Emmertoer lys

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Rikus en Eben oppad af

Met die laat vertrek is tyd nie aan ons kant nie, en ons maak dit net tot op die laer kop se punt. Hier is die uitsig nog beter, en ons raak stil vir n oomblik en verdwyn in ons eie gedagtes. Ons neem n paar foto's en begin dan die terugtog af na die pad. Dit was n fantasmagoriese stukkie ry, en volgende keer gaan ons tot bo.  Ons verby n afdraai na regs wat mens sal vat na Harry smit, Die lyk ook soos n baie interresante paaitjie. Ons begin Mhlwane pas. Ons kruis oor van die vrystaat na kzn, Ons ry verby die afdraai na "ingula pumped storage" eenheid, wat self na n baie interresante paaitjie lyk, en begin weer daal tot in die vallei in waar ons deur, wat seker kan gradeer as n vleiland,  tot waar ons afdraai, Normandien se kant toe, net voor Slangdraai dam, verby Lusitania laerskool.

Hier kry ons bietjie verkeer in die pad, maar die verkeers beamtes op hulle perde, sonder saals nogal, doen goeie werk om die stadiger verkeer aan die kant , of sommer van die pad af te hou.

Kinder herders, wat die beeste aan lei na wie weet waar. Die pad verander skielik in styl op en af bergpas pad, met uitstekende uitsigte oor valeie. Ons kruis die Sondags  revier en "Jim S Hole" reviere. Gepas is sy naam Sondagsrevier pas.

Hier en daar kan n mens ook sien aan die reling op die kant van die pad, daar het mense hier vir by gekom wat of gedink het hulle kan bestuur, maar kan nie eintlik nie, of hulle het saam met een of ander kaptein gery. Dink sy naam is Morgan, of sy neef Richelieu. Hulle het nogal die gewoonte om mense om die bos te ly
 

Attachments

  • col 46a.jpg
    col 46a.jpg
    96.7 KB
  • col 46b.jpg
    col 46b.jpg
    130.2 KB
  • col 46c.jpg
    col 46c.jpg
    151.7 KB
  • col 46d.jpg
    col 46d.jpg
    152.6 KB
  • col 46e.jpg
    col 46e.jpg
    133.1 KB
  • col 47.jpg
    col 47.jpg
    237.1 KB
  • col 48.jpg
    col 48.jpg
    58.6 KB
  • col 49.jpg
    col 49.jpg
    54.1 KB
  • col 50.jpg
    col 50.jpg
    246.2 KB
  • col 51.jpg
    col 51.jpg
    174.4 KB
Weereens sê die foto's besonders baie  :thumleft: :thumleft: :thumleft: Ek het op kaarte gaan kyk waar julle gery het. Ek ken daardie omgewing baie swak. Ja, ek het al die hoofpaaie daar gery en was al deur heelwat van daai dorp(ies), maar nog nooit die omgewing beleef of verken soos julle nie. Regtig 'n belewenis.
 
Lieflike toer Mnr Miller! Dis nou die tipe van avontuurrit wat ek ook van hou. Afgeleë plekke en mooi uitsigte wat mens rustig kan ry. Dankie vir die mooi fotos en al die inligting.  Soos Eberhard, het ek self al stukke van jul roete gery, maar lyk my daar is nog baie om te verken.  :)  Ons (my vrou as passasier) het Collins Pas opgery, en ek sal altyd onthou dat ek baie gestop het, oënskynlik vir die uitsigte, maar eintlik meer om myself te laat ontspan met 'n vinnige slukkie uit die heupflessie, want om 'n volgelaaide 1200 met pillion oor daai kilometers van albasters te ry was nie speletjies nie (vir my in elk geval).
 
Sal leer om kaart/roete te post en hier posit. Dankie vir die terugvoer
 
Dit was voorwaar n grondpad hoofweg, met die styl afdraandes en op draandes, en blinde draaie, wat die motorfietse lekker laat werk. Ek is verbaas oor die goeie toestand van die pad, as mens in ag neem die styltes en ek is verbaas dat daar nie meer erosie is as gevolg van die reën wat geval het nie. Ons merk n duidelike 2 spoor paaietjie deur n oop hek wat gaan tot bo op die berg. Ons moes hom seker aangevat het, maar ons hou verby, met die, ons laat vertrek tyd in aggeneem, vat ons die laaste afdraande in stilte. Ons het bo gestop, en soos voorheen  stoot ons die fietse net vorentoe en rol die afdraande af. Dit is n lekker gevoel, met net die wind deur die kopdop, en die wiele wat sing op die mooi gruis pad.

Onder stop ons weer vir n kou breuk, want die toere teller kabel op Rikus se fiets het weer afgekom. Nog so n ent aan dan kry ons die afdraai, links wat ons na Normandien pas sal vat.  Dit is oop vlakte wereld hier, met die berge wat in n halfmaan om n mens troon, en ek is opgewonde oor Normandien, wat voor ons lê.

Op die pad kry ons weer een van die ou staal brue oor die iets Ngangane revier, wat nog steeds sy staal staan teen die elemente. Die foto het ongelukkig die bord naam afgesny. Soveel vir my selfie talent

Ons kom daarna by n T-aansluiting, waar ons regs draai op teen die berg, uit die vallei uit na Normandien pas pad toe. Maar nie die begin van die pas nie. Die is so sirkel roetetjie wat ons van die hoofpaaie af hou. Ons het Normandien ast ware mis gery. Mens lees altyd die mense se stories. Vandag is dit ons beurt om ons eie storie te ervaar, en ek bery myself voor om so veel as moontlik in te neem. Die paadjie lei ons teen die berg uit, en bo kry ons die aansluiting, met die bordjie wat aandui, Normandien pas links 10 km, regs Nuwe kasteel 30 km.

Neem n paar fotos van die lande onder wat soos n lappies kombers op n bed lê, waarop n engel gelê en slaap het en net opgestaan het sonder om sy bed mooi op te maak. In die hemel wereld komkommer hulle seker nie oor sulke eenvoudigegoed nie. Vandaar af is dit weer voorwaards.

Ek sien die pad in die verte op kronkel teen die berg, em wys die ander twee, dit is waar ons gaan ry. Ek het ook aangeneem dit is darm net om daai draai dan is ons bo. Dit sal toe eintlik omtrent die kwart merk wees. Die uitsig daar is asemrowend, maar  die pad word slegter. Jy wil kyk, en inneem maar jy moet konsetreer op die pad, wat n paar slegte eerosie stroke in het, en wat gryp gryp na jou voorwiel. Rikus vat lank om om die een draai te voorskyn te kom. ek stop, en hoor sy fiets nog, so hy beweeg. Seker die voordeel van die uitlaat wat raas. Mens hoor hom vêr. Dit is hoog hier af, en as mense nie heeltemal by jou sinne is vir verskillende redes gaan jy die slegste daarvan afkom

Ek kry solank die tablet reg vir aksie, dan kom die lig te voorskyn.

Eben wys tevredenheid met boeta se ry vernuf. Bo waar ons stop, lig hy my in, hy het in een van die erosies se grepe vasgeval.

So n stukkie agteruit gegaan, en toe weer op n ander lyn aangegaan. My hart klop groot stukke biltong van trots.
 

Attachments

  • col 52.jpg
    col 52.jpg
    91.1 KB
  • col 53.jpg
    col 53.jpg
    74 KB
  • col 54.jpg
    col 54.jpg
    74.3 KB
  • col 55.jpg
    col 55.jpg
    236.3 KB
  • col 56.jpg
    col 56.jpg
    68.3 KB
  • col 57.jpg
    col 57.jpg
    68.8 KB
  • col 58.jpg
    col 58.jpg
    125.9 KB
  • col 59.jpg
    col 59.jpg
    120.2 KB
  • col 60.jpg
    col 60.jpg
    102.9 KB
Vandaar het die sement paaitjies ook af en toe te voorskyn gekom.

