Môre, is dalk ‘n beter dag.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

tau

Race Dog
Joined
Jun 26, 2009
Messages
4,988
Reaction score
1,083
Location
Toolbag, Grunau
Bike
Yamaha T7
a529f83d6d0e10e605d70b1d61c2bf5f.jpg


8a0692f46950e6593224cdfc8a704640.jpg


9899ac9417ea9e8bbe798a95c6c7e454.jpg


d32abc387f2fa43e895dc26180689efc.jpg


3d091ac32c3c94957a429065bd08f919.jpg


0e31d5e01d379070739a113cffb895ec.jpg


2bb55a95454088361276ebc032bb55b3.jpg


‘n Verhaal oor die verkenning van Noord- oos Namibie en omgewing.

Karakters is op werklike persone gebaseer.

Geen leeus, olifante of buffels beseer, net een koei.

‘n Vloeiende vervolg verhaal uit die pen van alle deelnemers.

Sommige sistuasies mag die puriste onder julle onstel.
 
Ek wonder hoe lank ek nou gaan wag hiervoor .................. >:D :ricky:
 
Te oordeel aan die fotos was hierdie nie 'n slegte dag nie, laat ons dan sien wat is beter.
 
Daai Koei het nie eers n gekneusde ego nie. Afrika het geharde diere :biggrin:
 
Judging by the number of fridges on the back of that Hilux, warm beer wasn't one of your problems  ;D :thumleft:
 
Ek en Tau het Vrydag middag na werk uit Tulbagh/Riebeek vertrek om tot by Vioolsdrif te Stoetie sodat ons Saterdag oggend vroeg op die fietse kon spring en darem 'n gedeelte van die vervelige swart goed kon mis.. Ons het sommer by Vioolsdrift lodge oorgelê en ook die bakkie daar gelos vir R50/dag..werk goed.John het die vorige week vir ons vars bande en Ultra Heavy duty tubes gestuur tot by maat Rickus en hy het dit weer saam met ons back-up manne (Nick en sy broer Tiaan gelaai) Vroeg oggend gou die fietse gepak en TOE moes ek al besef het soos hulle nou daar staan sal ek hul seker nie weer sien nie. Ons het besef dat dit 'n taai trip gaan wees maar nie presies hoeveel nie. Ek is nie 'n ou wat daarvan hou om baie km's op 'n dag te ry met fiets nie en na 'n 1200km op 'n Dakar een dag en verskeie 850km op 'n 800 GS het ek myself belowe dat daar f@kken goeie rede moes wees dat ek verder as 500km op 'n dag ry..dit het wel 'n hele paar maal op die trip gebeur :thumleft: Manne, ek het nie meer 'n photobucket account nie so resize vir fotos laai is nog 'n f@kkop.
 
Fietse was mooi skoon en John s'n sommer nog nuut, die Meelgesig het darem al 43 000km op, meerendeels teerpad en kerk toe..
 

Attachments

  • 20181110_054159.jpg
    20181110_054159.jpg
    112.5 KB
  • 20181110_054215.jpg
    20181110_054215.jpg
    53.5 KB
Die plan was om tot by Gobabis te gooi en dan vir Rickus en die res van die span daar te kry. So 30km voor Mariental het die 990 met sy ruk-en pluk siek begin en ek het sommer geweet die fuel filter sal vervang of skoon moet kom. In Mariental weer volgemaak, carburator cleaner gekoop en sy oor gedraai Stampriet rigting. Geen probleem van 'n dag oud nie. In stampriet weer volgemaak en bladder ook wat ons sou bietjie D paaie ophardloop Gobabis toe. So 15km buite Stampriet dieselfde storie maar die outjie kon darem so 100km'h loop so ons sou maar so aansukkel tot op Gobabis en gou daar by die kamp uitsort. Dit het egter erger en erger geraak en ons het besef dat as ons 'n bier elke keer drink as die fiets starve ons moontlik nie Gobabis dieselfde aan sou sien nie. Intussen het ons ons spanmaats onder 'n Kameel raakgeloop en die trip het afgeskop en hope tjol gesels en 'n koue ding om die stof af te was..
 
Dit was toe maar tyd om gou die operasie te doen en klaar te kry..
 

Attachments

  • IMG-20181116-WA0083.jpg
    IMG-20181116-WA0083.jpg
    252.6 KB
  • IMG-20181116-WA0083.jpg
    IMG-20181116-WA0083.jpg
    252.6 KB
Die ander manne het solank aanbeweeg om ons kamp vas te maak en die Borman boeta's het gebly en gehelp om fiets te werk en gesorg vir so 'n geselligheidjie net om die trip op 'n "high" af te skop en te sorg dat iets so simpel soos 'n ou tingerige petrolfilter nou vir ons sal onstel nie..
 
Nie ver van daar na die operasie loop ek vir maat Rickus raak met 'n papwiel en terwyl ons dan nou almal nuwe tyres sou opsit die aand in Gobabis hy dit dan sommer nou eenmaal sou doen..
 

Attachments

  • IMG-20181115-WA0002.jpg
    IMG-20181115-WA0002.jpg
    229.4 KB
Dis nie rook nie Chris, dis 'n asma-pomp wat so aan die brand is..
 
Top