Môre, is dalk ‘n beter dag.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die Borman boetas het ons daardie aand bederf met pap en smoor en ordentlike tjops. Eerste keer in my lewe wat ek 'n man in sy slaap sien eet. En sommer heelwat ook. Ons het almal sommer net daar langs ons rygoed gelê, moeg genoeg dat dit nie gepla het nie. Van Tsumkwe af het ons die volgende oggend alle petrol houers vol gemaak en Noord gebeur in Sikereti/Khaudum park se rigting. Dis 'n lekker breë grondpad met 'n lekker sandjie om man so af-en toe wakker te skud. By die park se hek gekom het ons aan hul ons plan verduidelik om om die grensdraad te ry en die manne het ons aangeraai om in elk geval 'n permit uit te neem om bo by die Khaudum se hek weer te kan uit vir daai laasste 46km stuk hoer-sand. Ek het al baie sand in my lewe gery en ek het gedink ek kan sand ry. Hierdie sand is nogal 'n ander storie, 'n 990 se keel wil toetrek in 3de.. Ons is almal skotvry daardeur. Ok behalwe dat my exhaust bracket deur een van die hoops afgebreek en weggeval het. In normale omstandighede sou ek van my maats verwag om die ding te sien en op te tel maar ek is seker daai sand is so sag die ding lê seker reeds 'n meter onder die sand net nadat hy afgebreek het. Die spirits was lekker hoog toe ons by die grootpad wat reg oos in die Caprivi loop aankom. Selfs die bakkie manne se smiles kon ons nie demp nie, ons het gou 'n lekker koue bier geniet onder 'n groot boom terwyl Attie vir ons ekstra tubes gerëel het saam met 'n petrol trok vanaf Grootfontein..Ek laai paar fotos..
 
Kamp in Tsumkwe..
 

Attachments

  • 20181113_060454.jpg
    20181113_060454.jpg
    137 KB
  • 20181113_060309.jpg
    20181113_060309.jpg
    116.3 KB
Oppad na Khaudum hek..
 

Attachments

  • 20181113_085045.jpg
    20181113_085045.jpg
    104.4 KB
  • 20181113_081554.jpg
    20181113_081554.jpg
    112.5 KB
  • 20181113_085036.jpg
    20181113_085036.jpg
    109.8 KB
  • 20181113_085210.jpg
    20181113_085210.jpg
    142.5 KB
Die dorings het die ou bietjie afgeknou..
 

Attachments

  • 20181112_140614.jpg
    20181112_140614.jpg
    60.7 KB
Ek en Eugene by die hek met 'n boner..permitte uitgeneem en toe reg wes teen die park se grens af tot by die hoek en toe reg Noord tot by die Noorde hek..
 

Attachments

  • 20181113_085339.jpg
    20181113_085339.jpg
    123.4 KB
  • 20181113_091409.jpg
    20181113_091409.jpg
    90.1 KB
  • 20181113_093730.jpg
    20181113_093730.jpg
    127.4 KB
  • 20181113_094420.jpg
    20181113_094420.jpg
    152.8 KB
Op die laasste foto het daar 'n draad in Attie se wiel beland. Later die middag het daar 'n draad my amper bo-van my fiets af geruk en gelukkig het my (toe-al) moertoe boots my gered van 'n enkel wat net aan 'n aar sou hang. Die X-Kulcha broek het egter 2de gekom..
 
Hoe verder Noord ons beweeg het hoe meer aggressief het die sand geraak en Rickus was natuurlik besig om 'n "World record attempt" uit te voer wat papwiele aanbetref..gelukkig het die bakkie ons op 'n stadium te hulp gesnel met 'n koue ding uit die yskas. Dit was egter nog lank nie die laasste papwiele vir die dag nie..
 