Dit is n asemrowende uitsig, en ek weet in my binneste, hierheen moet ek vir Monica bring. Om elke draai, dink mens, reg daai moet bo wees, maar dit is nie.

Ons neem ongelukkig nie so baie fotos as wat ons wou nie, anders sal dit my n hele dag vat om daar op te ry. Ons kry darm n paar. Die foto van Rikus lyk of ons in n fliegtuig is, behalwe vir die een of twee grassies hier onder die foto.

Ons kry self mense wat hier nie vêr onder ons, besig met n tipe konstruksie. En ons moet elke dag tussen n klomp mure werk. Dink net as die ou iets onder vergeet het. Al die pad weer af ry

Dan is daar ook die perde wat mens sien, wat hoog teen die hange wy, en mens wonder. Proe die gras regtig beter hier bo as daar onder in die vallei, of is dit maar net stoutigheid omdat hulle nou nie eintlik lus is om gery te word vandag nie.

Ek kan nie help om te wonder of daai kop in die agtergrond van die vorige foto die kop is wat ons agter gelaat het nadat ons by kamp skeuklip weg is  deur collins pas. Ek weet daar was n uitkyk punt op daai kop. Uiteindelik bereik mens bo. Ons stop eers vir die gebruiklike foto by die bord.

en gaan dan aan tot by die ark uitkyk punt.

Op n goeie dag glo ek n mens kan tot oneindigheid sien. Ons sien onder op die vlakte twee koppies wat lyk soos daai spring stilasies wat die waaghals motorfiets ryers gebruik vir hulle toertjies.

 

Attachments

  • col 61.jpg
    col 61.jpg
    72.1 KB
  • col 62.jpg
    col 62.jpg
    221.6 KB
  • col 63.jpg
    col 63.jpg
    201.2 KB
  • col 64.jpg
    col 64.jpg
    200.6 KB
  • col 65.jpg
    col 65.jpg
    235.4 KB
  • col 38.jpg
    col 38.jpg
    237.9 KB
  • col 67.jpg
    col 67.jpg
    131 KB
  • col 68.jpg
    col 68.jpg
    237.8 KB
  • col 69.jpg
    col 69.jpg
    58.9 KB
  • col 70.jpg
    col 70.jpg
    68.1 KB
Ons sien ook n gedenk plaat daar wat hulde bring aan .........
Pyltjie wys posisie van plaat

Nie seker wat presies met die persoon gebeur het nie, en dit blyk nie ek of Rikus het die plaat afgeneem nie.

Ek het gedink hy gaan hom afneem en hy het gedink ek gaan hom afneem. Sal weer moet terug gaan. Goeie verskoning, nie dat ek een nodig het nie, om vroulief soontoe te vat. Mens weet nooit wat alles daar kan gebeur nie
Van daar af is dit redelik plat bo, tot ons by die T-aansluiting kom, waar ons regs draai. Nog so stukkie op die kruin van die berg ry, dan sak ons weer af met grootpoort pas in die vallei in, waar mens klein voel teen die berge wat jou omsingel. Ons ry al met die Klip revier saam, en kruis hom eenmaal. Ek is spyt ons het nie meer kanse geneem om al die water kruisings af te neem nie.

Van hulle was baie besonders. Die een net na die een dink ek die water het redelik naby aan die lug suiweraars eenheid gekom, was dit nie vir die Voet van die golf wat laer getrek het as gevolg van my egalige momentum deur die water. N ruk later kom ons by n T-aansluiting wat aandui Mullers pas regs 9km en Memel links 19 km.
Ek het ook al baie gehoor van die Memel pad, en gaan definitief een of ander tyd terug kom, om hom persoonlik te leer ken.

So die Millers gaan Mullers pas ry. Mullers pas is mooi, en daar is mooi uitsigte.  Ons begin volgens basiskamp kaarte met Beste hoogte pas, waarna mens dan afsak in die vallei in en Mullers pas begin dan eintlik eers. As die regering maar die bordjies opdateer soos hulle die naams verandering bordjies opdatteer sal dit ook help. Die pad is ook baie mooi. Maar hy het nie die asem wegslaan krag van Normandien en grootpoort passe nie. Ons ry verby n nedersetting of twee, waar dit lyk of daar met vee besigheid gedoen word.
 

Attachments

  • col 71.jpg
    col 71.jpg
    76 KB
  • col 72.jpg
    col 72.jpg
    73.8 KB
  • col 73.jpg
    col 73.jpg
    73.4 KB
  • col 74.jpg
    col 74.jpg
    19.3 KB
  • col 75.jpg
    col 75.jpg
    207.8 KB
  • col 76.jpg
    col 76.jpg
    228.2 KB
  • col 77.jpg
    col 77.jpg
    214.6 KB
  • col 78.jpg
    col 78.jpg
    248.8 KB
  • col 79.jpg
    col 79.jpg
    68.6 KB
  • col 80.jpg
    col 80.jpg
    63.6 KB
Ons kry weereens n staal brug oor die incandu revier, waar n bok span ons inwag.

Rikus gaan hurk op die brug om die revier te fynkamp vir moontlike vis, toe die een rammetjie hom soos n wafferse ingelsman hier van die eenkant af bekruip om hom storm te loop. Gelukkig het boeta sy planne ontrafel voor mr tot aksie kon oorgaan en vir Rikus gewaarsku. Rikus skrik hom boeglam en dam die bok amper met die vuis by. Maar weereens soos n wafferse ingelsman blaas hy die aftog toe hy eintlik sien wat hy mee te doen het. Laat mens terug dink aan die wêreld beker 2019. Ons neem die foto, toe voel ons weer die wind op ons lywe. Ons bereik die Normandien teerpad P39-1, en hou links, tot by ncandu falle afdraai, weer links. N lekker pad, maar baie klipperig aan die begin, deur plantasies, dan in die berge in, tussen die klowe deur. Daar is n paar draaie wat mense bietjie onkant vang, as gevolg van die bult form van die pad, en die feit dat mens nie anders kan as om te wil rond kyk nie. Die een spesifieke een het ek net net gemaak, en toe ek in my spieël kyk sien ek Rikus is ook wyt, met die voet uit en die agter wiel wat effe buite die lyn van die voorwiel loop, soos hy Soos n waffers dakar ryer sywaarts deur die draai is, met sy boetie agter op. Toe ons stop waar die pad teer word by die "vulintaba country estates" afdraai, het Rikus so groot beverdigende glimlag op sy gesig. Toe blabber Eben die rede vir die glimlag uit, dat hy en sy boetie sywaarts deur die draai is, met al die nodige hogere woorde en al. Baie trots op hulle self, so is ek ook. Van daar af klap ons teer deur die klowe met sulke lekker lang slap draaie, op en af. N padfiets ryer se droom, omdat n mens omtrent altyd kan sien wat van voor af aankom.
So gehunitiseert is ons in die omgewing en die gemaklike ry, teen die geweldige spoed van 100 km/p, wat mens darm lekker toelaat om so bietjie in die draaie te lê en maak of jy n renjaer van formaat is, dat ons amper ons volgende afdraai misry. D459 links. Die keer is die eerste stukkie van die pad mooi, en net toe ons wil rustig raak besluit die pad, hy gaan ons laat werk. N twee spoor pad, eintlik n drie spoor, nee wag toe word dit n vee spoor pad, met lekker diep erosie gate, en hier en daar iets wat lyk soos n ystervark, jaakels gat, in die gras weggesteek. Die eerste bruggie wat ons kry is halfpad weggespoel, maar ons kom deur sonder probleme, maar met mooi ry. Ons ry aan en kry die volgende revier kruising, met geen bruggie nie, n klompklippe in die water, en n modder muurtjie, wat al sat getrap is deur die beeste aan die anderkant.

