Rhino2
Pack Dog
Hy skilder dit so goed met woorde dat daar nie fotos nodig is nie. Fantasties.
lonerider said:Nou is dit seker tipies menslik dat as die bylhoue in jou bos al hoe feller opklink en jy en die Onverbiddelike Maaier al rakelings by mekaar verby geskuur het, dat jy begin besef dat daar tog ruimte is vir nice to haves. Jy besef jy gaan hierdie pad nie weer loop of ry nie, en as motorfietse jou ding is, kan jy maar net sowel die laaste entjie in die saal van n bike deurbring. En as die gedonder van die uitlaatpype, en die geur van die veld, en die blou lug bo, en die skrikwekkende klomp krag wat jy kan loslaat met die draai van jou gewrig jou in n ander dimensie as die van die sterflike aarde plaas, dan is dit jou klein protes teen die kortstondigheid, en die onvermydelike en finale ontbinding van alles: Die Groot Niks.
:thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Pragtige, roerende opsomming in suiwer Taal.
Shoe, dit was nou bevange. Se vir jou Pa hy kan gerus 'n boek skryf of kontak Woema om dit in hulle tydskrif te publiseer. Dit is regtig 'n talent wat ek wens ek kon gehad het. :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:Knoppebandeman said:Dis my pa se storie en skrywe. Ek is maar net die boodskapper. Julle waardeering sal hom aanspoor vir n nog n versie of 2.
TCS said:Ek sal jou pa graag wil ontmoet .... hy klink na n baie interesante mens...... Hy skryf ongelooflik goed en dit lees so lekker.... ek nou skoon lus vir ry............ :thumleft:
Jacko said:Knoppebandeman, ek het jou al laat weet: Dis 'n bleddie goeie storie. Lank, maar lekker! :thumleft:
Het jy al iets gekry om die Giant Loop mee rond te ry? :biggrin:
Diesel & Dust said:Ek lees lekker in MY TAAL :thumleft: