My baba se tee se bike trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jackol.

Race Dog
Joined
Oct 20, 2013
Messages
592
Reaction score
0
Location
Bethlehem
Bike
KTM 990 Adventure
Vandat my vrou swanger is met ons eerste dogtertjie kan sy nie meer saam my ry soos altyd nie. Vroulief hou nie van die idee dat sy alleen by die huis bly terwyl ek die wereld op die bike gaan verken nie.  Die oomblik toe die reelings vir haar babatee deur gekom het ek dadelik die Saterdag allokeer vir n lekker harde lang trippie gereel...

Die roete is beplan van ermelo af om soveel moontlik grond te ry en die area na New Castle te gaan verken. Ons het geweet dat ons n groot hap wil afbyt vir eendag, dus wou ons nie te tegnies ry nie, net lekker tot by Normandienpas en terug.

3338e23449b73e849c1147afed5225a7.jpg


Die oggend was erg mistig gewees en ons het rerig gesukkel om afstand op te maak. Met die visor oop brand jou oë of as jy n bril het wasem die op. Anders jpu visor. Ek het die beste is om jou visor so skrefie oop te hou en sodra die visie swak raak die visor net af te vee.

Ons eerste stop was by Jan Staal se Country Trax gronde. Ons het gehoop om die man te groet, maar hom nie self gesien nie. Die man is baie handig en ongelooflik kreatief. Kan sien hy genoet wat hy doen! So paar fotos...

dd8e04560bd104fd4c0276ea867a1630.jpg

8dd1a77367cc29dc55fc211a9dd9859a.jpg

a017c4f0a81c6595ba8747d8f8f6e101.jpg

153086003009bbddfbe04dfe4c9f36e9.jpg

Koos hou meer van katooms as beemers...
 
Top