Karoo Rider
Race Dog
- Joined
- Sep 1, 2012
- Messages
- 1,960
- Reaction score
- 1,177
- Location
- Ladismith WC
- Bike
- Honda CRF-1100L Africa Twin
Ek word wakker. Koffie. Kruip weer in. Later lees ek in die tydskrif. Hoekom kom ek nie aan die gang vanoggend nie. Vandag is dit huis toe, als is nou verby. Dis steeds mistig buite maar die warm stort kry my aan die woel. Ou Bloutoon brul vir oulaas aan die gang - hy ruik nou stal dink ek. Ek is aanvanklik bekommerd oor die pas hier uit na die reën, maar kort voor lank is ons bo uit en vat die teerpad. Reën en nogmaals reën. Ek is dankbaar vir my onlangse ryklere wat ek gekry het en die Goretex voering doen 'n puik werk om my heelpad droog en warm te hou. By Robertson stop ek vir brandstof en gou iets te ete. Een van die petroljoggies kom nader. "Wil Meneer nie eerder daar onder die afdak parkeer met Meneer se mouterbike nie?" Dankie my maat, ek dink dis te laat vir dit. Ek is heel tevrede om so nat te reën. Dis my voorreg.
Fluit-fluit, my storie is uit.
Fluit-fluit, my storie is uit.