My en Sylvester se eerste trip en ons eerste "sidestand"incident.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Boskind27

Pack Dog
Joined
Jun 5, 2014
Messages
402
Reaction score
1
Location
Tableview
Bike
Suzuki DR650
So die naweek gaan ons op my eerste trip met die 650, ek was aanvanklik 'n pissie en wou nie grondpad ry nie. Na 'n woordewisseling is ek toe maar dikbek op 'n grondpad en waar ek en ou Vlenter 110 gecruise het meerkat styl sit ek en ou Sylvester en ploeter 40km 'n uur gly gly deur die sand....

Ek was so dankbaar vir teer en ons het weer gebond... Ons het gestop by Kalabash vir 'n vinnige etetjie en daar vertel Gerhard my maar ek het 'n voeltjie raak gery, ek was sooo onsteld, ek love diertjies... maar moet se ek het my toe gecan.... want dis nou nou TIPIES Sylvester wat mos nou vir Tweetie wil vang, so dit was seker sy eerste victim tsk tsk

Ons ht weer heerlik bietjie teer gery en toe my kerel deur die Paarl se strate begin vleg toe weet ek hy soek nou weer grond, kyk my bloed bruis toe sommer. Toe ons by die grond kom blaas ek my tyres so pap af en dog geen geruk en pluk vir my Sylvester nie. Ons het toe darem 70km 'n uur sittend gemanange ek skel en hy luister.... Ja ja dit was toe satisfactory dat ek dit gedoen het op die ou einde :)

Jis maar ek staan sleg op die bike hy is so laat dit voel of ek met my neus op sy tyre le. en ek soek nobblies watse gladde tyres sit hulle op 'n bike ne maggies. So ek gaan nou begin kyk vir 'n tyre combo en verseker handle bar raisers.

Ek weet hulle se dis vir luier mense, maar ek is lui hehe en wil lekker stewig staan.

Soooo vanoggend ry ek werk toe en toe ek in ons parking garage kom ry ek oor 'n oliekol en daar voeter ek neer, kyk my ego was gebruis, asook my skoen en my broek is gebrand... maar ek het opgespring en my stert afgesukkel om vettie op te tel, maar na die 3 de probeerslag toe kry ek hom op. darem nie baie skade nie net sy agterrem is ingebuig... maar het besluit gaan van more af maar met my motocross boots en off road broek begin werk toe ry :-/

hier is 'n paar fototjies.
 

Attachments

  • Kalabash Small.jpeg
    Kalabash Small.jpeg
    172.3 KB · Views: 450
  • maaikies 2.jpeg
    maaikies 2.jpeg
    51.4 KB · Views: 453
  • maaikies.jpeg
    maaikies.jpeg
    60.8 KB · Views: 452
  • My vettie te cute.jpeg
    My vettie te cute.jpeg
    54.9 KB · Views: 455
  • Meule klein.jpeg
    Meule klein.jpeg
    111.5 KB · Views: 450
  • Sylvester is gedoop.jpeg
    Sylvester is gedoop.jpeg
    248 KB · Views: 471
Top