Nog 'n Sondag Gatskuur 29/4/2012

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
38,508
Reaction score
3,243
Location
Port Elizabeth
Bike
BMW R1150GS
Torque Curve wou die agterpaadjies om Hankey ry en ek was lanklaas daar. Ek het ook so paar op my lys en wie beter om ons in sy agterplaas rond te wys as Nemodakar. As julle nog nie saam hom gekuier het nie, dit is nogal ‘n aangename belewenis.(EC Bash hier kom ons)

Twee Tenere’s.



Ons wag vir Hotwire op Rocklands, dan Elandsrivier na Padlangs vir ‘n brekkie. Ek het ook vir Kaspaas ‘n paar foties beloof van sy grootword plek.

Die huis wat Kaspaas wou sien, dink ek



Maak nie saak hoeveel keer jy deur Ekandsrivier ry nie, dit bly mooi.

Die Hanekam



‘n Mooi ou plaashuis wat lyk hy staan nou leeg



So klompie van die mooi uitsigte







‘n Verposing bo by die torings dat ek bietjie suurstofaanvulling kan neem.



Daars ‘n hele klompie bikers by Padlangs. Lekker naweek vir rondrits. Hier ontmoet en gesels ek lekker lank met  Jan Hout van Queens Town. Hy en ‘n pel is op ‘n trip



Ek laat weet vir Nemo ons hardloop bietjie laat. Geen problem. Hy en Klippies is bachelor op die oomblik en hy maak huis skoon. Sien ons later.

By Nemo se huis aangekom, in die valley agter Hankey, is dit die uitsig wat jou van sy stoep af begroet. Dis maar tough om ‘n Witman in Afrika te wees , maar ons doen ons bes.



Ons kuier so bietjie en maak dan reg vir ry. Die man het baie planne om ons rond te wys. Nemo en Klippies. Hy’s darem maar trots op die jong man.



Post later nog so bietjie. Gaan nou eers bookshop toe.
 
Jupiter, Hotwire, Nemo, Klippies baie dankie vir 'n great dag. Jup jy's darem yster met jou ride reports. BTW hoe is jy en Hotwire so vinnig oor daai laaste gruispad voordat ek weggedraai het? Daai los gruis het my nervous gehad op tye - ek was seker moeg en effens uitgedroog? Ek dink 1.5 Bar werk baie goed vir die T63's soos ons vandag gery het.
 
Hier's waar ons oral gery het. Nemo, ek het gemerk waar ons bo-op die berg omgedraai het... dis op my beplande roete oor die berg Elands toe. One of these days. Ja, oom Jup, met my XT!
 

Attachments

  • Hankey tracks 29 Apr 2012.jpg
    Hankey tracks 29 Apr 2012.jpg
    131.5 KB
Eers vat ons so sydelingse kloofie ‘n paar kilometre die berge in  wat jou laat dink jy’s êrens in die Knysna woud op Kom se Pad.



Verby hierdie pragtige plaashuis wat so in ‘n poort teen die voet van die berg sit.



Ons draai terug en kom weer op die ‘loop’ Loerie toe.

Lekker plek vir ‘n braai



Weer af van die ‘loop’ af sydelings die berge in. Nou klim ons so mooi pas uit. Bosboupaaie.

‘n Deel van die Winterberg roete



Elke nou en dan kronkel jy deur die woude



Bo by die draaipunt, wat TC op die kaart gewys het, is die uitsig asemrowend. Hier gaan jy nie verder sonder GPS nie.

Dis Jeffreys daar in die verte.



Nog mooi



Dan is dit terug en weer af met die pas

Nemo en Hotwire



Klippies… dis darem blerrie lekker op Pa se bike



Torque  Curve



So kronkel ons deur die klowe tot terug by die Hankey/Loerie pad



Gee terug my bike. Klippies was nie bietjie verontwaardig dat hy nou weer die 125 moes ry nie



Ons koukus bietjie en besluit dis nog vroeg en ons is lus vir ry. Nemo het nog baie paadjies om te wys , so ons kruis die pad en sak af na die Gamtoos toe.

