gaan vinnig verby met al die stront wat oor die headsets gepraat word  ;D
 
Dag 8: 28 Junie 2013
Begin: Chipata, Zambia (1045m bo seespieël)
Eindig: Senga Bay, Malawi (481m bo seespieël)
Afstand: 269km
Verblyf: Cool Runnings, Senga Bay, Malawi (S 13'43.50.56  E34'37.09.30) 



Goeie aand se rus agter die blad en ons begin die tente stadig maar seker opslaan. ‘n Suid Afrikaanse paartjie roep ons na hulle kamp plek toe en bied vir ons lekker koffie en beskuit aan. Paar stories word uitgeruil en ons val in die pad.



Berno probeer vir die sekuriteits beampte vra om ‘n foto van ons te neem by die afdraai en hy verstaan toe dat ons hom graag sal wil afneem.



Daar daag nog ‘n man op ‘n fiets op en hy wil ook baie graag in die foto wees.



Ek vra toe vir hom of hy sy eie foto ook sal wil hê, waarop hy gretig sy kop skud en “yes” uiter. Ek wys vir hom die foto en hy raak aan die lag van die opgewondenheid. Die dankbaarheid wat van ‘n persoon af kom deur iets so kleins vir hom te doen soos om ‘n foto te neem maak ‘n mens vinnig nederig.



By die grenspos hardloop daar seker 15 ouens op ons af om geld te ruil soos ons aangery kom. Die koerse wat hulle aanbied is astronomies! Maw moenie by die grensposte geld ruil as jy nie hoef nie. Die geld wat ons by die eienaar van Mama Rula’s geruil het, was nie genoeg om ons al drie in die land te kry nie, so ons moes toe maar geld ruil deur hierdie “agente”. Daar kom verken een van die locals ons bikes en begin met my praat oor SA. Draai toe uit dat hy by UCT geswot het en is oppad terug SA toe. Hy praat vinnig met die “FX Traders” en een van hulle gee vir ons toe ‘n meer aanvaarbare koers.



Ons vat die pad deur Lilongwe na Senga Bay toe. Berno het gehoor dat Cool Runnings die plek is om te bly en ons val daar in met die hoop dat daar plek is vir ons.



Gelukig het ons die put foot rally ouens met ‘n paar ure gewen so ons kry ‘n lekker kamp plek onder die bome.



Tente is opgeslaan en ons bestel die eerste koue een by Senga bay.



Met dié is ons toe na die lake toe (dalk 50m van ons tente af) en besluit dat daar nou eers geswem moet word (met ‘n bier) voor die son wil gaan sak.





Na die dag se sweet van ons lywe af gewas is in Lake Malawi beweeg ons na die bar toe en kyk hoe die son sy laaste asem uit blaas oor die lake.



Redelik opgewonde om die volgende oggend te gaan waterski, snorkel of een van die vele aktiwiteite by te woon lyk dit of ons ‘n rustige aand gaan hê. Daar is ‘n keuse van vars vis wat gevang is gedurende die dag en ons besluit dat dit sal goed afgaan met ‘n rondte koues vir aandete.



Na ete is die algemene gevoel dat dit nog bietjie vroeg is om te gaan lê so ek en Berno skyf bar toe terwyl Japie van sy goed gaan uitsort. 2 G&Ts word bestel en ons word eers bewus gemaak van die ys te kort nadat ons die drinks ontvang. Dan is dit nou maar warm G&Ts vanaand…
2 Amerikanse dames begin ‘n gesprek met ons aanknoop en ons vind uit dat hulle NGO werk in Lilongwe doen en net vir die naweek deur gekom het Senga Bay toe. Glo ‘n groot aand die vorige aand gehad so hulle drink maar nogsteeds water. Berno besluit dat hy eintlik sal goed lyk met ‘n bril.