Eben en Rikus besluit saam, dit is beter as hy deurloop. Ek ry deur, en met getrap en gespartel en n bietjie momentum bygesit, is ek anderkant uit. ek verloor dit amper teen n sy wal aan die anderkant , maar kry hom gehou. Rikus wie se agter band al beter dae gesien het, veroorsaak dat hy nie genoeg momentum vir die muurtjie nie, en moet eers weer so n entjie terug. Toe is dit net water en modder, gemeng met bietjie beesmis hoendermis en klippe, soos daai agterwiel soek vir vastrap plek, wat hy toe ook kry, en met so lekker bokspring, toe is Rikus uit. Ek het gevoel hy is net lus vir modder opskop
Na die sessie vat ons eers n ruskans, waar water en n eetdingetjie genuttig word, voor ons weer opsaal.

Die res van die pad is steeds net vee spoor, met die hier en daar gate in die gras wat ywerig hindernis lê, vir daai oomblik wat mense in sy okval in ry. Soos n wafferse valdeur spinnekop, lê hulle gekamofleer in die gras. Maar ons is deur sonder voorval, of sal mense sê lokval. Uiteindelik draai ons regs teen n draad af en ons is weer op n redelike twee spoor. Voor is daar weer n water kruising, en die selfde senario speel hom af. Ek gaan deur, en Rikus gaan weer vas steek. Eben is blitsig by om te help stoot, maar maak die fout om die fiets van agter af te stoot. Hy word vol modder /beespoef/ hoenderpoef / gras gegooi. Selfs in sy tande.

Maar Rikus is deur. Eben het nie baie lekker geruik na die afvêre nie, maar hy het darm agter boeta gesit, wat agter my gery het. N ent verder kry ons n links draai op n mooi grond pad, visierkerfnek pas,wat ons na die R34 vat, Brinks hoogte pas. Net voor Bothas pas, daar stop ons toe eers vir n lekker koue een, (coke) en droë vleis, by die “Farm stall”,




En Eben kry kans om meeste van die modder at nou al mooi droog geword het af te skud..

Daarna word eers by die bordtjie gestop vir die nodige foto. 
 

Attachments

  • col 81.jpg
    col 81.jpg
    74 KB
  • col 82.jpg
    col 82.jpg
    68.1 KB
  • col 83.jpg
    col 83.jpg
    72 KB
  • col 84.jpg
    col 84.jpg
    79.6 KB
  • col 85.jpg
    col 85.jpg
    246.1 KB
  • col 86.jpg
    col 86.jpg
    244 KB
  • col 87.jpg
    col 87.jpg
    216.6 KB
  • col 88.jpg
    col 88.jpg
    248.7 KB
  • col 89.jpg
    col 89.jpg
    216.4 KB
n Ent aan kry ons die regs afdraai op die distrik pad tussen Charlestown en Memel. Weer eens n baie mooi grondpad, en die pad na ons volgende oornag punt. Majuba, waar die britte n pakslae toegedien is deur die boere. Ons verby die monument, wat al goed verouderd is.

So erg dat mens nie regtig kan lees wat daarop staan nie. Dit is ook snaaks dat die staal omheining nog daar staan. Seker nie staal skroot werwe in die omgewing nie. Maar ek het hierdie informasie op die internet raak gelees, nadat my naskuurigheid die beste van my gekry het.
Die monument merk die punt waar Stephanus Swart vir Fanny Knight en G Roets vermoor het op 6 Mei 1927. Hulle was slagoffers in n 24 uur moord slagting terwyl Swart arresstasie ontduik het en sy vervreemde vrou Annie Swart narstigtelik gesoek het. Dit het ge-eindig met Swart wat selfmoord gepleeg het nadat hy 8 mense gedood het en 3 gewond het. Die volgende staan op die Monument
"Hierdie gedenkteken
is opgerig
ter gedagtenis aan
Fannie Knight
-nee Eksteen-
en
G Roets
wat deur S (Stephanus) Swart geskiet was
op die 6de Mei 1927
terwyl hy van die polisie
ontsnap het
te Potters hill

Daar stap toe so ou madalla verby en ek vra hom in my beste Zulu hoe vêr is Majuba nog. Hy antwoord my toe in sy beste engels, en sê,  Mjuba hotel is net hier bo-op die bult. En hy was toe reg. Maar ons het nie n hotel gesoek nie want ons is maar die kamp tipe Ons ry toe maar tot by Majuba kamp teryn, waar ons voor toe hekke te staan kom.

So vinnige loer deur die hekke sien ek net iets wat lyk soos n effe gevalle hotel, en ek dink by my self. Hulle kan ons seker nie te veel vra om daar te bly nie. Gelukkig is die mense se huis by die hek, en kort voor lank kom n vrou te voorskyn, en vra met so Kaapse aksent of sy kan help. Die was so 17h30. Ons verneem toe of ons hier kan kamp vir die aand. Sy noem toe dat die hekke eintlik 17h00 toemaak. Dalk het sy gesien ons het n lang dag agter die rug gehad en vir Eben jammer gekry, want volgende word daar gesê sy sal vir ons die een hek oopmaak. Ek verneem toe na die koste. R115, kom die bedrag wat op R350 uitwerk vir die drie van ons, en wat ek toe nie as te sleg beskou nie, maar hulle het nie kaart fasaliteite nie, en ek het net R250 by my. Ek vertel haar toe van my penarie, en sy sê toe, ja die geld is genoeg maar sy het nie regtig kleingeld nie. Toe besef ek sy praat van R115 vir al drie van ons in plaas van per persoon, en ek is in ekstase. Tussen Rikus en myself kry ons toe R120, en sê  sy moet nie komkommer oor die kleingeld nie.
Die plek is leeg as ons inry, en ek vind dit snaaks aangesien dit Desember vakansie is. Daar is nie warm water nie, want dit is te laat om die donkie aan te steek. Die water word ook spesiaal vir ons gaan oop draai, aangesien hulle ook die probleem het van pype wat bars as gevolg van hoë water druk. So dit is toe vroeg koue strot. Die badkamers lyk of dit in die proses is om oorgedoen te word. Ek gaan eerste want ek weet daai eerste bietjie water is lekker warm gebak in die pype. Maar dit moes min water gewees het want dit het nie lank gehou nie, maar almal stort, en ons gaan terug kamp toe om voor te bery vir die aand se slaap. Die ete vir die aand, sout beskuitjies, met tuna en kaas driehoekies, wat gesluk word met en lekker koppie boere troos.

Daar word ook foto's geneem van die son's ondergang en die kamp, komplimente van Rikus

Ons kuier nog so n rukkie en bespreek die dag en die dag van more se planne met “charles town se liggies wat flikker daar onder in die vallei, Maar die is in die volgende hoofstuk.
Toe word die dag  varwel gegroep met nog so n lekker sluk sherrie, net om mens lekker te laat slaap.
 

Attachments

  • col 90.jpg
    col 90.jpg
    238.7 KB
  • col 91.jpg
    col 91.jpg
    94 KB
  • col 92.jpg
    col 92.jpg
    234.8 KB
  • col 93.jpg
    col 93.jpg
    198.3 KB
  • col 94.jpg
    col 94.jpg
    241.4 KB
  • col 95.jpg
    col 95.jpg
    228.6 KB
  • col 96.jpg
    col 96.jpg
    220.8 KB
Die volgende dag is dit vroeg op na n lekker nagrus, behalwe vir die wind wat die tente redelik erg rondgeruk het. Ek is weer eerste op met die lig wat vorm op die horison en die voël gesang in die ore.

