Namatrap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dit is 'n lekker RR met baie mooi foto's :thumleft: en dit in so mooi deel van SA.
Niks soos 'n lekker trip saam met goeie vriende nie
Ek ry lekker saam, dankie vir die deel. Sien uit na die res :)
 




Pas uit het Panda en Boesman die pap aangemaak en ek het self maar Saagie se oor gedraai. Kanarie het 'n rustiger aanslag op die berg gehad met Geel Kameel. Aan die anderkant van die pas het ek vir Kanarie gewag en vandaar het ons saam gery tot in Clanwilliam waar ons almal volgemaak het.
Van hier was die roete dam langs tot by Cederberg/Algeria kruis, dan oor Niewoudtspas na Jamaka en dan deur die Cederberge na Cederberg Oasis. Soos mens langs die dam af ry vurk die pad op 'n kol. Hier kan jy besluit om teen die dam en rivier langs te gaan regs, of 'n korter pad binnelands wat jou verby Jamaka vat. Ons het die korter roete gevat en Niewoudtspas uitgesny. Hierdie blyk later 'n wyse besluit te wees. Ons almal het al effens lam begin raak aangesien dit 'n redelike lang dag in die saal was tot dusver.
Anderkant Jamaka en Cederberg se kantoor het die pad begin versleg. Ons is deur 'n pas wat regtig asemrowend is. Dele van die pas is met plaveisel uitgele en ek glo dat mens in die winter so ver as moontlik probeer wegbly uit die pas uit.



Anderkant die pas het die pad aansienlik versleg. Ons het al hoe meer versigtig begin ry aangesien daar redelike groot klippe op die pad was en hy ERG los was. Met sulke swaar gelaaide fietse het ons dit maar rustig gevat.
Op hierdie stuk pad moes Saagie erens bietjie op 'n diëet gegaan het en het sy nommerplaat afgegooi. My GPS logger het ook sy alie gesien waaroor ek baie spyt was aangesien ek nie die res van die roete kon log nie. Ek moet se teen hierdie tyd was ons almal se gatte redelik lam en ek het al 'n enkel Kaptein en Coke geproe!!
Ek sal graag wil weet wie van die groep was die blyste oor die bord wat se: Cederberg Oasis 2.5km??? Ons het die laaste stukkie na die Oasis gesak en met die afklim slag kom 'n man aangestap en stel hom voor as Gerrit. Hy het so vining ons name gevra en toe sommer gesê ons moet saamstap sodat hy vir ons kan verduidelik hoe dinge werk. Ons kamers is vir ons aangewys en ons het vandaar direk deurgestap na die kroeg-area.
Hier is ons vinnig verduidelik dat dit 'n honesty bar is. Ons het 'n file gekry waarin ons, ons drank etc moes neerskryf. EK WAS STOMGESLAAN!!! Wanneer laas het ek so iets teëgekom? Ek glo met die wonderlike mense wat Gerrit en Chantel is, en die tipe mense wat hulle trek het hulle nog nooit 'n problem opgetel met hulle sisteem nie.
Gerrit het gese ete sal effens vroeer wees aangesien dit 'n Sondag was. Ons het lekker gaan ontspan en het daardie Kaptein en Coke nie lekker gesmaak nie!!! Ons bestellings is geneem en Chantel het begin gaarmaak. Ons 5-manskap het ribs bestel. Nou kyk, as jy nog nie ribs by Cederberg Oasis geeet het nie, het jy nog nerens ribs geëet nie. Ek is glad nie 'n groot voorstander van ribs eet nie. Morsige besigheid, maar tussen ons 5 het ons die term blinkbek nuwe betekenis gegee. Jy weet 'n rib is lekker as jy die been oplig uit die vleis en sommer met min tot geen moeite uit die vleis trek. Die rib was so groot hy het die hele bord volgelê. Die skyfies bring hulle in 'n kleinbordjie!!















