Ons trippie het Woensdag begin met die 5 manne van Pretoria wat so 16:00 in Upington gearriveer het. Adrian, Jaco, Rickus J, Anthony, Henry en myself het die aand @ Oranjerus geeet waar hulle almal ook gekamp het. Heelwat honde het @ Oranjerus oorgslaap.
Die volgende oggend vroeg was ons in die pad.
URL=https://imageshack.us/photo/my-images/585/13102011065a.jpg/]
[/URL]
Ons eerste stop was die waterwiel in Keimoes en toe is ons weer in die saal oppad Pofadder toe.
URL=https://imageshack.us/photo/my-images/12/13102011067a.jpg/]
[/URL]
Aangekom @ Klein Pella het ons gebruik gemaak van die swembad en natuurlik ys koue bier...baie van hulle!!! Heelwat honed het die nag hier oorgeslaap en die braaivleisvure het hoog gebrand!!!
Die volgende oggend was ons weer vroeg in die saal.
My wapen van keuse : n oorlaaide block of flats...
URL=https://imageshack.us/photo/my-images/687/14102011092a.jpg/]
[/URL]
Oppad Goodhouse toe het ek so end saam met Lonerider gery en onder @ Goodhouse het ek met die gewoonte misdadigers van die vorige aand herontmoet.
URL=https://imageshack.us/photo/my-images/225/14102011094a.jpg/]
[/URL]
Van hier is ek, Hans Boorman en Blinkes via Henkries na die Bash...by verre die kakste grondpad in die Noord Kaap...
Die campsite @ Bushwacked was `n welkome gesig en ons het lang, yskoue biere gedrink...van vroeg tot laat!!
Met ons geloop tussen die bar en die Bo Dorp “tel” van ons medekampers hierdie t-shirt op...the rest is history...
Die skaapkopeters!
Die laaste foto van die nweek was die 1 van Weskus en Ouma...duurbare Tannetjie met sommer nog baie huppel in haar stap...
Ek het my kamera gaan bêre en my maar toe aan die ruimhartigheid van die barmanne en my goeie vriende oorgegee.
Baie dankie aan al die organiseerders, borge en my vriende wat die naweek so kort laat voel het. Ek doen dit enige dag weer saam met julle!!