Ek gaan kook solank water in die abelusie geriewe aangesien die wind nog pla en heeltyd die stofie uitblaas. Die ander twee word uit die tent gelok met die lekker geur van koffie. Daar word ook eers n paar fotos geneem, toe kamp opgeslaan, en gereed gemaak om te ry. Ek sien n tipe toring wat op n heuwel bo, wat veronderstel is om die hotel te wees, en ek dink dit moet seker die majuba monument wees. Ons ry toe eers op soontoe, maar toe ons daar kom is dit die skoorsteen van n afgebrande huis. Rikus en Eben kom ook aangery. Ons draai sommer om. Wou nog n foto geneem het. Ons ry na die hek toe waar die vrou kom oopmaak. Toe vat sy ons eers deur die winkeltjie, en gee vir Eben n keps en ons elkeen kry n ontbyt stafie. Ons gesels n rukkie en toe ry ons. Hulle is besig om die pad reg te maak, tentatief vir die opkomende majuba fees in Februarie.
Dan kom ons onder by die teerpad en begin soek na die ou trein spoor tonnel waaroor mense so praat.

Na so bietjie op en af ry, op Langs nek pas, en rigting vra, toe kry ons hom uiteindelik. Vol opgewondenheid ry ons deur. Ek voor en Rikus volg met Eben wat die hele petalje op sy boetie se foon vaslê.

Rikus se fiets is ook die een wat lekker kan gesels. en hy laat hom bietjie keel skoonmaak in die tonnel. Anderkant uit, ry mens in n tropiese woud in met die groenigheid wat jou letterlik toevou soos n groot kombers. Ons draai om en ry weer terug want die pad wat ons soek is bo-op die tonnel. Ander kant moet ons eers weer deur een van daai tonnels onder deur die treinspoor gaan, maar hy is vol water. Ek wil ratte wissel maar dit wil nie gebeur nie, en ek wonder by myself of is dit die einde van my toer, met die dat die ratkas opgepak het. Ek kyk af en sien dat n klip onder die rathefboom en die raam gaan lêplek soek het.
 

Attachments

  • col 97.jpg
    col 97.jpg
    73.8 KB
  • col 98.jpg
    col 98.jpg
    83.1 KB
  • col 99.jpg
    col 99.jpg
    77 KB
  • col 100.jpg
    col 100.jpg
    48.1 KB
  • col 101.jpg
    col 101.jpg
    24.4 KB
  • col 102.jpg
    col 102.jpg
    42.2 KB
  • col 103.jpg
    col 103.jpg
    55.9 KB
  • col 104.jpg
    col 104.jpg
    74.9 KB
  • col 105.jpg
    col 105.jpg
    84.1 KB
Met n glimlag en n dankie sê skietgebed, haal ek die klip uit, en daar gaan ons weer. Ek beur deur die modderige water wat klaar versteur is deur die ou ford 3l wat net voor ons daar deur is, so niemand weet wat onder aangaan nie. Maar as daai fodde bakkie dit kan maak kan ons ook. Ek kry vir my n lyn en laat spaander. Die fiets bokspring so een of twee keer toe is my voete uit. Saam bokspring trap ons deur, en ek voel hoe die modder my stewels indring deur die gaping voor waar hy die vorige dag oopgeskeur het. Eben loop weer deur, toe kom Rikus. Hy verloor dit amper, maar hy is sterk en trek die klr terug. Toe is dit weer net water en modder en hy hop hop die fiets deur. Anderkant uit laat ons eers meest van die water uit ons stewels. Ons klim weer op die teerpad en bo-op die tonnel is so skelm paaitjie deur die bos na die pad wat ons soek. Ons stop by die hek en gaan deur. Voor is n Y- aansluiting, maar die been wat ons moet vat is gesluit, so ons vat toe maar die ander een wat ly na een van daai ou tipe, maar ongelooflike plaas huise. By die huis self is niemand, maar by die skuur agter kry ons die inwoner. Hy het die sleutels en bied aan om vir ons die hek te gaan oop sluit, met die woorde. Daai pad wat julle wil ry is nie in n goeie toestand nie en die buffels revier is in vloed. weet nie of julle sal deurkom nie. As julle weer hier wil deurkom, bel my dan kom maak ek oop vir julle. Dit is hoekom ons klr's ry  dan nie, dink ek by myself met so halwe grinnik in my agter kop, min weetend wat voorlê. Ons gaan deur die hek en volg die gps deur die plantasie bome, tot hulle skielik verdwyn en n grasvlakte voor jou oop maak.

Die gps wys voorentoe, maar dit lyk dan nou of die wêreld verdwyn daarvoor. Dan net soos mens op die einde kom maak die pad wat nie eintlik daar is nie, so 'u' draai na links. Dit is n uitsig oor die vallei wat mens laat dink. Dit is hoekom die pad gesluit is. As ek in so plek gebly het sou ek ook mense hier wou uithou.

Dan begin ons vinnig sak Eers kleiner los klippe, toe grooter los klippe, toe los rotse,
toe vredwyn die pad onder in n grasveld bedek met doringbome en beespaaitjies en groterige ronde klippe oral. Ek hoor Rikus kom af en probeer hom afneem, maar hy sukkel oor die groot rotse, met sy voete wat hier en daar nie grond raak nie. Eben agter op hou vas vir n vale.

Dit is n kort stukkie, vir die rede het Rikus gedink, dit is nie nodig dat Eben afklim nie.
Toe begin die pad soek en ek ry eers hierheen toe daarheen, oor doring takke, deur doring bome, Rikus stoei, en laat die fiets gaan lê, en Eben spring af. Hulle besluit saam dat Eben eers afbly tot ons die pad gekry het.

Nader hand loop ons toe maar almal en soek pad, maar dit lyk nog slegter verder af. Ons kry n ou sement baan wat seker trollie tipe goed gedra het want daar is plek om spore vas te maak.

Hy is omtrent op 45 grade, en ek grap met die seuns dat ons sommer daar reguit moet afry. Ons water is laag en ons is nie seker oor die brandstof nie aangesien ons laas op Vrede volgemaak het. Met al die gestoeiery met die klr's roep ons eers n vergadering en besluit, gaan ons aan of draai ons terug. Rikus se argument is dat, sou ons ligter fietse gehad het, sou dit nie so erg gewees het nie, maar met die klr gepak, is dit net te erg. Eben stem saam met sy boet, en ek staan dus toe alleen. Die meerderheid se stem word aanvaar en ons draai terug. Toe is dit nou eers weer die fietse deur, oor en om al die doring bome en rotse kry. Rikus gaan eerste en Eben sê hy sal daai rowwe stukkie oploop. Toe is dit my beurt. Twee klippe vang my vas en ek laat die fiets gaan lê. Ek beur eers om die fiets op te tel maar hy is te swaar, Of dis die ouderdom wat net nie meer so lekker wil beur nie, maak nie saak wat se manier ek probeer nie, Of die helling waarteen die fiets lê, of die twee klippe, waartussen hy vasgepen lê. Misien maar n kombinasie van die klomp. Ek maak die pakasie los en woeps waps toe is hy op.
 

Attachments

  • col 106.jpg
    col 106.jpg
    58.1 KB
  • col 107.jpg
    col 107.jpg
    80.2 KB
  • col 108.jpg
    col 108.jpg
    65.8 KB
  • col 109.jpg
    col 109.jpg
    66.8 KB
  • col 110.jpg
    col 110.jpg
    196 KB
  • col 111.jpg
    col 111.jpg
    187.4 KB
  • col 112.jpg
    col 112.jpg
    85.1 KB
  • col 113.jpg
    col 113.jpg
    79.9 KB
  • col 114.jpg
    col 114.jpg
    168.4 KB
  • col 115.jpg
    col 115.jpg
    88.3 KB
Ek gaan hom toe eers deur vir skade en sien  my agterste rempedaal het afgebreek, met die dat hy laer is agv die laer voet penne, en ek verwens myself weer dat ek daai besluit geneem het.