Panda het die vorige dag die moerbeie raakgesien. Nou ek het as kind laas moerbeie geëet. Wat beteken ek het die volgende oggend bietjie gaan weglê aand ie boom se moerbeie. Te lekker.
Ek het vroeg rondgeloop en fotos geneem aangesien mens die mooiste fotos neem as die dag breek. Die res van die span het later ontwaak. Chantel het toe vir ons 'n bitter lekker ontbyt gemaak. Ons het stadig opgepak en gou ons rekening gaan vereffen. Nou vir my en Chantelle(Boeremeisie) se verblyf en ontbyt, 2 x rib en chips, 'n single Kaptein en Coke, Single Spice Gold en Coke, Hunters Dry vir R775!!!! WHAT A BARGAIN!







 
Ons het totsiens gesê en ek en die manne gaan defnitief terug soontoe. Met die wegry het Boeremeisie gesê: "Wanneer julle weer die kan toe kom, ry ek saam."
Die pad na/van Cederberg Oasis is asemrowend. Ek het erens op 'n kol gestop en vir Boeremeisie gesê-vra: "As ek vir jou gesê dit lyk so? Sou jy my geglo het??" Haar antwoord was nee. Hulle sê: A picture is worth a thousand words. Matewis sê: "Experiencing it yourself, it worth a thousand pictures."
Ek moet sê dat as iemand hierdie pad van Cederberg Oasis  af, in die rigting van Op-die-berg die eerste keer ry, hulle dit baie stadig moet vat. Daar is 2 draaitjies wat my amper uitgevang het. Ek het op die rand van die pad gaan draai op die een draai en Kanarie is ook uitgevang met dieselfde draai.
Net voor Mount Ceder het ek gestop en 'n hele rukkie gewag sodat almal in die groep weer opvang. Toe die gewag te lank raak na my sin wou ek net omdraai toe die manne om die draai kom. Oor die laagwater brug anderkant Mount Ceder het ons gestop.





















Die slotsom: Panda het geval!!!

Die een draai het hom ook uitgevang en sy voorwiel het padgegee. Gelukkig het dit op baie lae spoed gebeur en die ego was meer broos as sy lyf en fiets. Ons het gou die skade bekyk en tools uitgehaal en die flikkerlig reggebuig. Panda het ons verseker hy is ok en van daar het ons baie rustig gery tot by die Kagga Kamma kruispad. Hier het ons gestop en eers weer rustig na Panda se fiets gekyk.











Het vinnig 'n verstelling aan die crashbars gemaak en 'n foto of 2 geneem.

Van hier het die manne laat waai. Teerpad en ons het lekker in gelid gery in die rigting van Ceres. Bo-op Gydo pas het ons eers gestop vir 'n paar fotos.





Ons volgende stop was Ceres. Hier het ons volgemaak en vandaar gery tot by Slanghoek se afdraai. Panda se roete het deur Worcester geloop en ek, Boeremeisie, Boesman en Kanarie sou Du Toitskloof oor huis toe. Ons het gegroet en Kanarie het voorgevat en sommer laat waai. 

Bo-op Du Toitskloof het ons vir oulaas gestop en paar fotos geneem. Gegroet en toe het elke man sy eie rigting ingeslaan. So 10km voor die huis het dit begin reën en om als te kroon was daar 'n ongeluk op die N1 by Brighton Road. Maar wie worry, ons ry 'n DS(Dual Sport). Ek het sommer kortpad deur die middelman gekies en ons het deur Kraaifontein huis toe gery.

Arme Boesman het bietjie meer as 'n week na sy val eers vir x-strale gegaan en ons wag nog op die uitslae. Hoop nie dis te ernstig nie.

Bietjie tegniese detail:
Afstand afgelê: 1106km
Randwaarde van Petrol ingegooi: R719.31
Liters ingegooi: 53.36liter
Gemiddelde Petrolverbruik: 20.72km/l

Iets wat my weer opgeval het is die gasvryheid van die mense by wie ons oorgebly het, asook die gesindheid waarmee hierdie groep mense dinge aanpak. Was soos altyd 'n voorreg om saam met hulle die mooi van ons land te kon deel.

Grootste dank kom die Vader toe wat almal weer veilig tuis gebring het sonder enige groot beserings.

Beplanning begin nou aan die volgende groot trip. BAVIAANS!!!
 
Baie nice ride report. Lekker uitengesit en lekker gelees. ons was self verlede jaar die tyd daar deur en mis daai lekker tyd sommer nou! Dankie dat jy die moeite gedoen het om dit te deel met ons
 
Top