'n Verrassing wag op Conway

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lem said:
Thanks vir die deel, Dorsland. Hierdie spontane trippies is die beste.

SSS...shit, shave & shower? :imaposer:

Netso ;) Tensy jy natuurlik 'n ou Datsun Triple S aanhanger is (of seker was) :lol8:
 
woody1 said:
Ek wens ek het jou werk gehad... sommer skoon jaloers.  Dankie vir die deel.

Ons rus ook oor naweke soos ander ouens  :imaposer: :pot:  Julle Eskom ouens rus kort kort, dan het ons nie krag nie  >:D :lol8:
 
Dankie ouens, Thank you guys , Ke a leboga, rra, ngiyabonga baba  :biggrin:  Bly julle geniet dit


Andre E said:
Lekker trippie. Ek stop nou self van Somerset Oos se kant af, man was dit warm daar vandag.

Toe ek so 07h00 bo op die Sneeuberg kom was dit 15ºC, toe ek terug is op die plaas hier rondom 13h00 toe is dit 32ºC.  Die weer is waaragtig deurmekaar.  Waar ek gery het lyk my hulle het lekker reën gehad,  hier by my brand die veld al wit  :-[


ChrisL - DUSTRIDERS said:
Wragtag n lekker trippie. :thumleft:

Jy kan nie so n helse bord kos opsit sonder n ouderdoms beperking waarskuwing nie :eek7: :deal:

OK, net vir jou Chris:  Warning! May be detrimental to your waistline. Cattle and pigs were slaughtered in the making of this meal, parental guidance advised

>:D :imaposer:

 
Dorsland said:
Lem said:
Thanks vir die deel, Dorsland. Hierdie spontane trippies is die beste.

SSS...shit, shave & shampoo?  :imaposer:

Amper netso ;)   Tensy jy natuurlik 'n ou Datsun Triple S aanhanger is (of seker was)  :lol8:

maar natuurlik  :biggrin: as jy in Bellville grootgeword het is jy vandag n Datsun fan.
 
Hijack On

Louis - happy birthday ouboet

Hijack off

sorry Dorsland..
 
Het iemand die plekkie se GPS coords? Sal like om dit te gaan bekyk. Is daar  n petrolpomp?
 
Ratt said:
Het iemand die plekkie se GPS coords? Sal like om dit te gaan bekyk. Is daar  n petrolpomp?

Hier is hy Ratt: S31.73414 E25.30422

Skoon, netjies, nuut, swemplekkie, mooi, lekker kos, goedkoop en in die middel van honderde kilometers se puik grondpaaie
 
Nice RR thanks for the ride  :ricky:
 
Ai, ek het so lief geword vir daardie omgewing in die twee jaar wat ek daar geboer het. Heellaas, dis toe nie beskore nie.
Gaan kyk ook na die Rosmead Hotel op Rosmead stasie wanneer jy Steynsburg se rigting ry vanaf Middelburg.
Ook splinternuut gerestoereer en mooi gemaak. Heerlike Sondag buffet ook. Oom John Moore van Sherbourne Gastehuis se dogter besit dit nou. Hense groot swembad en tuine.
 
Jammer maar ek sien die nou eers.

Wat 'n lekker trippie in n deel vd land wat ek soos die palm van my hand ken  ;D ;D  Skoon jaloers dat ek nie saam is nie.

Toe ek nog destyds die Vis Marathon geroei het, moes jy jou lyn mooi kies om onderdeur die brug te gaan (Soutpansdrif).  Sal bietjie kyk of ek kiekies het waar ons onderdeur die brug geroei het, en as jy nie omgee nie, dan sal ek dit graag wil post.

As jy oor die bruggie gegaan het waaroor die water loop, dan het jy by die Collett's uitgekom - kan nou nie die naam onthou nie, maar baie gawe mense.

Grasrugdam - Met my eerste "Vis" spring ek in die laaste batch weg.  Roei dat dit klap en toe ek by die oorkanste wal uitklim toe sien ek ek is HEEL LAASTE en almal is al weg by die anderkanste wal :lol8: :lol8:

Moet se - komende van Cradock - rapids die kon ons ry, maar nie plat water nie!!  Na die eerste groot rapid toe is ek weer in die bondel want die Vaalies swem in die rapids  :deal:  :imaposer:

Nogmaals dankie dat jy Cradock in my huis ingebring het - waardeer dit  :deal:
 
Nee gooi daai kiekies JMOL, ek wil sien hoe roei 'n Cradocker.  Praat jy van daai bruggie met die wilgerboom?  Goeie hel maar dis laag om onderdeur te roei  :eek7:
 
swakop_toe said:
Ai, ek het so lief geword vir daardie omgewing in die twee jaar wat ek daar geboer het. Heellaas, dis toe nie beskore nie.
Gaan kyk ook na die Rosmead Hotel op Rosmead stasie wanneer jy Steynsburg se rigting ry vanaf Middelburg.
Ook splinternuut gerestoereer en mooi gemaak. Heerlike Sondag buffet ook. Oom John Moore van Sherbourne Gastehuis se dogter besit dit nou. Hense groot swembad en tuine.

Klein wêreld.  Daai einste John Moore daag eendag met 'n paar van sy pelle op dual sport fietse hier by my op, sommer so onbekende paaie vir die dag gaan verken.  Dis 'n paar ou toppies en hulle gesels en kuier en drink koffie.  En ons ken mekaar skaars.  Baie lekekr gewees.  Interessante storie oor sy plaas daar naby Carlton Heights, sal jou eendag vertel
 
Nee - ons is onderdeur die brug - SOUTPANSBRUG
 

Attachments

  • P1040039_zps6c7f9ba9[1].jpg
    P1040039_zps6c7f9ba9[1].jpg
    107 KB
Hierdie bruggie gaan na die Collets toe as my grysstof my nie in die steek laat nie.

 

Attachments

  • P1040040_zps30ed53c5[1].jpg
    P1040040_zps30ed53c5[1].jpg
    167.3 KB
En het nou gesoek vir een spesifieke kiekie wat ek het.  Moes toe maar die 2de beste scan  :biggrin:

Die kiekie is net nadat jy onderdeur die brug gegaan het, dan moet jou lyn rges wees om die klip aan die onderkant te mis  :deal:

Ai - hoe mis ek daardie dae..... maar bike ry is lekkerder.  :biggrin:
 

Attachments

  • ScanImage01.jpg
    ScanImage01.jpg
    268.3 KB
Hel man dit lyk lekker, jy's 'n regte otter.  :biggrin:  Wanneer het jy opgehou roei?
 
Top