Japie daag op vir ‘n laaste dop voor die bar toe maak en die girls gaan slaap. Ek voel nog nie vaak genoeg om te gaan inkruip nie en noem vir die manne dat daar verseker iewers ‘n bonfire/beach party sal wees vanaand teen die strand af. 3 x Koue biere asb en ons vat die strand aan. Ons voete het skaars sand gevat toe gewaar ons ‘n lig vlikker in die verte. Die put foot rally het opgedaag….



Ons val gemaklik in en begin gesels met die mense. Die party gees is hoog en daar word bongo drums om die vuur aan gestuur







Van die dames voel dis te warm en tyd om te gaan afkoel met ‘n midnight swim



Hierdie karakter se naam is “Toast & Cheese” en het ‘n groot liking in Japie gevang. Hy probeer net die heeltyd vis aan hom verkoop en dis eers na ‘n tyd dat ons besef hy verwys na vrouens. Ons was nie in die mark vir een van die twee nie.



Ons het nog so gesit en kuier om die vuur toe die eerste skyte begin inkom. Natuurlik sal die 3 Suid Afrikaners opspring om te gaan kyk hoe die vangs lyk. Die manne lyk of hulle sukkel om die skyte op die sand uit te trek, so ons verleen toe maar so bietjie ekstra perde krag.



Dadelik like die ouens ons baie en begin lag, net om vinnig weer stil gemaak te word deur die ernstige kaptein wat wil hê almal moet gelyktydig trek. Japie besluit die man praat nie hard genoeg nie en neem toe sy pos oor.



Skyte uit op die sand en daar word gekyk na wat die vangs opgelewer het.









Selfs die kinders word ingespan om te help verkoop. Hierdie was 'n baie nice outjie





En die ope vloer veiling skop af.





Hierdie is van die een-man skyte waarmee die klein visse gelok word deur die lig en dan met nette gevang word.



Terwyl die grootmense besig is om hulle vangs vir die dag te verkoop begin die kinders te speel en dans vir die kamera





Nie seker wat Berno hier probeer bedye het nie, seker maar iemand probeer nader roep.



Die party by die bonfire is nog in volle swang en die vermaaklikheids vlakke loop hoog.







Na ons Japie se selfoon as ‘n deposito gebruik het by ‘n ander bar om nog biere te kry, het die party nog vir so ‘n uur of 3 aangegaan voor ons besluit het dat more nog ‘n dag is. Hierdie Senga Bay is ‘n lekker plek…
 
:drif: :drif: :drif: :drif: :drif: :drif: :drif:
 
good photos good trip makes a guy wish that he could just get out there and cruise all the time. thanks guys. good one
 
Dag 9: 29 Junie 2013
Begin: Af dag in Senga Bay (481m bo seespieël)
Eindig: Af dag in Senga Bay (481m bo seespieël)
Afstand: 10km (geld trek in die dorp)
Verblyf: Cool runnings (S 13° 43' 50.56  E 34° 37' 09.30)

Ok so waar was ons.... Right, Cool Runnings in Senga Bay.

Die strategiese plasing van ons tente onder die bome het voorsien dat ons nie met die son se opkoms uit die bed uit gebak word nie, so kon toe effe inlê die oggend. Ons het 'n afdag so niks sou ons jaag nie. Die plan was om te gaan duik by die eiland en dan die plaaslike mark te verken voor ons sundowners gaan drink by die bar.
Ons reël vir ons 'n boot wat ons 10am na Lizard Island toe sal neem en terug bring wanneer ons klaar is. Soos die boot daar aan kom, vra die Amerikanse girls (wat ons die vorige aand ontmoet het) of hulle saam kan kom duik. So is ons toe 6.
Hierdie is die enigste foto wat ek kon kry van die hele trip op die eiland, maar daar is baie video footage geneem, so dit sal in die Malawi video voorkom.