Maar ek laai maar my pakasie weer op en maak vas. Rikus daag op nadat hy afgeloop het om te kom loer wat vat ek so lank, en gee n paar voorstelle oor die klippe oppad uit. Toe is dit ek en daai klippe. Die keer gee ek lekker gas in plaas van om dit versigtig te vat, na aanleiding van goeie raad van iemand. Ek, ons hop so hier en daar oor n klip, en sommer so toe  is ons deur.  Eben is al so drie kwart op en ons almal groepeer bo. Ek wys die ander my skade, en ons besluit toe maar  op teerpad tot op Volksrus, dan Wakkerstroom toe waar ons sal oornag. Ons ry terug tot by die hek, maar die is nou gesluit. Ek stuur Eben en hy loop na die hius toe om te gaan verneem of daar iemand met n sleutel is, en Rikus loop anderkant om , om te sien of daar n ander pad uit is, en bel solank die knaap met die sleutels. Ek sit onder die boom en beskou die gps vir enige ander opsies. Terug by die hek, is die knaap in volks rus en sal oor so 30 min terug wees, daar is niemand by die huis nie, en ons is dors en moeg. Ek sit nog so onder die boom en staar na die hek hopende dat ek hom met een of ander magiese krag kan oopkry, toe die magiese krag skielik in n gedagte by my opkom. Ek kommandeer die ander twee. Alby die hek se skaniere wys boontoe, so ons kan die hek uitlig. Eben bewerk die kettings, om die  so los as moontlik te kry en ek en Rikus lig die hek gelyk, en toe is hy af en oop. Bly oor die petalje stoot ons die fietse deur, en herhaal die proses om die hek terug te sit. Dit gaan nie heeltemal so maklik as die uithaal nie maar met goeie spanwerk ons kry hom weer op sy plek. Ons ry deur tot by die huis en soek water, maar daar is nie. Toe ry ons aan volksrus toe. Ons kry toe die knaap waar hy staan en praat met n klomp vrouens by die eerste hek, en ek dink by myself, hoe lank sou ons nog gesit en wag het. Ek verduidelik vir hom wat ons gedoen het, en sê ons varwelle. Van daar is dit teer tot op volksrus, want ons sisteme was goed gedreineer na die gestoei, en dan ook my brandstof wat leeg was tot net voor reserwe, en met al daai gestoeiery sou ek dit sekerlik nie gemaak het nie. Ek en Rikus maak vol, en Eben gaan kry vir ons elk n lekker roomys en n half lieter ......
Verfris na die die hele petalje ry ons wakker stroom toe. Ek sou later eers sien ons kon met die treinspoor gery het, maar het toe sommer teer langs gery. Dit is lekker ry, behalwe elke keer as ons moet stop soos in Volksrus, moet ek onthou ek het nie n agterbriek nie, net n voorbriek. Die sal my nog lekker pla vorentoe. Ons ontspan lekker op die teer, en sien interresante wolk veskynsels, wat so oor die koppe vir ons loer. Die lyk nogal net soos n vuis wat n mens maak as jy n ergerlike hindernis oorkom het, alhoewel ons hom nie oorkom het nie, het ons dit darm oorleef. Ons het darm die hek oorkom, met goeie initiatief en span werk.

Oral lanks die pad is grondpad afdraaitjies, ne hier en daar, maar die hongerpyne knaag, want die maag het die ontbyt stafie by die hindernis al van al sy voedings waarde ontneem en hom omskep in afval, wat ook voel of dit nou wil ontslaan word. Ek hou die klep maar toe, in afwagting van Wakkerstroom. Ons verby die eerste afdraai wat ons verby is daar n bordjie wat sê  “ de oude stasie”. Lyk vir my soos n duur plek, dink ek vir myself, min wetend. So ry ons die dorp van Wakkerstroom binne, en stop by wat oor die algemmen gesien word as n inligtings stasie, die petrol stasie, vir iets koels en informasie. Maar al wat ons kry is iets koels. Ons word wel verwys na die geboutjie met die informasie bordjie skuins oorkant die straat. Ai dink ek. Die plekke het gewoonlik nie regtig inligting nie, nie eens om te praat van informasie nie. Hulle is gewoonlik soos zombies, of mense wat een te veel trek uit n glas houertjie geneem het.

Maar hier het n aangename verrassing op ons gewag. Ons stop die fietse voor, stap in en word deur twee ouerige mense ingenooi. Nog n gewoonlike probleem, maar weereens nie die keer nie. Ons het in tussen besluit om, aangesien die pad wat toe nou nie eintlik meer is pad is nie, om hier in wakkerstroom oor te bly, aangesien ons batterye bietjie pap is. Nou ja terug by die informasie sentrum. Die oom nooi ons in die kantoor, en verneem wat ons planne is. Ons verduidelik ons soek kampplek maar ons begroting is baaie knap, en ons wil kamp. Wil ook hoor wat is die kans dat hier n plek met motorfiets parte op die dorp is, om my gebreekte agter rem hefboom te vervang. Hulle konkel so bietjie en kom toe met n voorstel. Die plek om te bly is die oude stasie, net biute die dorp, en die eienaar is een of ander hoof meganiekus by honda. Hy mag dalk n spaar rem hefboom hê. Ek is eers so bietjie skepties, en die tante moes dit op my gesig gesien het. Sy is sommer dadelik op die foon en bel, want die dorp is besig, met n kers mark wat die Saterdag gehou word. Hulle het kampplek, teen R250 vir ons al drie, en ek huiwer nie. Ons gesels nog so stukkie, en hulle verduidelik vir ons die pad soontoe. Wat n aangename verrassing toe ons daar opdaag. Netjies, groen gras, mooi skoon ablussie, en n lekker kuier plek. Ons kry ons kampplek onder n lekker groot boom. Ons pak die fietse af en ry toe terug in dorp toe, om die plekkie uit te kyk. Ek soek ook iets vir my liefde by die huis, wat my vrygestel het vir die lekker toer. Kon toe nou nie regtig n armbandjie kry, maar kry toe vir haar die uiltjie, aangesien sy so mal is oor uiltjie goedjies. Die dametjie is so gaaf om die dorp naam en datum op te griffel

Ons stap deur die dorp, kyk die winkeltjies uit, neem n paar fotos hier en daar, en gaan daar by die hotel elk laat  twee melkskommels verdwyn uit die glase.

Eben het maar n melkskommel en n coke geniet.

Ons het baie hard geskimp om daai staal strooities te kan hou, maar hulle wou niks weet nie. Volgens die geskrif is dit Swart dirk Uys wat Wakkerstroom uitgemeet het met n riem wat hy gesny het uit n elands vel. As ek dit nie mis het nie, is dit die selfde ou wat Val uitgemeet het op die selfde manier. N mens kan ook tot die gevolgtrekking kom dat die selfde persoon wat Wakkerstroom hotel besit ook Val hotel besit, met die dat die bestel vorms vir die eet en drinkgoed dieselfde uiteen gesit is. Met disse op die eenkant van die bladsy en n stukkie geskiedenis op die agterkant. So terwyl jy wag vir jou kos, kan jy sommer bietjie oplees oor die geskiedenis van die plek, wat ek dink briljant is 
 

Attachments

  • col 116.jpg
    col 116.jpg
    77.6 KB
  • col 117.jpg
    col 117.jpg
    237.1 KB
  • col 118.jpg
    col 118.jpg
    229 KB
  • col 119.jpg
    col 119.jpg
    55.6 KB
  • col 120.jpg
    col 120.jpg
    55.1 KB
  • col 121.jpg
    col 121.jpg
    246.8 KB
  • col 122.jpg
    col 122.jpg
    248 KB
  • col 123.jpg
    col 123.jpg
    241.7 KB
  • col 124.jpg
    col 124.jpg
    239.3 KB
  • col 125.jpg
    col 125.jpg
    245.6 KB
Ons neem hier ook n paar simpel foto's, met Eben wat droom om eendag die koning van die diere te wil aanvat, saam met al die diere teen die mure, en pa wat wil help om hom uit die gediertes se kloue te kry.

