Maklike Lesotho roete?? Ja en Nee!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
So paar weke gelede kontak Wynand my van Randburg af en vra of ons nie vir 'n naweek Lesotho toe wil ry nie.  Ek en Stoffies wou lankal daai rigting ploeter, en stem toe in.

Dred, ook 'n wd, of Johan, is 'n ou army maat wat op Potch bly.  Hy stem om ook saam te gaan.  Aanvanklik sou ons 5 bikes gewees het, maar soos die lewe soms gaan het net 3 oorgebly.

Ek en Stoffies is Donderdag aand na werk op 28 Feb weg uit Naboom en ry daai mislike stuk N1 tot in Jhn waar ons die aand by my dogter oornag.

Die volgende oggend is ons vroeg op, dogter moet gaan werk en ons kry vir Wynand en Hanneli op Beyers Naude by 'n bike plek. Van daar het ons oor Heilbron, Petrus Steyn na Bethlehem gery.  Johan en Karien is van Potch af reguit Bethlehem toe en dis waar ons mekaar gekry het.

Ek gaan maar dat die fotos die meeste praatwerk doen.
 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    52.3 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    210.2 KB
  • 1.jpg
    1.jpg
    191.9 KB
Ons idee van Bethlehem was om Clarens toe te ry, en van daar die Golden Gate roete te ry, om te draai en weer deur Clarens na Fouriesburg te ry, waar ons oornag het.  'n Vriendelike boer beduie buite die Wimpy ons moet Kestel toe ry, oor Phuthaditjhaba, deur Golden Gate en dan deur na Fouriesburg.  So gesê, so gedaan.

Laat ek julle eers voorstel aan die 3 bikes.

Foto 3a: Johan se GS1200
3b: My Africa Twin
3c: Wynand se GS1100 (Baie mooi)
4 en 5: Stop and go net buite Bethlehem
 

Attachments

  • 3a.JPG
    3a.JPG
    174.6 KB
  • 3b.JPG
    3b.JPG
    169.6 KB
  • 3c.JPG
    3c.JPG
    205.5 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    162.3 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    188.1 KB
Dis toe 'n baie mooi roete wat ons nog nie voorheen gery het nie.  Die moeite werd gewees.  Dit het na die weste toe na reen gelyk, maar ons het gehoop dit gaan ons mis.
 

Attachments

  • 10.JPG
    10.JPG
    125.5 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    126.6 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    176.7 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    102.6 KB
So 'n ent voor jy by die park se hek uitgaan, trek Wynand af om bene te rek en die natuur te bewonder.  Terwyl ons staan en kuier, hoor Johan iets blaas.  Ons ontdek toe Wynand se agterwiel se valve is besig om te lek, daar waar die rubber in die rim ingaan.  Ek gee die valve so 'n draai en wonderbaarlik hou dit op blaas.  Die bene rek is toe sommer verby en ons spring op om so gou moontlik in Clarens te kom voor die wiel pap is.
 

Attachments

  • 14.JPG
    14.JPG
    165.2 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    152.1 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    147.9 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    157.1 KB
Maar helaas, 'n stukkende valve laat nie aan hom trek nie!!  So 5km voor Clarens trek Wynand af met die agterwiel wat heeltemal pap is.  Plan A was om die wiel op te pomp en aan te kruie Clarens toe, maar die 12v pompie wat Wynand die dag voor die trip gekoop het, het nie oempf om die wiel opgepomp te kry nie.

Terwyl ons wonder wat plan B veronderstel was om te word, stop 'n ander biker by ons met wonderlike nuus.  Hulle is 'n groot groep wat saam ry en die groep is agter ons, met 'n back-up bakkie met trailer.  Hulle sal die 1100 oplaai en Clarens toe neem.  Ek en Johan ry toe Clarens toe, en terwyl ek hulp probeer reël, ry Johan terug om vir Hanneli te gaan haal.  Intussen laai die hulp al Wynand se GS op.

Gelukkig kom ek in aanraking met Rodger, die local motormac van Clarens.  Hy het valves en tyre levers en 'n kompressor, maar ons sal die harde werk self moet doen.  Lang storie kort, ons het die ou valve uit, die nuwe een in en opgepomp, en uiteindelik weer oppad.  Toe is dit al redelik laat.  Ons het sommer in Clarens proviant gekoop en is met spoed Fouriesburg toe.