Aangekom op die eiland het ons skipper eers vir ons geneem om dit eiland te verken. Daar is 'n paar visarende wat hier nes gemaak het en ons het tot reg by hierdie neste gekom. Ons kon nie die Lizards ooit gesien het nie, maar het hulle 'n paar keer deur die blare hoor weg hardloop as ons om 'n draai aangekom het. Die geluid van die visarende wat skree terwyl mens die eiland verken was ongelooflik.

Terug by ons skuit en ons kry die duik gear. Die water is lekker stil, warm en baie helder. Na ons lekker geduik en cliff jumping gedoen het, keer ons terug na ons kamp toe. Die girls wou eers gaan geld trek in die dorp voor ons die mark kon gaan verken en aangesien dit 'n hele paar kilometer se stap is, het hulle ons oorreed om hulle na die ATM toe te neem agter op die bikes.



Sam het ons verseker dat die "scones" wat elke dag so teen 4pm se kant klaar is, uit die boonste rakke is. So dit was ons hoof doel, om hierdie scones in die hande te kry.

Oppad na die mark toe loop ons van die kinders in die straat raak en neem so paar fotos. Hulle is regtig vriendelike kinders.







Die een wou nie ophou huil nie. In so 'n mate dat Hanna haar nie eers kon troos toe sy haar optel nie. Al wat toe werk is om 'n kamera uit te haal vir 'n foto en dan na die tyd vir haar dit te wys. Dit is 'n onmiddelike trane stopper.



Net voor ons by die mark uitkom loop ons verby 'n groot sokker game wat aan die gang was.





In die mark aangekom wou ons iets van alles probeer, aangesien ons teen hierdie tyd nogals redelik honger was. Die ou is besig om patat in olie te braai wat oor 'n vuur warm gemaak word.





Ek kan nie onthou wat warmer was nie, die patat wat sopas uit die olie uit kom of die chilli sous waarin jy dit dip.





Ons vra orals rond vir die aller bekende scones, maar niemand verstaan waarvoor ons vra nie. Daar kom 'n ou verby wat soortvan gebroke engels kan praat en verduidelik toe dat die scones nog nie klaar is nie en daarom nog nie op die mark is nie. Hy beduie ons moet hom volg dat hy ons na die ou toe neem waar dit gemaak word.

Op ons soektog na die scones kom ons in nog systrate af en ook op die vorige aand se vangs. Teen die tyd hang daar al 'n sterk vis reuk in die lug en ek het net genoeg tyd om die foto te neem en uit die pad uit te kom.



Aangekom by die huis van die groot scone maker word ons eers gegroet deur sy oond buite sy huis.



Ons word ingenooi om met hom te kom praat en dan sommer 'n paar te kies ook. Die reuk wat in die huis hang is iets ongeloofliks. Op 'n honger maag wat sopas 'n long vol van dag oue vis wat in die son gebak het te ruik, was hierdie reuk baie welkom en onbeskryflik.



Daar word nog tussen ons bespreek hoeveel ons nou eintlik wil hê en ek sê vir Japie "Breek sommer so blok af, ek is seker dit gaan nie duur wees nie".



Soos alles op die markie was hierdie so goedkoop dat ek nie eens die som kon maak in Rand terme nie. Ek dink dit was dalk 'n paar Rand, as so baie. Ons het maar vir almal getip ook waar ons iets gekoop het, aangesien dit 'n gesukkel met kleingeld was en alles (saam) waarskynlik soveel soos 'n bier was.

Oppad terug na Cool Runnings toe hoor ons in die verte vroue wat sing en besluit om dinge van nader te bekyk. Die sang kom uit hierdie gebou uit, wat een van Sam se vele projekte is waarmee sy die gemeenskap help.



Die girls besluit toe om in te val by die dans en sang.





Nader aan die huis loop ons die kleintjies raak en dadelik begin hulle skree "Give me money!! Give me money!!"
Ek begin terug skree "Give me money" terwyl ek my hande bak uitsteek en word verantwoord deur 'n klomp gesigte wat baie deurmekaar is. Ek dink die een regs agter met die rooi is die "brains behind the operation".



