My pyp wat hang lyk soos 'n giftige slang!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cassiebotha

Race Dog
Joined
Nov 17, 2009
Messages
1,265
Reaction score
0
Location
George
Bike
Kawasaki KLX 400SR
onthou dit doen ek stuk vir stuk!  My 1 GB ADSL lyn is nou soos dialup!!! waarom weet ek nie!
O gonna verskoon die kiekies...dis van my selfoon afgeneem!

Vandag is Maandag in die gehuggie George.  Vandag moet almal werk maar niks gaan en word in elk geval gedoen nie.  Die base word tevrede gehou dat almal by die werk is, maar niemand dink aan werk nie!  

Maar George het groot probleme!  Daar is meer slange as parras in die vrugbare dorpie van ons!  Wel soos dinge maar in george beweeg vind ons selde slange in die same-lewing maar baie slange kom wel uit in die aande en pik die mense een vir een.

Hulle se mos 'n slang wat hang maak 'n man mos bang!  Die aand stap toe aan en 'n vreemde nommer kontak my op my sattetiet foon.  Die nommer is onbekend en dadelik begin ek die bibberasies kry dat dit moontlik die DSKVG (Die Spietkops Van George) mag wees wat my nou wil arrest!!!  Vars in my geheue soos warm koeimelk kry ek terug flitse van die jagende DSKVG se sirene en die se flitse!  Ek raak skoon bewoe en besluit toe om nie te antwoord nie.  Maar wie kon dit anders as DSKVG wees?  Die nommer bly by my kommer.  Ek besluit toe om maar 'n call me te stuur en te kyk en wag dat die DSKVG maar my terugbel en sommer arresteer.  

Terwyl ek die please call me stuur besluit ek toe om maar "anti pregnancy" pille gou by die PEPte koop dat indien ek moet selle toe sou gaan, ek myself veilig kan verklaar!  Ek pak toe sommer gou my boks handskoene in dat ek wel kan terug baklei voordat ek pregnand gemaak sou word!  

en toe luit die foon weer!  Ek sluk my asem en antwoord met 'n froom en manlike stem!  
 
Toe hoor ek 'n bekende stem! Ek raai toe Berm Rooster maar ek was toe verkeerd.  Dit was Smidty om te hoor of ek saam met hulle wil motorfiets gaan ry op die vroue dag.  My gemoet toestand was weer terug na normaal en ek besluit om die geleendheid aan te durf met murg en pyp.  (sonder die pregnancy pille van PEP)

Die aand stap aan en dit raak ongelooflik koud!  Ek klim in die garage in en gryp die Hilti boor met 'n hout drillbit en beginne gate in my nommer plaat boor om alles weer op te hang aan my bike. 

Laat ek vertel om 'n bestaande gat te vind is baie makliker as om 'n nuwe gat uit te grawe.  So sukkel ek om my boorpunt in die regte gat te druk!  Eerstens was my boorpunt te dik en te kort! 
Nou sit ek met 'n probleem!  Wat doen mens as jou boorpunt te kort is en te dik is vir die gat!!! NOu wat nou!!!
 
:imaposer: :imaposer: :imaposer:

Gooi Cassie !!
 
Toe raak ek nou keelvol vir my boorpunt in gate te druk wat te klein is.  Ek besluit toe om 'n groter boorpunt aan te sit en toe boor ek gate orals!  'n man kan toor met 'n ongelooflike groot en regte boor!  Die gate is groter en die nommer plaat is op.  My bike is reg maar die olie was op!   Nou moet ek in die nagtelike ure nog na olie loop soek!  Gelukkig is die garage naby en ek gooi toe gou olie in.  Nou is alles gepak en ek is reg vir die dag!


Die oggend breek aan en die legedes ry saam!  Die groot doring met die skerp horing Dirtcopper, Smidty en sy seun (ek noemnaam hom Stealth) omdat sy bike lyk soos 'n stelphfighter ry saam.  

 
ek stop toe by die Spar en koop vir my 'n pink drink...  nie die s"sappies nie maar 'n orange melkskommel net om wakker te word!  Die kalula was noggie oor nie so die s'sappies kon nog nie bekom word nie

Ons moet mekaar almal daar by die engine garage kry in Heatherlands.  Vandag is die reen orals maar die modder gaan ons weer aanvat soos die naweek.  in die gees ry BR en almal weer saam maar die keer vat ons die cool mense ook saam. 

