Môre, is dalk ‘n beter dag.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
41ecb0440a5e8a60ab96ec17f9ae4054.jpg


3995115a60a1f7f8dd7d4872f1a82492.jpg


0392a17c25c4fe4a736adc89726f34db.jpg
 
weskus said:
Dit was toe maar tyd om gou die operasie te doen en klaar te kry..
Ek het nie geweet ‘n 990 het 2 filters nie. Seker daarom dat jy die kiekie 2 keer gepos het.
 
En lyk my daar is reeds soveel spanners gedraai dat diè geskriffel eerder onder “General Technical” hoort as “Ride Reports”.

Maar ek lees lekker saam. Ek wou hoeka myself leer om te kan filters en binnebande ruil terwyl ek bier drink. [emoji12][emoji41]
 
Lekker man lekker, ek haal gou 'n koue uit terwyl ek wag, hoop dit gaan nie lank vat nie.  :thumleft: :thumleft:
 
So die vrydag is die fietse klaar gepak .
Ons backup Bormans het op Koës aangekom en en twee van Koës se droogte bokribbetjies is geoffer vir die spesiale sosiale geleentheid.
 

Attachments

  • 20181110_131209.jpg
    20181110_131209.jpg
    216.6 KB
  • 20181109_133946.jpg
    20181109_133946.jpg
    224.3 KB
  • 20181109_192547.jpg
    20181109_192547.jpg
    218.7 KB
  • 20181110_130924.jpg
    20181110_130924.jpg
    214.8 KB
Raait manne…..die hele Noord-Oos Namibia oftewel Boesmanland verkennings tog het begin met n oproep van Mnr Tau hier rondom Julie 2018. Ek weet nie hoe ek gedink het nie, want in my kop het ek al redelik al die moeilikke en afgelee plekke in Nam baasgeraak….met Tau se oproep het ek gedink: Ja wat dalk is dit n slag tyd om n rustigger trip te ry waar jy nie elke dag met jouself en jou bike hoef te veg nie….MIN HET EK GEWEET DAT DIE GROOTSTE TOETS NOG OOIT VIR MY EN MY 12 JAAR OUE SCOOTER VIR MY Lé EN LOER!!!!
Ek het stadig begin rondvra en manne bel wat daai wereld ken, en stellings soos “mens fok nie daar met n bike rond nie”….”julle is mal”….”die goed gaan julle opvreet”….”die bikes gaan breek” ens ens ens…het my effens onrustig gelaat.
Selfs met al die doemprofete wat ons bly waarsku het die beplanning begin…..nou die van julle wat my en die res van die groep ken, weet dat ons effens van n manie het oor n “backup bakkie” en dit was uit die staanspoor n no-no….Nick en Tiaan Borman (2 manne wat altyd in is vir n avontuur) het gesé hulle wil vreeslik graag saamgaan, maar dat hulle dit nie op hulle bikes wil aandurf nie…..dit mosie is oopgestel vir bespreking en ons het halfhartig ingestem dat dit nie te n kak idee is nie (later sou ons besef dat die besluit ons lewens gered het)
Dinge het begin in plek val met die beplanning en met ons navorsing oor die area het ek vir Attie De Jager van Grootfontein gebel om extra details te probeer kry….”Ja sy hy…ek is al DEUR die Khaudum “onwettig”….onthou net ou maat die sand is spuls…wie is julle wat wil kom ry? Kan hulle sand ry? Die plek is nie vir manne wat wil kom leer sand ry nie!!!.....ek ry saam!!!...  sé hy laastens!!!!
Tussen die reelings vir die trip, en normale werk en boerdery verpligtinge maak die inskrywings vir die 2018 Honda Quest ook oop, en boef baf daar moet ek Kaap toe vir die Quest Bootcamp en 2 weke later is dit WEER af Kaap toe vir die finale van die Honda Quest….ewe skielik was my HELE schedule vol BIKE RY verpligtinge….ek kla nie, ek BRAG eintlik bietjie 😊

Intussen het die Noord-Oos verkennings tog verander na n “Khaudum Circumnavigation” roete wat Botswana insluit….almal het dan inelkgeval hulle paspoorte by hulle, so hoekom nie…..(fok, ons het darem briljante idees..)

Saterdag die 10de November was D-DAY die 2 Upington manne met die bakkie het die vorigge dag tot op Koës gekom en ek en my broer het hulle bietjie bederf met 2 vet bok staan-ribbes en afgekoelde verversings….Die Saterdag was wit-pad langs Gobabis toe (490km)….ons het amper by die Auob lodge oorgeslaap wat maar 160km van Koës af is, maar ons het geweet die 2 Kapenaars (John Tau en Dewald Weskus) is sterk oppad in ons rigting. Op Stampriet lui my foon….”ons is in Mariental en Dewald se fiets het n petrol moeilikheid”. Ons 4 manne besluit toe maar ons gaan so stadig die grondpad vat Leonardville se kant toe en onder die 1ste beste boom gaan ons vir die 2 makkers wag…..my 1ste bier was nognie op nie toe ons hulle hoor…..(mens kry mos so n tevrede gevoel as almal bymekaar is, want dan slat die realiteit jou dat die trip NOU eers regtig begin)
Die tog oppad na Gobabis wat die begin punt van ons roete is was sommer al klaar vol opwinding met Weskus se fiets wat loop en hoes en proes en my pap agterwiel tussen niks en nerens….ek het actually sommer 2 papwiele gekry oppad Gobabis toe…min het ek geweet dat daar nog n volle 10 papwiele vir my lé en wag….
 

Attachments

  • KHAUDUM ROETE.png
    KHAUDUM ROETE.png
    209 KB
Right, lyk my ons skrywer het nou aangemeld..ek sal maar so tussendeur bysit (maar dit lyk nie nodig nie) My hande is in elk geval nog te lam om te tik :imaposer:
 
So kom ons toe donker in Gobabis aan, John en Eugene was voor ons by die kamp plek in Gobabis “Die Damme” roep hulle die plek…..hulle 2 het natuurlik reguit BAR toe gehardloop en daar in n paar verwees gedrinkte beesboere vasgeloop wat wou arm druk of skrum—maakie saak wat nie, maar hulle was al kaksoekerig van die wyn en die afwagting vir die Bokke se game wat dai aand 10h00 sou begin. Die 2 het toe maar eerder besluit om kamp te gaan regkry vir ons manne wat nog oppad was, ook maar goed so, want toe almal eers by die kamp aankom was dit soos n bye nes van tyres en tubes en bead breakers om almal se nuwe agter wiele op te kry vir die res van die trip (by the way…n koekie LUX seep werk lekker om n tyre op die bead te kry) Die Borman broers het vir ons lekker Suide tjops en wors gebraai en met agtergrond klanke van bees lorries se airbrakes wat getoets word soos hulle Gobabis binnekom het ons nag gesé….
 

Attachments

  • IMG-20181116-WA0046.jpg
    IMG-20181116-WA0046.jpg
    174.4 KB
  • IMG-20181116-WA0055.jpg
    IMG-20181116-WA0055.jpg
    137.4 KB
  • IMG-20181116-WA0055.jpg
    IMG-20181116-WA0055.jpg
    137.4 KB

Latest posts

Top