Na ons 'n paar fotos saam met die kinders geneem het en dit vir hulle op die kamera gewys het, kom 'n ma daar uit en beveel ons om vir hulle geld te gee omdat ons fotos geneem het van hulle. Dit los nogals 'n bitter smaak in jou mond, veral omdat die ma semi getrek was en ons stap toe maar eerder net aan huis toe.



Hier is die plaaslike vis verkoper met die dag se vang om dit te verkoop aan Cool Runnings se restaurant.



Voor ons na die mark toe is het 'n paar ouens gevra of hulle ons bike of panniers kan verf. Dit lyk my een ou het dit van te vore gevra hierso en nou vra hulle al die ouens wat met bikes daar aan kom of hulle kan verf. Berno en ek het ingestem vir kuns werk op ons panniers. Hier is Berno se work in progress. Die vlam wat daar agter brand is wat hulle gebruik om die verf vinniger droog te maak sodat hulle die volgende laag bo op kan verf.





Hierdie was myne.



Ons skyf toe na die grasperk waar ons onder die bome in die warm scones begin inklim met vars botter van die kombuis af en 'n rondte G&Ts van die bar af.



Van die grasperk na die bar toe vir sundowners, na die scones verorber is en ons bestel 'n paar T-bone steaks en chips vir aandete.
Terug by die bar na aandete ontdek ek dat die musiek wat gespeel word vanaf die bar se ipod is en vervang dit met my selfoon. Dadelik skop die party 3rde rat in en ons kuier lekker. Die barman verduidelik dat hy die bar 10pm toe maak. 9:55pm, net voor hy die bar wil toe maak, kom Sam daar aan en verduidelik vir hom dat hy maar kan huis toe gaan en sy barlady vir die res van die aand sal wees.

Ek besluit dadelik om vir Sam te help en skyf saam met haar agter die bar in.



So paar ander buitelanders val in en dit is asof ons almal mekaar al vir jare ken.



Net gou so vinnige detour... Die rede hoekom ek Malawi in gedagte gehad het vir 'n bike trip is omdat ek en Henk (beter bekend gewees as Klomper) vroeg in die jaar gesels het oor 'n lekker groot bike trip met ons tente agterop die bikes. Malawi het opgekom en ons was altwee baie excited oor die idea. Die plan was om dan as 'n verrassing ons girls op te vlieg om 'n paar dae saam met ons te spandeer op die lake voor hulle terug vlieg en ons weer verder terug ry. Klomper is baie ontydig oorlede in 'n motorfiets ongeluk in die kaap op 03 April 2012. By sy begrafnis het sy pa na my toe gekom en vir my kom sê dat ek nie my bike nou moet gaan staan en verkoop nie, want Henk sou dit nie so wou gehad het nie. Dis waar ek toe vas oortuig is dat ek Malawi toe moet ry met die bike. So 3 weke voor die trip begin het, het Henk se vrou Anje vir my 'n brief gebring en een van Henk se t-shirts. Ek het die t-shirt in gepak vir die trip en besluit dat dit moet saam kom en dat ek iets daarmee sal maak langs die pad.

Die heletyd op die trip en veral in Malawi was Henk altyd vlak in my gedagtes. Dit is toe hier wat ek en Sam besluit dat sy hemp moet bly. Die hemp was anyway te klein vir my gewees...  ;D



So as jy by Cool Runnings aankom, kyk of Klomper se hemp nog daar hang waar dit elke dag 'n great view het van die lake







Ok terug by die storie...

Ons kuier toe lekker verder saam met die musiek wat oor die water speel met ek as DJ en Sam wat die glase vol hou.









Op 'n stadium word daar gesamentlik besluit dat 'n swem aan die order van die (nuwe) dag is. Dit is toe hierdie geleentheid wat Sam gebruik om die bar toe te maak terwyl ons onder in die lake swem.
 
Top