Hier het ons ook nie by die visvang uitgekom nie, want die is forel wêreld, en dit is n duur stokpertjie. Ons stop weer by die vulstasie, en kry houd, wat die mense sê is die beste in die kontrei, en die kole is so goed, n mens kan drie keer daarop braai. Seker as jy n worsie op n slag braai, want die kole het nie te lank gehou nie. Ons kry wors en broodjies, toe is ons terug kampplek toe. Op pad uit stop ons eers by die kerk vir n foto of twee.

By die kamp word die vuur word aangesteek en die wors vinnig bewerk, want behalwe vir die melk skommels en versnapperings hier en daar het ons nog nie regtig geeët die dag nie

Ek dink die laaste stukkie was nog effe rou ook, en dit met twee sakke houd. Nie sulke goeie hout toe nie. Die blikkie uie en tamatie sous het wel darm tot die geur  bygedra. Ek sit solank die spaar briek hefboom, wat ek saamry, nadat Groenie een van syne aan my afgestaan het. Hy pas nie so lekker nie, maar ek maak so paar verstellings, dat as mens hom reg trap en met bietjie verbeelding, voel dit darm of hy briek. Die olie word ook nagegaan en daar is gevind sy kort so n bietjie. Die word reggestel met die spaar olie wat ons saam ry. Die wat KLR's ry sal weet

Daarna het ons ietsie gaan drink by die kroeg, wat n baie interresante plek is en Jagermeifter lyk soos dit nogal hoog op die inkopie lys is hier, en lyk soos die een om te drink as mens hier kom, as mens so na al die rye bottels kyk, wat uitgestal is. Ek ken n paar mense wat ek seker is nie sal omgee om tot die versameling by te dra nie
 

Attachments

  • col 126.jpg
    col 126.jpg
    215.8 KB
  • col 127.jpg
    col 127.jpg
    187 KB
  • col 128.jpg
    col 128.jpg
    247.1 KB
  • col 129.jpg
    col 129.jpg
    247.8 KB
  • col 130.jpg
    col 130.jpg
    249.1 KB
  • col 130.jpg
    col 130.jpg
    249.1 KB
  • col 131.jpg
    col 131.jpg
    203.2 KB
  • col 132.jpg
    col 132.jpg
    205.3 KB
  • col 133.jpg
    col 133.jpg
    162.6 KB
Ons ontmoet vir Wayne nadat ons vroeë vir Sharmain ontmoet het, wat in verwelkom het en ons kampplek gereel het. Oral teen die dak is name geskryf van mense wat al hier gedraai het, maar sien nie enige bekendes nie. Daar is ook baie geskiedenis stukke uitgestal in die eetsaal.

Laat mens terug dink aan die tyd toe daar nog orde en trots, op ons spoor sisteem was, en dit veilig was om te gbruik. Maar laat ons nou nie politiek begin praat hier nie

Genoeg om n mens n redelike ent terug te vat in tyd. Ook die klein witkruis arend, wat gekies het om hier te bly en te sorg dat die mense in die eetsaal hulle goed gedra.

Nadat ons alles bespiegel het en aangesien dit nog nie te donker is nie gaan sit ons op die hout dek buite,

en bestel elk n drankie (coke), en verdrink ons sorge daarin. Hoe kan mens nou sorge hê op so rit, met sulke mense, op so plek. Moet seker eerder sê , tel ons seëninge, in die gas borreltjies wat boontoe kom. Soos ons daar sit kom al hoe meer mense in, ouerige mense, jongerige mense met kinders, ook die twee mense wat ons die dag by die informasie kantoor gesien het. Almal groet, dan gaan sit hulle soos een familie om n tafel en klets en geniet n nag kelkie. Die kinders het intussen vir Eben daar weg en hulle het trollie gegry, op die stukkie spoor wat nog oor is. Later toe die kinders klaar gery het, besluit ons ook om ook  kinders te word, en die stasie in te ry op die trollie. Dit is een van daai trollies wat hulle toentertyd gebruik het om die spoorlyne te onderhou, is die gevolg trekking. Daar is sitbankies reg rondom, met wat lyk soos n ketting aandrywing. Hulle het seker die fiets trappe afgehaal, want die kinders jaag met hom, dan kry hulle nie briek op die einde nie. 

Hy kort wel sitplekgordels, die dat hy seker nie meer gebruik mag word vir openbare vervoer nie. Die hedendaagse wette tog. Nadat ons ge-arriveer het gaan ons terug binne toe, waar die groep by die kroeg toonbank al goed aangesterk het. Hier ontmoet ek vir Pieter, wat n kenner is op die area is en sê as ons weer kom sal hy ons vat op n toer, na al die slagvelde en plekke waar n mens die verlede bietjie kan herleef. Hy sê hy ry n KTM maar ons hoef nie te bekommer nie. Hy sal sal stadiger ry vir ons met die KLR's. Die ander het aangeskuif na die eetsaal toe. Dit is baie verrassend om te sien hoe baie van die mense wat ons vandag in die dorp gesien het kom kuier hier. Soos die tante van die informasie. En dan werk sy tot laat as kelner in die resturant en kombuis ook om te help met die resturant. Dit wil nou gedoen word
Die twee seuns speel so drie rondes op die groen tafel waar hulle die balletjies in die verskillende gate moet skiet. Baie sien dit as n rassistiese spel aangesien dit die witbal is wat heeltyd die swart en ander kleure balle in die gat moet skiet, Maar ons los dit maar daar. Elkeen geregtig op sy eie opinie. Kan nie verstaan hoekom hulle dit juis “pool” noem nie want dit het in my opinie niks met n swembad te doen nie. Ek geniet my (coke) drankie en luister na die manne by die kroeg se oorlog stories, en kyk na al die motorfiets truie en goetertjies wat teen die dak sit,

en die muur, en kan maar nie help om te wonder oor die persoon wat al die “jag” bottels leeg gemaak het nie. Nie so seer hoe lank hy gevat het om alles leeg te kry nie, maar hoe lank hy gevat het om dit weer uit te kry. Kort voor lank word die laaste ronde geroep. Ek kry bietjie informasie oor moontlike roetes terug na my Liefde toe by die huis. Rikus skryf ons name op die plafon, tussen al die ander bekendes se name, toe mik ons tente toe. Na n lekker stort word by die tente n bietjie gesels en word die nodige sopie medisyne uit die flessies geneem, vir lekker slaap, en aangesien dit die laaste aand is word dit ook sommer klaar gemaak, tussen die drie van ons.
 

Attachments

  • col 134.jpg
    col 134.jpg
    249.4 KB
  • col 135.jpg
    col 135.jpg
    193.7 KB
  • col 136.jpg
    col 136.jpg
    236.7 KB
  • col 137.jpg
    col 137.jpg
    227.9 KB
  • col 138.jpg
    col 138.jpg
    170.3 KB
  • col 139.jpg
    col 139.jpg
    181.6 KB
  • col 140.jpg
    col 140.jpg
    245.1 KB
  • col 141.jpg
    col 141.jpg
    212.2 KB
Die volgende oggend word ek weer vroeg uit die kooi gelok, deur die soete klanke van die voël gesang, wat ek ten beste beleef in hierdie voël kykers paradys. Ek is naskuurig en  kyk of ek nie dalk een of twee van die spesiale geveerde vriende kan uitken nie. Ek ken nie veel van hulle nie, maar so hier en daar n paar. Die medisyne uit die flessie het my lekker laat slaap, en ek voel uitgerus. Ek gaan die fiets so vinnig deur en vind dat die droë ketting wat op collinspas die klap geluid gemaak het, nou redelik goed geolie is. Rikus het hom seker een of ander tyd met olie bygekom dink ek toe by myself, en ek begin toe maar die ander goed regkry, en maak die seuns wakker. Die medisyne uit die flessies het hulle blykbaar erger ge-affekteer, as vir my. Kort voor lank is die fietse opgepak en ons is reg om te ry. Ons neem toe eers n paar foto's van wakkerstroom wat soos n spookdorp, in n laag mis gehul is.

