Rickus
Race Dog
Gobabis – Tsumkwe (via die Boesmanland 4x4 roete)
Ons het rustig opgestaan en opgepak, Attie en Duan en Steph het vroeg oggend uit Grootfontein weg getrek om ons op Gobabis te join en van daar saam met ons groep te ry….Attie op n KTM690 en Duan op n KTM950SE en Steph in Attie se splinternuwe Hilux GD6.
Ons het oorspronklik gedink om die stuk tussen Gobabis en Tsumkwe in 1 dag te doen, maar ons is letterlik en figuurlik oor die vingers getik en gou gewys dat jy hier eerder n breë raamwerk van beplanning moet hé as om n defnitiewe stel planne te probeer deur force….in die beplanning was ook om by die Jan Joubert memorial aan te gaan en elkeen sy klippie op die gedenkteken te gaan pak, maar Weskus het dit in die wiele gery met sy logika: “ek gaan nie worry met ou Jan nie…hy gaan mos ookie n klip op my graf kom pak nie”
Die 1ste stuk vanaf Gobais en Drimiopsis verby tot by Kafumba was n vinigge 220km, van daar begin die Boesmanland 4x4 roete (weet self nie hoekom hulle dit n roete noem nie, want daar was duidelik jare terug voertuie daar deur) Die paaidjie word meerendeels deur locals gebruik om met die VOET te stap terwyl hulle bees aanjaag. Van die begin af was dit sommer n storie…oorgroeide boom lote wat jou heeltyd op jou moer speel en doringbome wat 2duim lange dorings met spoed deur jou handskoene force en dan is daar die duisende “wagnbietjie bosse” wat jou hardverdiende klere van jou lyf af wil ruk!!! Ons het darem gevorder maar daar is besluit om elke 10 km eers te wag dat die karre bykom anders raak die konvooi te lank. Onthou die son het al hoog gesit en ons beskuldig met n 44grade en met die 1ste stop kon ons sien die besigheid gaan nie maklik wees nie….Eugene het 1ste hands met n half-wilde koei se ribbekas kennis gemaak, en asof die doodstop en om moer nie genoeg straf was nie het sy hom nog amper raak/vrek geskop ook…Tau wat dit gesien het reken dit was baie snaaks…
Maar nou ja so het ons maar op die GPS spoortjie aangeploeter want meestal was daar nie n spoor waar die GPS 1 aangedui het nie, en met kookende bikes en n onblusbare drang vir koue bier het ons dit maar 10km op n slag gevat tot Attie so @ 16:00 n papwiel gekry het en ons net daar en dan besluit het dat genoeg rerig genoeg is en dat ons onder geen omstandighede in 1 dag daar sal kan deurkom tot by Tsumkwe nie. Ons begin toe summier kamp maak met n yskoue Duitse versnit en met die gerondloopery kom ons op n vars Hyena spoor af….Ek dink onmiddelik dat as hier van dai goed hier kan rondloop dan is daar mos Swart Mambas ook….ooo fok…en net daar slaan ek tent op.