My last ride on the XR650L

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,291
Reaction score
3,897
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
For the past few weeks I have been wanting to go take a nice shortish ride on my XR but something has always got in the way.  We've either been baling, or finishing off a job that hasn't been completed that past week or I've been alone on the farm. So anyway, this morning my 2IB had another appointment in Jansenville and I took the chance to go do what I reckon will probably be the last ride on my XR.  I've advertised it on the forum a while back (https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=147241.0) and haven't had much luck selling it.  No problem,  I am about to trade it in on another F800GS in the next week or so.  

After this morning's ride,  I am sorry that the world is not always how we want it to be as I would really like to keep the XR and get the 800.  The XR is such a low maintenance, easy bike to own and ride. Yes, it is not exceptional at anything but it is good at lots of things and has no pretensions about being anything but a damn nice ride.  I don't know, it may be that I spent every free hour I had back during my days in the army when I was jonk en roekeloos, lusting after an XT500.  I eventually bought, raced and toured the backroads of this country on a TT500 after I klaared out.  I think the XR rekindles some of those feelings in me.

Anyway, enough reminiscing.

This morning was one of those awesome clear coolish autumn days, and I took off on my leisurely breakfast run to Nieu Bethesda.

Dis waaragtig lekker om sulke paaie - veral omdat ek nog so nuut in die omgewing is - sommer op mens se drumpel te kan ry.  Ek vind op sulkte trippies dan ry ek maar hier 50 - 70km/u en bekyk die omgewing.  Mooi van voor ...

20140405_091351_zpsxjfvp8yp.jpg




... en van agter:

20140405_091825_zpsw29ueoxc.jpg




As mens nou dié pad terugry dan is hierdie "off-camber" draai daar om  mens weer uit die rustigheid te laat skrik.  Ek het al 2 keer amper die bakkie hier die veld in gery  :eek7:

20140405_091858_zpsynnrtojo.jpg





Die welbekende Kompassberg in die verte en die lekker grondpad wat so oor die Karoovlaktes kronkel:

20140405_092254_zpsk0g0ox1i.jpg


20140405_092352_zps6kynjkpt.jpg




Wat sal 'n Karoolandskap sonder oop vlaktes, garingbome en ver gesigte wees?

20140405_093303_zpshw3u6oh0.jpg




Ek was darem ook daar  :biggrin:

20140405_093433_zps1vdwu21q.jpg




Does anybody have any idea what this cairn just outside Nieu Bethesda commemorates?  All the brass plaques and other identification has been stolen (of course)

20140405_094647_zps2qcunqti.jpg


20140405_094656_zpsc084o3cc.jpg




Die dorpie het elke eerste Saterdag van die maand 'n mark.  Mense drom nogal saam (kyk in NB vat dit min mense om saam te drom).  Ek eet graag ontbyt hier by die Village Inn van Oom Niel en sy vrou Ydil. Goeie mense wat lekker gesels.

20140405_100046_zpss9uhvhxm.jpg




Ook die paartjie van Wellington daar raakgeloop.  Hulle is oppad huistoe van Bloemfontein waar hulle gaan kuier het.  Ek dink dis familie van Dwerg, die man is agter die windskerm weggesteek  :imaposer:

20140405_100418_zps6uhetusj.jpg




En toe sommer hierdie langnek skape afgeneem.  Die gras is vanjaar hier in die Oos Kaap so lank die skape moes noodgedwonge langer nekke groei om daaroor te kan sien  :imaposer:  Bietjie laat vir April Fools

20140405_115717_zps2rloafjr.jpg




So ouens, die volgende RR wat julle lees gaan heel waarskynlik my trippie terug van Stellenbosch wees as ek my 800 gaan haal.  Moet mens aansoek vir 'n visum doen om oor die Hottentots Holland berge te mag ry?  Ek sal seker maar 'n das ook moet inpak  :peepwall:

I'm going to miss my XR, it's been a great reliable and fun bike to have around.  






 
Jis ou boet.
Daai oom Niel kan maar praat ne en die auntie is still.

Moet se daardie brekvis is darem moer lekker jong.Ek dink jy pluk n lat vir jou eie gat ou pel.

You going to have to look far and wide for something to replace that trusty XR of yours.

Enjoy and I am looking forward to maybe stopping over there at the end of the month.
Going to sleep in Murraysburg if all goes well

 
Jislaaik Dorsland hoe verlang ek nou terug Nieu Bethesda toe, dit is maar net n mooi dorpie.
Ek gaan weer daarheen as ek in SA kom. Mooi wereld daardie!
 
Ja en as jy dié keer hier kom verbyry sonder om te kom kuier, is daar groot moeilikheid.  Ek ken mense in Nam, ons sal jou kry  ;)
 
Casting from Turd said:
Jis ou boet.
Daai oom Niel kan maar praat ne en die auntie is still.

Moet se daardie brekvis is darem moer lekker jong.Ek dink jy pluk n lat vir jou eie gat ou pel.

You going to have to look far and wide for something to replace that trusty XR of yours.

Enjoy and I am looking forward to maybe stopping over there at the end of the month.
Going to sleep in Murraysburg if all goes well

Ja CFT, hy praat 'n hond uit 'n bos uit.  Ydil moes naderhand vir hom sê hy moet nou wag, my ontbyt raak koud  ;D  Lyk asof ek nie meer Potch toe gaan nie.  Laat weet bietjie wanneer kom jy hier verby.
 
Ek het gou vandag vir julle 'n roete recce gaan doen. Laat weet hoe werk julle planne vir volgende week Chris
 
Sal nie weer verby ry nie, n lekker koue bier op die plaas sal lekker wees :imaposer:
 
Hey Dorsland lekker man ek sien jy merk vir my die roete, maar lyk my jy moes nie groen stickers gebruik het nie  :pot:
 
Ja, nee party mense is bederf met hulle mooi landskappe. Hier op gangsta paradise sukkel ons partykeer om die son te sien, en al die berge is geel. Geniet jou mooi landskap Dorsland, ons ouens word jaloers.
 
JK said:
Hey Dorsland lekker man ek sien jy merk vir my die roete, maar lyk my jy moes nie groen stickers gebruik het nie  :pot:

Ek gaan jou self gaan wys JK. Kan mossie laat jy met daai KTM tussen erens en nerens gaan staan nie  >:D
 
Buks-BMW said:
Ja, nee party mense is bederf met hulle mooi landskappe. Hier op gangsta paradise sukkel ons partykeer om die son te sien, en al die berge is geel. Geniet jou mooi landskap Dorsland, ons ouens word jaloers.

Ek is elke dag baie dankbaar dat ek hier kan wees Buks, glo my.  Ek beny julle manne glad nie daar in GP nie  ;)
 
Top