Tande geborsel, toe vertrek ons. By die T-aansluiting draai ons links, en ons is weer op die grondpad. Dit is weer n baie mooi grondpad, en ons maak goeie tyd. Hier en daar kry ons mense wat vroeg oppad is na hulle werk stasies toe. Bees oppassers ly ek af want hulle loop met swepe. Of dit of slawedrywers, martelaars gaan ook deur my kop. Dit is n reguit pad, oor die buld, deur die kloof. Ons stop hier en daar en ek probeer met die tablet, om Rikus hulle af te neem as hulle verby ry. Ek vergeet ek het die donker bril nog op en kannie verstaan hoekom ek nie lekker op die skerm sien nie. Toe is hulle verby. Die gebeur n paar keer, toe begin ek moet opgee. Ek vra vir Rikus om vir my die helderheid op die skerm te stel, maar hy sê dit is klaar vol gestel. Met die vra hy toe die simpel vraag. Haal ek die bril af as ek op die skerm kyk. Toe is alles sommer beter en kan ek weer op die skerm sien.

Die tabelet se kamara is nie van die beste nie, of ek kan dit op die ligte mistigheid blameer wat oor die vallei gelê het, of miskien maar eerlik wees en erken, my oë het nie so lekker gefokes daai oggend nie. Lyk my toe dai medisyne het my toe erger geaffekteer as wat ek voorheen gedink het. Eben sê toe hoeka, hy dink ek het gisteraand teveel van dit gehad, Iewers langs die pad kom die bind band af wat ek gebruik om my sak vas te maak, los, en val af. Ek kyk in my spieël en sien Rikus het volg nie meer nie en verder agter staan die fiets. Wat gaan aan. Ek draai om en ry terug. So halfpad terug is hy weer oppad, So ek draai weer om, en hy vertel my wat hy gekry het. Hy het hom sommer in sy ammunisie kas gebêre. Ons is weer fort, en mik vir Amersfoort. Die wereld is mooi groen, Die weer is mooi, en die ry is lekker. Ons stop by die T-aansluiting met die bortjie wat aandui, ons kom nou van Zuidvaal af.

En die een wat sê ons moet Bethal se rigting ry

By Amersfoort soek ons eers bietjie pad, en stop ook eers by die kerk vir die nodige foto.

Ons vat die R35 uit die dorp uit, maar ons is nie hier om teer te ry nie, en draai links so 6km buite die dorp, om die treinspoor dienspad te gaan opsoek. Onder deur die treinspoor, regs deur n hek. Die pad is nou weer heelwat meer klipperig hier teen die treinspoor af. Hier en daar is daar brug waar ons die treinspoor kruis, met wat lyk soos n wag en sy wag huisie. Maar hulle stop ons nie, of verhoed ons toegang deur die hekke wat by elke brug is nie. Vir 10 km ry ons lanks die spoor, dan kry ons weer n grondpad wat min of meer in die rigting gaan wat ons wil gaan. Die tel die gps weer die oorspronklik beplande roete op en vat ons weer na die R35. Wel die grondpad was lekkerder as die teer kon gewees het.

Regs Bethal toe vir twee km, dan weer links, Standerton toe.

Al met die vaal revier ry ons Kaalspruit se kant toe.  Dit klink soos n lekker spruit saam met die liefde van my lewe. Die lande lê wyd om ons .Ons verby Henbase lodge, en kruis Geelklip spruit.

My oog vang iets in die grs loop, en ek stop verwoed, want dit is n sekritasis voël, nie vêr van die pad af nie. Mens sien hulle nie gereeld nie, en ek verwens myself dat ek nie die gewoonlike kamara wat dietjie grooter is saamgebring het nie. Hy sou hom mooi gevang het. Rikus stop intussen lanks my en wys my n ander een n bietjie verder aan, tussen die gras loop. Die voordeel van jong sig. Dalk n broeipaar, want mens sien hulle nie juis saam nie. Of dit of hier is baie slange om te eet. Met die gedagte besluit ons maar om pad te vat. Rikus ry eerste en ek neem hullle gou af voor ek ook vertrek. Ons kom tot by n T-aansluiting. Die gps sê regs maar ons besluit om links te gaan oor kaal spruit, tot ons weer regs draai. Die pad kronkel al lanks die dam om en hier en daar op n hoogtetjie is mooi uitsigte oor die dam. Dan ry ons weg van die dam tot by n T aansluiting, en draai weer regs. Ons kruis Diepspruit voor ons weer regs draai om so na as moontlik aan die anderkant van die dam te verby. Dit alles om moontlike kamp en visvang plekke raak te loop. Die pad is besaai met grooterige klippe en modder poele. Goed gebruikte pad.

Oor die bult lê  Standerton skielik voor ons en ons tref n slegte stukkie teerpad. Die grond pad was beter, en ry tot bo by die T- aansluiting Waar ons moes regs draai. Ek kyk regs en sien die ou staal brug, en n stukkie pad wat soontoe ry. So ons draai om en ry die stukkie pad om tot in die middel van die staal brug oor die vaal revier waar ons eers n oomblik stop, fotos neem en die revier waardeer.
 