Baie dankie aan die manne wat ons gehelp het.  As nagedagte sou ons seker my spaar agterwiel se tube kon insit en so aankarring, maar hulp was daar gewees.
 

Attachments

  • 20.JPG
    20.JPG
    177.4 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    64.3 KB
  • 21.JPG
    21.JPG
    111.5 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    187.5 KB
  • 18a.JPG
    18a.JPG
    143.3 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    195.1 KB
Ons het 09:00 uit Jhn gery en was 18:10 by die gastehuis in Fouriesburg.  Afstand gery ongeveer 450km.  Hiers 'n paar ontspan fotos.
 

Attachments

  • 23.JPG
    23.JPG
    161.7 KB
  • 24.JPG
    24.JPG
    189.3 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    143.1 KB
Die volgende oggend is ons vroeg uit die vere om so vroeg moontlik deur die Caledonspoort grenspos te kom.  Ons het die vorige aand besluit om op te ry Katse dam toe, en dan van daar af na Thaba Tseke oor Maseru toe.  Daar sal ons by die Maseru brug uitgaan en dan die aand in Ladybrand oorslaap.  Na aanleiding van info het ons geskat dit sal ons so 8 ure neem.
 

Attachments

  • 31.JPG
    31.JPG
    148.1 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    75.7 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    68.5 KB
  • 30.JPG
    30.JPG
    147.1 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    66.3 KB
Die grenspos was eintlik 'n breeze gewees. Eindelik is ons in Lesotho en die dag kan ernstig begin.  Die paar fotos net om te wys waarheen ons oppad is.
 

Attachments

  • 35.JPG
    35.JPG
    54.5 KB
  • 36.jpg
    36.jpg
    58.4 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    53.6 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    70.2 KB
  • 40.JPG
    40.JPG
    61.8 KB
Ek hoop nie julle gee om vir die baie fotos nie, maar dit wys eintlik wat ek wil hê julle moet met ons deel.

Vir net ingeval, het ons in Liribe brandstof ingegooi.
 

Attachments

  • 46.JPG
    46.JPG
    63.5 KB
  • 44.JPG
    44.JPG
    75.4 KB
  • 42.JPG
    42.JPG
    79.4 KB
  • 41.JPG
    41.JPG
    68.2 KB
  • 43.JPG
    43.JPG
    79.2 KB
Oppad het ons 'n groep seuns gekry wat met een of ander ritueel besig was.  (Foto 48)  Kon ongelukkig nie stop nie, sou in elk geval dalk nie welkom gewees het nie.
 

Attachments

  • 48.JPG
    48.JPG
    65.8 KB
  • 49.JPG
    49.JPG
    69.7 KB
  • 50.JPG
    50.JPG
    81.3 KB
  • 51.JPG
    51.JPG
    101 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    95.8 KB
Die pad wat opgaan teen die berge is asemrowend, baie draaie en baie steil op.  Die pad was in 'n goeie toestand.
 

Attachments

  • 55.JPG
    55.JPG
    130 KB
  • 56.JPG
    56.JPG
    44.9 KB
  • 54.JPG
    54.JPG
    79.1 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    123.3 KB
Oppad Katse Dam toe van die berg af, het Stoffies begin kla die draaie vang haar bietjie onkant.  Sy is geneig tot karsiek, maar dis die eerste keer dat sy op die fiets sleg begin voel het.  Het iemand anders al dit ervaar?  Die gevolg was dat ek stadiger begin draaie vat het, en natuurlik bietjie tyd begin mors het.  Ek wou nie 'n pizza op my rug gehad het nie!!!

 

Attachments

  • 67.JPG
    67.JPG
    148.5 KB
  • 68.JPG
    68.JPG
    109.7 KB
  • 65.JPG
    65.JPG
    123.6 KB
  • 61.JPG
    61.JPG
    130.7 KB
  • 60.JPG
    60.JPG
    50.2 KB
  • 63.JPG
    63.JPG
    70.1 KB
Dit bly darem n mooi deel van die wereld daardie.

Daardie draaie tot by Katse het ek en Inge met die GSA gedoen, moet sê met n pillion op is dit nogal uitputtend. Ek weet nie hoeveel honderd draaie daar is nie?
 