Eers is daar weer  ‘n mooi uitsg of twee.

Doer in verte is die Gamtoos se mond



Wat is nou lekkerder… pelle, bikes, die berge en lekker kuier



En sommer net mooi ook



En so moet die saamry ook maar tot ‘n einde kom, maar nie voor daar so ‘n ligte insidentjie is nie. Ek los dit maar aan Nemo om op sy nimlike manier by die EC Bash te vertel. Ek weet hy wil so graag.

Ons groet en split op… ek en Hotwire gaan eers ‘n draai by sy ouers op die Gamtoos maak vir koffie. Hulle bly op die rivier en ek sien die mooi fotie van die Hanekam in die laatmiddag deinserigheid



Daar het nie veel beplanning in die trip ingegaan nie. TC het  gesê hy wil gaan ry, toe gaan ry ons.

Thanks vir ‘n lekker dag en vir Nemo wat ons by al die mooi plekke  rondgelei het. Dit was heel besonder, maar al waaraan ek nou kan dink, is hoe baie daar nog is om te ry. Eish !
 
Ek was ook vandag bo op daai kop by die groot toring. Mekaar seker net gemis.

Maar is verder die twee spoor paadtjie af in die kloof en weer op,  tot in Steytlerville  :thumleft:

Mooi fotos Jupiter  :thumleft:
 
Van watter kant af het jy gekom ? Daars 'n maniak met 'n swart land Rover TD5, saam 'n ou  met 'n F800, by ons verby net by daai ou leë plaashuis wat ek gewys het.  :patch:
 
Dis soos jy sê Jup, altyd lekker om saam met ander Dogs te ry, maar altyd n eer om saam met Klippies te ry.
Om saam met julle te ry laat my sommer my agter plaas deur ander oë sien.

Ek is nou so ge-amped vir Longmore forrest ek sit al die hele oggend op Google en routes plan, BAIE MYLE. ::)

TC en HW, julle leer gou. Smaak my julle wil nie wag tot iemand julle in die diep kant in gooi nie, julle spring sommer self in. :thumleft:

Nou moet die Bash net kom.
 
Thanx Jupiter, TC, Nemo en klippies vir die lekker onbeplande trip!!

Was regtig n prentjie mooi area om te verken!

Daar was gelukkig geen groot insedent behalwe vir Jupiter wat so bietjie laat die draai by die
treinspoor oppad na Mondplaas gesien het. En natuurlik het Jupiter se agter band nie gehelp
om hom gestop te kry nie, gelukkig het hy kop gehou en mooi in die bossies ingetrek en tot
stilstand gekom!
Ek is seker sy agter band sal nou nie meer lank op wees voor daai E-07 gaan opgtrek word nie.

 

Attachments

  • 29042012086.jpg
    29042012086.jpg
    403.2 KB
  • 29042012087.jpg
    29042012087.jpg
    391.7 KB
Ons doen so 80km/h, sit en ry en die spoor is so effens gelig. Ek sien nie dat die pad, onmiddelik na jy die spoor oor is, 'n 90 grade draai maak nie. Gladde tyre of nie... daai XT kan ankers gooi as jy dit reg doen. Vra maar vir Nemo ook.  :imaposer:

Dit was close. Dankie CountryTrax  :eek7:
 
Ek sou darem die blikem in gewees het as die bash moes mis oor n pregnant bike.

Die manier hoe jou XT my XR van agter af benader het, laat veel te wense. :ricky:

 
Kon interessant gewees het... 'n Yonda  :eek7:  :imaposer:
 
jupiter said:
Van watter kant af het jy gekom ? Daars 'n maniak met 'n swart land Rover TD5, saam 'n ou  met 'n F800, by ons verby net by daai ou leë plaashuis wat ek gewys het.  :patch:

Was in n Wit Hilux Dcab 4b4  :thumleft:
 
Top