Attachments

  • col 142.jpg
    col 142.jpg
    60.4 KB
  • col 143.jpg
    col 143.jpg
    50.5 KB
  • col 144.jpg
    col 144.jpg
    50 KB
  • col 145.jpg
    col 145.jpg
    117.4 KB
  • col 146.jpg
    col 146.jpg
    248.2 KB
  • col 147.jpg
    col 147.jpg
    93.2 KB
  • col 148.jpg
    col 148.jpg
    56 KB
  • col 149.jpg
    col 149.jpg
    51.6 KB
  • col 150.jpg
    col 150.jpg
    185.2 KB
  • col 160.jpg
    col 160.jpg
    227.4 KB
Daar kom ook n vierwiel motorfiets met n ou op daar verby gevlieg. Die ou wou nog groet, maar die fiets was haastig iewers heen, en die ou kon net n kopknik inkry.
Van daar af is dit om die pad uit Standerton te kry, en alhoewel dalk nie so groot plek nie, dink ek mens kan lekker verdwaal raak hier. Die verkeer is rof, alhoewel dit vakansie is, en ek is dankbaar vir die motorfietse. Die gps verduidelik ons mooi. Ons wou nog stop vir n verversing by n brandstof plek waar ek en Monica, vir Oom lou en die res ontmoet het op ons heel eerste avontuur toer Golden gate toe. Maar die plek was so gepak, ons besluit toe maar om verby te hou. Ons vleg nog verkeer, tot waar ons links moet draai op die R23, en ons mik Val toe. Net buite die dorp is daar weer n verkeersverknorsing, en ons sluip op die middel lyn deur. Bietjie an kry ons die rede vir die verknorsing. N pad blokade, maar ek is nie bekommerd nie, want Rikus met Eben op, is nou wettig op die pad. Ons verby sonder dat hulle ons aftrek, En ek begin afdraai soek trein spoor toe. So 12 km Buite die dorp is daar twee afdraaie. Ons vat die eerste een. Hy vat ons direk trein spoor toe. Ons draai toe eers dadelik regs by die spoor, maar ry ons vas in die substasie. Rikus noem toe hy het n oorgan verder terug gesien, want ons sien die pad aan die anderkant. Ons draai om, ry verby die pad wat ons ingebring het, en so ent aan draai ons links oor die treinspoor. Soos verwag is daar baie klippe, maar vir een of ander rede sukkel ek nie so met die klippe nie. Rikus ry voor die keer met Eben agterop, speel hulle lekker en ek kan sien hulle ry lekker. Elke keer as Rikus suksesvol deur n modder poel is gaan Eben se hande triomfanklik in die lug, en dit laat my goed voel, om te sien hoe hulle dit geniet. Dan na so 6km word daar skielik gerem want die deel van die pad is op en ons moet oor die spoor na die ander kant waar die pad weer aangaan. Hier speel ons verder vir 4km, en die ry is lekker. Die keer ry ek voor. Skielik is die pad weg ek ek ry stadiger, Ons het n hoofpad beryk en ons moet so wye draai omry om weer by die teinspoor te kom. Hier kry ons ook die mense wat op die spoor werk met hulle trokkie, maar hulle pla nie, en groet vriendlik. Seker al moet opgegee, met al die manijakke en hulle motorfietse wat langs die treinspoor ry. Vir 5 km ry ons aan die linkerkant van die spoor. Ons ry so lekker ons vergeet om fotos te neem. Dan kruis ons weer die spoor oor na die regterkant toe vir 3km, dan weer oor linkerkant toe. Ons begin al hoe meer water kruisings kry wat al hoe dieper raak. Dieper meenende tussen 100 en 300 mm diep. Mens moet wakker wees. As ek n buldjie sien begin ek solank rem want die agter briek vat nie so lekker nie. Op n stadium vang iets my oog in die vleiland regs en ek mis die bult wat opduik. Ek voel hom wel, en toe ek kyk is my voorwiel klaar oppad water toe. Ek weet ek kan nie te hard voor rem nie, en trap verwoerd op die agter rem, maar die verbeelding van vroëer se rem is nie genoeg nie, en n muur van water oorval my. Ek is veilig deur, seker te danke aan die gewig van my ry kombinasie. As ek ligter was het ek dalk op die water gesweef en dan n bollamakiesie, rol, kopstamp, klippe slaan aksie kombinasie aan die anderkant uitgevoer, maar ek is veilig maar nat aan die anderkant uit. Ons kruis die treinspoor nog twee keer voor ons op die boesmans spruit brug stop vir n bene rek en n paar fotos. Rikus Kommentaar oor die water spat sessie en ek verduidelik vir hom wat gebeur het. Ons almal lag lekker saam daaroor, en Ebem noem dat hulle self n paar keer nat geword het

Dan begin die laaste skof vir Val, en ek kan al die koffie melkskommel proe. Op die stukkie pad kry ons weer van die spoorweg ingeneurs, en hulle trokkies min of meer op die selfde plek waar ek en Monica hulle 7 maande terug gekry het, besig om spoor regte maak, en ons moet deur die veld tussen die trokkie en die heining verby skuur. Dan verskyn Val se silos in die verte, en ek is opgewonde en teleurgesteld op die selfde tyd. Nie meer lank, dan sien ek my liefde weer, maar dit beteken die toer is op n einde. Ons trek Val in en aangesien ek nog natterig is gaansoek ek n son kolletjie op. Ons kry n paar ander mense ook daar en die een vrou groet. Ek bestel n Koffie melkskommel, Rikus n shokolade een en Eben n coke. Ek is nie seker wat hy met die kelner bespreek het nie maar die glas wat sy coke in gekom het, het baie verdag gelyk.

Ons bestel ook n grood bord skyfie. My eis koffie wat ek ook bestel het het nie so heel lekker uitgekom nie, en ek belowe die kelner plegtig ek sal hom kom wys hoe om n lekker yskoffie te bou. Van daar vat ek vir Rikus en Eben na waar die “whiskey” trein monument is.

Hulle neem die nodige foto's, en ek verduidelik kortliks die geskiedenis rondom die hele gebeurtenis. Soms as ek daar aan dink en ek kyk na die roete wat die ou treinspoor aan die anderkant van die nuwe treinspoor loop, hou die trein nou juis hier opgeduik het, en dit maak nie altyd lekker vir my sin nie. Hier is geen teken van enige ander spoor wat hierheen ly nie. Maar dit daar gelaat. Sal maar aanhou navors. Van daar af is dit die nodige agterpaaie huistoe. Verby die rubber band wat steenkool van die nuwe myn na sasol vervoer, verby die ou opstal, wat in my gedagtes soveel stories vertel, van n winkeltjie, laaities op hulle fietse, met ketties om hulle nekke, wat n suigstokkie kom koop, en dan laat waai na die revier toe, vir n sessie kleilat. Dit alles nadat hulle klaar is met hulle take op die plaas en hulle pa of ma hulle 10 sent gegee het vir hulle arbeid. Ai die goeie dae
Kort voor lank ry ons die selfde paaitjie waarmee die toer eintlik begin het raak, en n opgewonde heimwee stoot in my op. Dan is dit Nigel in. Rikus sien mense by Maraige pan visvang en wil daar indraai om te verneem oor die koste. Kry nie eintlik informasie nie, maar wel n pap wiel. Na al die pad n pap wiel. Wil jy nou meer. Die fiets pompie word gou ingespan en hy word hard genoeg om mee te ry, maar kan hoor hy blaas iewers en ons weet hy gaan nie Springs haal nie. Ons besluit toe om te ry vir die branstof stasie oorkant die hoofpad. Daar is baie lug. So gemaak. Onder die koelte boom, op die hoek, amper by die huis maak ons band reg. Dit is n ou regmaak wat besluit het hy werk nie meer nie. Dit was baie interresant om die mense wat daar verby kom se uitdrukkings te sien, en dat niemand eintlik groet of vra of ons reg is nie. Daar tussen die berge het mense darm gegroet en gestop om te vra of hulle kan help. Intussen haal Eben solank Rikus se spaar binnebande uit, en wat toe. Daar is twee spaar agter binne bande, maar toe nie een vir voor nie. Ek lag toe vir Rikus, met die kommentaar, “sien jy moet jou goed nagaan”. Sienende dat my een agterband gebruik is moet daar n voorband wees. Hulle sê moet nooit jou kuikens tel voor die eiers uitgebroei het nie. Daar is n spaar, maar nie n 21” duim nie, maar wel n 18”. Daai kyk en reaksie van Rikus sal ek nooit vergeet nie. Dit alles daar gelaat vir nou, moes ons besluit, maak ons iets pas, of maak ons die lekasie reg.

Ons besluit toe om die lekasie reg te maak, Wat toe heel mooi werk. En met die liefdevolle sarkasme oor die “jou goed nagaan” agter ons, en goeie spanwerk is die klomp gou weer aanmekaar en op. Stoot die fiets tot by die lug pyp en maak hom vol lug. Hy hou darm nou al twee maande. Van daar af is dit huistoe, sonder enige verdere voorvalle. Dankie aan twee Seuns vir n fantatise toer en n emmer lysie wat ek uiteindelik uit my emmer kan haal. Dankie vir almal wat saamgery het, en ek hoop dat die skrywe voldoende was. Volgende keer sal ek konsetreer om meer fotos met n ordentlike kamara te neem, met my sonbril af. Groete

 

Attachments

  • col 161.jpg
    col 161.jpg
    214 KB
  • col 162.jpg
    col 162.jpg
    204.6 KB
  • col 163.jpg
    col 163.jpg
    230.9 KB
  • col 164.jpg
    col 164.jpg
    78.5 KB
  • col 165.jpg
    col 165.jpg
    75.9 KB
Top