Foto 71:  Katse wal van agter
73: Ons vriend, Lodie de Jager van Naboom 2 Germany faam, was verlede jaar op presies dieselfde dag by Katse.  Die foto word aan hom opgedra.
74: By Katse Lodge het ons net drinkgoed bestel en ons eie piekniek op die stoep geniet.
 

Attachments

  • 71.JPG
    71.JPG
    67.7 KB
  • 73.jpg
    73.jpg
    72.8 KB
  • 75.JPG
    75.JPG
    74.6 KB
  • 76.JPG
    76.JPG
    71.2 KB
  • 79.JPG
    79.JPG
    51.6 KB
  • 80.JPG
    80.JPG
    76.7 KB
T Rex said:
Dit bly darem n mooi deel van die wereld daardie.

Daardie draaie tot by Katse het ek en Inge met die GSA gedoen, moet sê met n pillion op is dit nogal uitputtend. Ek weet nie hoeveel honderd draaie daar is nie?

Ja, 'n ou moet kompenseer vir die pillion, maar ons 2 ry al so lank saam dat dit eintlik nie snaaks is nie.  Ek het by 999 draaie ophou tel......  Ek lieg, het nie getel nie, maar daar is baie.
 
Net 'n bietjie tydsberekening:  Ons het 7:10 deur die grenspos gery en met al die stoppe en fotos ens het ons so 10:50 gebrunch by Katse Lodge.
Van daar is ons weg op die grondpad na Thaba Tseka.  Ons het almal ons bande bietjie afgeblaas, maar Wynand was nie seker of sy bande sag/hard genoeg was nie.  Ek het voorgestel ons ry, en hy moet stop as dit nie reg voel nie, dan doen ons verstellings tot hulle gemaklik is.

Ons was net 'n ent weg toe hy stop en sê sy agterwiel stamp deur.  Haal gou die "nuwe" 12v kompressortjie uit, koppel dit op en sien hoe die wiel al papper word, terwyl die pompie sy beste pomp uithaal!

Gelukkig het ek my ou pompie ook ingesit, en oomblikke later is die band reg.  Natuurlik wou Wynand die pompie aan die omgewing skenk, maar ekt hom herinner dat daar 'n verkoopsman iewers in Jhn is wat dalk die pompie in sy &^%$#@ wil hê en voel dat die ding nie pomp nie, maar suig!!!
 

Attachments

  • 90.jpg
    90.jpg
    87.5 KB
  • 91.JPG
    91.JPG
    69.9 KB
  • 86.JPG
    86.JPG
    87 KB
  • 84.JPG
    84.JPG
    73.3 KB
Ek en Stoffies is eintlik grondpad ryers, maar die toer op teer saam met die paar vriende was baie lekker.  Die grond wat ons hier gery het, was so in ons kraal, want ons geniet die vleg deur die waterpoele, oor, om en deur slote ens.  Die nadeel hiervan is natuurlik die spoed wat baie stadig is, aangesien ons nie jaag nie.  Maar meer oor die tydsbereking later.

Fotos van die grondpad na Thaba Tseka.
 

Attachments

  • 93.JPG
    93.JPG
    68.3 KB
  • 96.JPG
    96.JPG
    63.1 KB
  • 99.JPG
    99.JPG
    59.1 KB
  • 100.JPG
    100.JPG
    63.5 KB
  • 100.JPG
    100.JPG
    63.5 KB
Sorry daai laaste foto 2x gepost.
By hierdie modderpoel het ons eerder die vrouens laat verby loop en die bikes deur ge"paddle" ry.  Ek en Johan het Anakee 2's op en Wynand het Heidi's op.  Ons was nie lus vir modderbad nie.

Ek moet begin dankie sê vir Karien wat 99% van die fotos geneem het.  Sonder dit sou die ride report maar boring gewees het.
 

Attachments

  • 102.JPG
    102.JPG
    77.9 KB
  • 103.jpg
    103.jpg
    39.1 KB
  • 104.jpg
    104.jpg
    110.5 KB
  • 107.jpg
    107.jpg
    90.8 KB
  • 108.JPG
    108.JPG
    82.1 KB

Latest posts

Top