Attachments

  • 20181113_111755.jpg
    20181113_111755.jpg
    160.9 KB
  • IMG-20181116-WA0043.jpg
    IMG-20181116-WA0043.jpg
    104.9 KB
  • 20181113_111745.jpg
    20181113_111745.jpg
    148.5 KB
  • 20181113_094436.jpg
    20181113_094436.jpg
    136 KB
Sommer nog 'n paar oor ek eerder nou daar sou wou wees as hier waar ek nou sit..
 

Attachments

  • 20181113_114415.jpg
    20181113_114415.jpg
    148.7 KB
  • 20181113_115714.jpg
    20181113_115714.jpg
    148.3 KB
  • 20181113_121402.jpg
    20181113_121402.jpg
    103.4 KB
  • 20181113_121417.jpg
    20181113_121417.jpg
    167.8 KB
En nog 'n paar..
 

Attachments

  • 20181113_121424.jpg
    20181113_121424.jpg
    171.3 KB
  • 20181113_124156.jpg
    20181113_124156.jpg
    67.7 KB
Na al die papwiele het ons lekker spoed gemaak tot by die Noorde Hek van die park waar ons darem bietjie gesigte kon spoel onder die water en weereens 'n lekker koue (nee wag, yskoue) bier kon geniet.. daar deur daai hek lê daai 46km se hoer-sand..
 

Attachments

  • 20181113_135443.jpg
    20181113_135443.jpg
    86.9 KB
  • 20181113_135432.jpg
    20181113_135432.jpg
    88.2 KB
  • 20181113_135958.jpg
    20181113_135958.jpg
    62.4 KB
  • 20181113_135514.jpg
    20181113_135514.jpg
    52.5 KB
  • 20181113_140003.jpg
    20181113_140003.jpg
    99.5 KB
a66614e3892652cb12c83166c8b78ced.jpg

My lêplek by Tsumkwe kamp.

Nick en Tiaan het ons beferf met diep lekker pap ek het 2nds gevat en vir breakfast ook geskep. Ons was redelik op die aand. Die Boesmanland 4x4 laat die manne hier klink was mak, maar die adstand en hitte maak hom soos die Groenriviermond na Hondeklipbaai roete net 320 km en met doring bosse en drade orals. Mens raak dit later gewoond, maar hy kou jou steeds so die aand by Tsumkwe was die manne redelik op.hulle het die lekkerste skoonste swembad gelukkig.
3370ce4f5f9e3f75aebc3fe00978a809.jpg
 
Soos Dewald reeds ons roete beskryf het wil ek net bylas. Ek was al in die winter met ‘n bakkie deur die Kaudum. Dit is nie dieselfde sand nie!!!

Die pad van Sikereti na Tsumkwe is nou breë gruispad. Die suidelike grens is mooi skoon en oop tweespoor, maar elke skaduwee dink jy is ‘n olifant. Die Weste grens was baie mooi vir die eerste 30 km, maar toe begin die papwiele. Die veterinary/ Natuurbewaring 4x4 trokke wat daar ry sit vas en dan pak hulle takke in die pad om traction te kry. In daardie dik sand ry jy 60 km/h en jy kan nie sonder krag en geluk dadelik van baan wissel nie so jy slaan baie takke. Ons het in 45 km 6 papwiele gehad Rickus 4, Eugene 1 en ek my enigste papwiel vir die trip het dieselfde stomp as Eugene geslaan en ‘n Extra Heavy duty Michelin verloor. Ek het in Namibia sweeper gery en het dus nie ‘n papwiel gemis nie. Ons was later uit nuwe tubes uit en almal het 2 spaar gebring tenminste en nog extra!!! So as ons stop begin ryers wiel afhael en uithaal. Eerste bakkie stop en drywer haal groot Tmax compressor uit en Tiaan patch solank stukkend tubes. Daar was in die hele trip bitter min puncture van dorings, meestal knype en patches wat eenvoudig te warm raak en loskom of die tube bars langs die patch.

En as julle dink ons kannie patch nie....Nick en Tiaan het HiQ Upington en ken van ons het verskillende tipe gom ook gebruik. Al die tubes was Patchbaar. Geen Heidenhau of Bridgestone tubes wat ons weet nie plak nie.

