Karoo Rider said:Ri said:Ek het nou sommer weer heimweë om die langpad te ry. Daar is sulke lekker ritverslae aan die gang met sulke mooi foto's soos hierdie een, en dan jou heerlike skrywes by. Baie dankie vir jou moeite!
Daar die laaste oorslaapplek lyk nogal besonders. Waar is dit?
Hallo Ri, ja ek sal weer wil gaan, dis Balie's Gat. Op die pad tussen PA Hamlet en Citrusdal draai jy af en net so paar km verder sak jy dan met die passie af tot onder by die kampplek en huisies.
Dankie, ek het al gehoor van Balie's Gat. Blykbaar nie 'n plek om sommer alleen in te ry nie :lol8:
Maar sjô dis mooi en ek kan dink hoe lekker dit moet wees in die somer wanneer mens die seile opslaan.