Newbie uit die Noorde

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Panne

Race Dog
Joined
Oct 5, 2007
Messages
2,102
Reaction score
0
Location
Polokwane
Bike
KTM 1090 Adventure R
Dagse almal

Na 'n maand of twee se rondsluip in die skaduwees, het die uwe besluit om by die forum aan te sluit.

Kon uiteindelik na 8 lange jare weer 'n paar wiele aanskaf (KTM 640 Adv). Vorige fiets was 'n XR200 en die een voor dit, 'n KX125. Bly in Polokwane (Pietersburg) en hier is myle se grondpaaie wat verken moet word. Plekke soos Magoebaskloof, Haenertsburg en die Soutpansberge is almal om die draai. Sodra ek weer 'n kamera het (vorige een verlore a.g.v "affirmative shopping") gaan ek dit behoorlik begin dokumenteer.
 

Attachments

  • ktm_rr.jpg
    ktm_rr.jpg
    113.8 KB · Views: 114
Top