Ek het vandag tube wat ons herstel uit wiel gehaal en hy is 100% na 860 km teer, maar daai sand het patches opgevreet. Die sagte bande en extreme hitte het die tubes en patches vernietig.

383051e6707f7fd921f90afee99338e2.jpg


Hierdie was een van Tiaan se patches op my Michelin Heavy Duty gedoen teen Kaudum grens. Ander net soos die het eenvoudig verdwyn.
 
5419e315492714f5c6576ad496fb5c41.jpg


So moes die Honda sekermaak die KTMs bereil ons bestemming.

f6bee125730583458df19eb638931f67.jpg


Die plek waar die weste grens pad se lekker stop en lekker sand begin.

05eed192598b35b40da7ec9dc20d6a13.jpg


Weskus herstel sy exhaust bracket.

eeb2ee8f798dcfec529339da5547bc8e.jpg


Die wat my ken weet hierdie wêreld en tipe terrein is my gunsteling tipe ry. Ek geniet die hardewerk en afgeleë gevoel. Die bosveld duine is vrek mooi. Ons het so op die harder dele gestop elke 15 km dat die bakkies kon opvang.
 
Toe ons Katere bereil teen die teerpad was dit die greatste gevoel.

Kyk bike ry is my dingen ek het nie veel ander talente nie, maar my rymaats op die dag was soos wafferse pro’s. Ek weet nie van een val nie, die bikes het net aanhou loop.met al die papwiele en wreedste, warm, diep sand wat ek al in my lewe ervaar het het al die manne met groot toer motorfietse dit veilig anderkant uitgemaak. Een helse ding om op trots te wees. En die ergste was nou agter ons.... of so het ons gedink.

Die happy feelings het op die teer na 50 km verlep. Rickus het gestop... al die teer ry het hom moeg gemaak [emoji23][emoji23][emoji23]. Seriously hy het afgetrek en moes eers rook. Die sand en bos is ok vir die Suide Kalahari boer, maar teerpad is sy swakplek. Ek was saam met die regtemense op die regte plek het ek besef.

By Divundu het ons petrol gegooi en Eugene se agterband wat paperig was 4 bar gepomp. Ons is na Ngepi. Eugene het solank vooruit gery. Toe ek verby hom kom was die band nog styf en ons het so gery tot by Ngepi. Die volgende oggend kry ons die Surprise
feb3bc1dfc6c0aae714e020a1f157499.jpg


7a64e5972e2466e79a9550bd1d16f487.jpg


Die tube was verwoes, maar on die hitte het die valve geseël en steeds die band wind laat hou!!!!

 
Weskus is dit dieselfde boots wat jy drie jaar terug mee Koës toe is?
Daai goed hettie meer sole nie!!! :eek: :eek:
 
We got to Ngepi and they were full, howeyin true Ngepi style they made space for 5 dirty bikers and their backup and even made us dinner.

I cannot recommend this place more. If ever in the area it is a must stay. Hippos next to the camp in the river and Elephant and buffalo across the river in Buffalo National park.

f0bef675a2780c3c1ff9d890d1bc2bac.jpg


Zoom in and spot the buffalo

40183cc442070b921bf4092197f09969.jpg


Weskus in his angry mood as per usual.

7b2d794e5a29f8b0f8a7c0680d1d5990.jpg


Amazing food at Ngepi

1002be8a37314ef0ac38bde4651e73cd.jpg


Hippos next to our camp creating proper background sounds for an amazing night of sleep.
 
7028968c0566d1bc7924b36f9771d82b.jpg


0f80fc61b503cfa667544f64ac234926.jpg


Eugene’s handgaurds after Kaudum, you can imagine what our hands and arms looked like, I luckily took my thornsleeves with. I was only laughed at until day 2 of riding these overgrown roads.
cfcbc65ede6d7e605edffdc1156e80df.jpg



 

Latest posts

Top