Ek kom by die engine en sien Dirtcopper sit so lekker op die tafel.  Hy lyk soos 'n man met 'n vlym skerp tang!  net reg om weg te trek

 
2011-08-09095605.jpg

Hier sit Dircopper en monitor die traffic!! 

 
Ek en jaco bespreek die lekker trip en ewe skielik hoor ek "katoem katoem"  Ek sien ewe skielik 'n Vsrom langs my gepark! 


2011-08-09095555.jpg
 
Cassie n hele bladsy en jy is nog by die engen kom kom laat daai vingers loop.
 
Smidty en sy seun (stealth) stop toe langs ons maar so in die vreugde hang daar 'n wolk bo my protifilue (nie prostaat nie) maar my finansiele protefeulue.  (portfolio in engils)  My kaart willie werk nie.  Die ding het 'n goue kleur maar geld willie deur!!! nou wat nou!!  Ek besluit toe om maar 'n foto van die petrolman te vat terwyl hy sukkel om my kaart te toor


2011-08-09095637.jpg
 
2011-08-09095646.jpg


Terwyl die petrol man sukkel met die kaart besluit ek om maar paar kiekies te neem
Hier pronk die tweede mothership wat wag op 'n moerse trip!

2011-08-09095646.jpg


2011-08-09095715.jpg

Die coolste en (ek gaan weer so bike kry) is die Stealth bike XR gemaak en geskape deur honda!

2011-08-09095729.jpg
 
2011-08-09100230.jpg

Hier is al die bikes saam en Smidty en Dirtcopper beplan gou die roete wat ons sou vat.


Ek sou voor ry, Smidty se seun sou agter my ry, Smidty sou agter smidty se seun ry en Dirtcopper sou agter smidty wat agter smidty se seun ry, ry

Ons beginne die montagu pas uitklim en die pad was lekker modderrig, nie te modderig nie maar wel baie modderig!

Ons gooi toe die eerste stilhou plek bo die treinspoor brug

2011-08-09103009.jpg
 
mense hang bal!  my photobucket uploads het nou heeltemal lyne gekruis!  ek het nou net foto van waar stoetbul sy bike ophang op sy bakkie!  die was nie deel van vandag se ride nie! Smidty was dit? ek kan nie onthou nie!!

EK dink die picks laai nog op!  Smidty gooi gou asb fotos op!
my adsl is nou gekoek
 
photobucket is totaal gef**ket
Terwyl ons die montagu pas opry word ons begroet met bobbejane wat langs die wal sit (Smidty het 'n foto geneem maar dit lyk amper soos die beroemde foto

images

Onthou asb dis nie die bobbejaan nie..maar dit lyk amper nes die een op die foto! 

Die Groot Gerattle by die treinspoor brug:


so ek tik maar nou wat gebeur het onder die treinspoor bruk.

So ons stop toe by die treinspoor brug vir 'n lekker paar drankies en Smidty besef iets is aan die broei. In Smidty se oe kan jy sien iets is fout.  Maar wat kon dit wees?  Terwyl Dirtcopper en Smidty drink en wonder besoek ek my nommerplaat!  Gelukkig is die cableties en al die gate nog in orde!  Ek besef toe dat die rattle nie kom van my bike af nie.  Smidty besluit toe om op en af op sy bike te spring en DC was gevra terwyl Smidty op en af spring moes hy hoor waar die geraas vandaan kom.  DC klim toe onder die bike maar geen rattle.  Smidty spring toe op en af langs die bike maar geen gerattle?  Nou wat nou.  DC besluit toe om die bike van agter te benader en neem poesisie in! 

Hy tel die bike op en af en ek bewonder my aan DC se krag!  'n Powerlifter ?  My oe rek toe oop en oom Smidty se seun besef dat die rattle van Smidty se bike se windsheeld af kom.  Ek besef toe dat dalk het my bike ook 'n rattle op die windsheeld maar dadelik besef ek my bike het die die opsie gehad om 'n windshield op te sit nie.  Daar was ook nie so opsielys gewees nie...  En ons besluit na die ge oefendery maak ons spore en ry verby Herold oppad na die kammanasie berge toe!
 
:imaposer: :imaposer: :imaposer:

Hier is jou bojaan Cassie

mini-IMG_7464.jpg

 
Gedog dis julle bliksems gister daar by die Engen  >:D >:D
 
Cassie ongelukig is my afrikaans so kark soos 2SD's brand of choice, en ek kannie jou storie lees let alone verstaan. Maar ek weet dit sal kark snaaks gewees het.  :imaposer: :ricky:
 

Latest posts

Top