Gasman
Pack Dog
Dag 12: 02 Julie 2013
Begin: Casa Branca, Tete, Mozambique (139m bo seespieël)
Eindig: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieël)
Afstand: 863km
Verblyf: Aguia Negra (https://aguianegrahotel.com) (S 21° 57' 23.35 E 35° 18' 41.26)
(Jammer, maar daar was geen fotos geneem op dag 12 nie, net gopro footage wat in die video sal wees.)
Ons staan op voor die son uit kom en begin die bikes pak. Daar het 'n tafel met yogurt, koffie, sap en Kellogg's gestaan en wag vir ons. Na die bikes gepak was het ons so vinnig as moontlik die koffie, sap en pap in ons lyf ingejaag, die rekening betaal en in die pad geval. Tete was darem nog redelik stil so vroeg in die oggend en die idea was om tot by Chimoio te ry vandag, daar oor te slaap en die volgende dag aan te skuif na Inhassoro/Vilanculos toe. Dit is ook tussen Chimoio en Inhassoro waar die Renamo rebel opstanding besig was om plaas te vind en ons was nog nie seker of ons daar deur sou kon ry nie. Dit sou ons maar uitgevind het in Chimoio.
Ons het baie trokke langs die pad gekry tot in Chimoio en gevoel dat die situasie in Mozambique nie so erg onstabiel kan wees as almal nog hulle trokke hier deur stuur nie. Die pad suid van Tete is verseker beter as die pad noord van Tete en ons het baie vroeër in Chimoio aangekom as wat ons verwag het. Vinnige gesels oor die Senas en ons besluit om deur te druk na Inhassoro toe, wat dan vir ons 'n ekstra dag daar sal gee om vis te vang ens.
Omtrent 65km duskant Chimoio draai ons regs af op die EN1 wat suid loop in die rigting van Maputo. Dadelik is dit duidelik dat hierdie pad heeltemal verlate is, wat nogals 'n einaardige gevoel by jou los aangesien ons nou al vir dae lank gewoond was aan kinders, diere en grootmense langs die pad. Wel geen trokke of diere langs die pad nie maak dat die aap se ore so bietjie meer gedraai kan word.
Na 'n hele klomp kilometers aflê is kom Japie in op die interkom met "ouens, hier staan manne hiervoor op die brug met AK47s". Dit is nogals nie een van die goed wat jy verwag om te hoor of wil hoor op hierdie stadium nie. Soos ons stadig aangery gekom het, het die ouens vir ons vriendelik gewaai met hulle AKs op die skouer en dit is hoe ons toe ook uitgevind het hoe die Mozambique soldate lyk, tot ons verligting. Ons het hulle so 'n paar keer langs die pad gekry, maar darem geweet hoe hulle lyk.
So 100km plus op hierdie pad sien ons in die verte 'n militêre trok wat met spoed van vooraf kom met kilometers se trokke wat hom agtervolg. Dit is die escort wat 2 keer 'n dag deur hierdie 200km gebied hardloop. Daar is egter net 'n escort voor aan die convoy en nie agter ook nie, so die reël is "bly by of val uit". Dit maak dit redelik gevaarlik as jy hulle van vooraf nader aangesien hierdie trokke mekaar die heletyd verby vat as die een voor hulle te stadig ry en die groep nie by die escort kan bly nie. 'n Motorfiets van vooraf is geen rede vir hulle om nie verby te steek nie.
Verder het ons van die uitgebrande trokke langs die pad gekry wat ons net herhinder het dat die Renamo Rebelle 'n werklikheid is en nie net iets wat om die vuur vertel word om die kinder bang te praat nie.
Na so 200km van op die pad ry het ons by 'n road block oor 'n groot brug gekom en geweet dat ons nou uit die rebelle gebied is. Dit het begin skemer raak en die pad het redelik baie verswak. Ons behoort darem nog Inhassoro te maak voor die laaste lig uit is. By die afdraai pad na Inhassoro het Berno gevra of ons nie net moet aanskuif Vilanculos toe nie, aangesien ons seker so 30km/40km weg was. So gesê, so gedaan. Teen die tyd wat ons die afdraai vir Vilanculos kry begin die son weg raak en ons bring ons spoed af tot 60km/h aangesien daar kinders orals langs die pad speel. Ek ry voor en is bewus van my spoed net soos 'n "spiedkop" uit die bos uitspring en ons aftrek. Ek weet dat ek onder 60km/h gery het en dat hy op geen manier vir my kon gevang het nie.
Hy kom met 'n helse houding aangestap en begin vir my sê ek ry te vinnig.
"How fast were we traveling officer?" kom die vraag van my af.
"You were doing 81km/h and you can come and take a look at the camera if you don't believe me" kom die antwoord terug.
Ek besef hy het iemand vroeër die dag (of maand) gevang en die lesing net so gehou sodat hy almal kan aftrek wat hy wil. Nou hou ek al die woorde wat by my mond wil uitkom net terug aangesien dit niks gaan help nie. Ek verduidelik dat ek wel net 60km/h gery het, maar dat ek hom glo en wil weet hoeveel hierdie boete is. Hy beduie 'n belaglike prys en ek begin lag (want teen die tyd is ons al op die fietse van voor sons opkoms en dis nou al laat skemer, met Vilanculos se kos, koue bier en slaap plek minder as 10km voor ons). Dis toe dat hy sy engels begin verdwyn en al wat ek kan uitmaak is dat dit die prys PER motorfiets is en nie net myne nie. Ek wil nog so verduidelik dat hy net een "volgens hom" gevang het en nie lesings op al drie fietse het nie. Ek weet ook voor my siel dat ons nie genoeg geld tussen die drie van ons het vir een bike se boete nie (ja die boete was so belaglik).
Daar kom 'n flatbed trok verby met 'n afgeskryfde ambulaans agterop wat ons vroeër verby gevat het. Hy sien wat hier aangaan en stop dadelik. Soos wat hy na die polisie toe stap, knip hy oog in ons rigting. Hy begin gesels met hulle en van sy lyftaal en glimlag kon ek agterkom dat hy en die polisiemanne beide weet dat hulle nou 'n groot kans hierso vat. Die een polisieman kom na my gestap en verduidelik dat die prys nou met 50% af is en dat ons net vir een fiets hoef te betaal. Ek luister toe nog eers so bietjie wat hulle te sê het en daar kom die trok drywer na ons te gestap met 'n glimlag en sê "you guys can go, no problem". Ek was baie dankbaar vir hierdie ou se hulp aangesien my portugees nie eens amper bestaan nie.
Ons volg die GPS en die koördinate vat ons na wat ons dink Aguia Negra is en eindig op 'n grondpad langs 'n oopstuk veld. Soos wat dit maar werk met 'n motorfiets in Afrika kom mense altyd nader gestap om te kom kyk as jy stop, wat partykeer baie kan help. Ons vra vir een van die ouens waar Aguia Negra is en hy beduie verder by die pad af. Ons kom donker daaraan en tot ons geluk het hulle vir ons plek om te bly. Ons hoor die pryse vir 'n chalet en besluit net daar dis goed genoeg vir ons geprys. Swembroeke aan stap Japie en Berno na die swembad toe en ek gaan kry solank ons eerste rondte bier by die bar.
Dit was 'n lang dag, maar ons is bly ons is hier en smile breed