Merweville

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Karoo bloed lê diep in daai stuk geskryf KR, was nog noiit in Merweville maar voel nou of ek al was,,,, danki man  :thumleft:
 
Leo said:
Klink na 'n baie interessante lewe wat jou pa gehad het [member=1597]ChrisL - DUSTRIDERS[/member] . :thumleft:
n Boek sou baie interessant gewees het ja. :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
2StrokeDan said:
Chris, was jou Pa n Engelsman?

Is jou van Louw, of Lowe? :pot:
Nee hy is Louw soos in diep uit die Maitland yt!! ;) :lol8:
Hy het op 30 met 10 pond in sy sak Donkergat toe gehike en n job op n walvisboot gekry. Was glo meeste van die tyd in die kombuis aangewend!!
In die UK gekom kry n onderwyspos en begin speel vir Blackburn. Twee en n half jaar later speel hy proewe vir die Leeus. Toe begin jik sy voete weer. Lang storie kort hy was 7 jaar oorsee en het my ma getrou in Toronto Kanada, sy n nooi Van der Walt van die Vrystaat wat klas gegee het aan n universiteit daar.

Sorry vir die hijack KR.

Ek sien waar jou reislus vandaan kom. :ricky:
 
Ri said:
Ons moedertaal is lanklaas so pragtig aangewend - baie dankie vir die besonderse skrywe, ek het my so verkneukel daarin.

Het ook vir (nou afgetrede) Ds Kallie le Roux op 'n rit ontmoet, ons het nogal saamgekuier op Koedoeskloof se stoep laas jaar Julie. Klink my hy bedryf nou die Springkbok Lodge op Merweville. Rammelkoppas is al laaaaaank op my droom passe lysie, ek hoop om dit nog binnekort te ry.

Moet nie vir enige local vra oor Rammelkop pas nie - hulle gaan nie n clue hê nie - daai kant ken hulle hom net as Allemanshoek pas.
Dis n mooi stuk pad en pas daai  :thumleft:
 
MildlyWild said:

Tot vandag toe kon ek nog nie uitvind waar die naam Rammelkop vandaan kom, selfs die locals kan my nie sê nie. n Oorlede klient het n stukkie grond teen die pas gehad aan die suide kant.
 
Het juis by Kallie se Springbok lodge geslaap 24 Des op my solo trippie,en die kerkdiens bygewoon in daai mooi kerk Kersdag.
Was n lekker ervaring, eenvoudige ongeklompliseerde bestaan wat die mense daar voer. Alles was natuurlik toe, daar is so n restaurantjie Soetkaroo waar mens kan eet, mense kla maar van die droogte en daar is nie altyd munisipale water nie.
Sal eendag weer n draai ry daar.
 
Top