Noordkus Quickie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

sef156

Race Dog
Joined
Jun 12, 2008
Messages
1,559
Reaction score
0
Location
Canberra
Bike
Kawasaki Versys
So sit Wingnut en Kawasefi een aand op die stoep elkeen en teug aan 'n Kaptein, en besluit dis lankal tyd dat Wingnut sy eerste oornag bike trippie doen. Maar om vir mamma te oorreed is 'n ander saak om aan te werk, gelukkig na bietjie mooipraat en rooiwyn kry Wingnut toe wel die groen lig vir ons trippie!  :thumleft:

Die plan was om Vrydag die 10de na werk te ry tot waar ons wil.

Ons kom egter eers omtrent 17:00 uit Vryheid uit en slaan die pad Swart Mfolozi toe. Halfpad word ons egter dors en besluit dat 'n bier nou in orde sal wees! Wingnut se massiewe aluminium topbox was ons cooler vir die naweek, gereserveer vir bier in ys...want die noorkus is mos warm!
SDC10551.jpg


SDC10554.jpg


Na die bierstop slaan ons weer die pad, maar Wingnut kom agter dat sy kamera nie meer teenwoordig is nie. Ons draai om, terug na die plek waar ons gestop het en fynkam die pad vir 'n kamera, maar sonder sukses. Met hierdie oponthoud is dit toe alreeds donker en ons het nog sowat 50km se grondpad om te ry. Vir die eerste keer het ek grondpad gery in die donker en dit was...wel, interressant.

Die laaste keer wat bogenoemde kamera nog saam ons was  :-\
SDC10552.jpg


Na 'n groot kuier Vrydagaand word ons Saterdagoggend begroet met heerlike sonskyn en 'n ligte babbelas.
SDC10593.jpg


Die topbox wat die skade gedoen het:
SDC10560.jpg


Wingnut lyk baie opgewonde oor die dag se "ry" wat voorlê...  8)
SDC10591.jpg


En ek weet nou hoekom ek so dors is, want die bottel is dan nog vol!
SDC10613.jpg


Na vinnige ontbyt groet ons vir Thangami en gaan soek die grondpad Nongoma toe. Na so 5 kilos kom ons by 'n vurk in die pad en ek stop om vir Wingnut te vra watter kant toe (hy het die pad op Google Earth gekyk), hy stop langs my maar sy voet raak nie grond nie en hy moer om!  :eek:
SDC10619.jpg


Darem was ons "precious" topbox inhoud nog heel.

Eventueel kom ons by die Nongoma - Ulundi teerpad uit en eks bly ons is nog oppad in die regte rigting (geen GPSe)
SDC10624.jpg


Van Nongoma af vat ons die R618 todat ons 'n grondpad kry wat deurloop N2 toe êrens tussen Mkuze of Hluhluwe, ons was self nie seker nie. Na so bietjie verdwaal kom ons toe by Mkuze uit en dis donners warm!! Tyd vir 'n bier.
SDC10626.jpg


So vat ons die N2 suid en Wingnut jaag oop ketels by my verby so vinnig soos sy KLR kan hardloop want sy speedo werk nie en hy het blykbaar geen vrees vir die gevreesde "zero tolerance" brigade nie. Ek cruise maar aan teen 130km/h en hoop om hom weer langs die pad te kry waar die spietkops hom gaan aftrek  :D

Dit het gelukkig nie gebeur nie, maar hy wag darem vir my by 'n plekkie genaam Baobab waar ons intrek vir lunch en 'n ietsie om die dors te les. Ons kuier toe so lekker in die pub dat ons nie eers agterkom dit het begin reën nie. Na ons sien hoe dit buite lyk boek ons toe sommer daar in vir die aand.

Sondagoggend vat ons die grondpadjie Hluhluwe toe, wat toe nogal snotterig was na die vorige aand se reën.
SDC10629.jpg


Wingnut het die mees indrukwekkende "save" gemaak wat ek nog ooit in my spieeltjie gesien het! Daai 80/20 Avon tyre hou nie baie van modder nie!
SDC10633.jpg


Na 'n Wimpy breakfast in St. Lucia het ons gaan kyk hoe lyk die strand en so bietjie op die sagte sand probeer ry.
SDC10640.jpg


Ek het agtergekom mens se side stand werk nie so lekker as jy wil afklim nie, jy moet die bike maar vashou.
SDC10641.jpg


Op hierdie staduim het ons verneem dit reën katte en honde by die huis en ons het besluit om die vinnigste roete huis se koers te kies. Ons was nie seker of mens met bikes deur die "corridor" van die Hluhluwe-Umfolozi park mag ry nie, en om veilig te wees is ons maar liewer oor Empangeni en Melmoth terug Vryheid toe, en genadiglik het dit eers so 10km van die huis af begin misreën.

Ons trippie was heel suksesvol alhoewel ons nie naastenby soveel plekke besoek het of fotos geneem het as wat ons wou nie. Volgende keer sal ons beter beplan  :D

Man, dis lekker om bike te ry!!  :ricky:
SDC10558.jpg





 
 
Baie lekker, die Noordkusbly maar n Awesome stukkie wereld! Mooi fotos!
 
Ja nee, daar is darm min dinge so lekker soos n onbeplande trippie. Goeie werk ouens :thumleft:

PS, Laaik die "Captans pose off"
 
Lekker Sefi  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Ons moet 'n plan maak dan vat ons bietjie daai sand aan tussen Sodwana en Kosi, deur die coastal forest daar na Lake Sibaya toe........  :drif: :drif:

Jy moet maar jou "sand-skoentjies" aantrek vir daai een !!

 
KnopKop said:
Lekker Sefi  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Ons moet 'n plan maak dan vat ons bietjie daai sand aan tussen Sodwana en Kosi, deur die coastal forest daar na Lake Sibaya toe........  :drif: :drif:

Jy moet maar jou "sand-skoentjies" aantrek vir daai een !!

Daar lê is stel sand-skoentjies gereed in my garage  ;)
 
Lekker een, Kawasefi !  Ek sien jy ry nog die ou rooie ...  :biggrin:  Niks fout daarmee nie !
Ek het per ongeluk op 'n 2008 KLR afgekom wat onder 'n lorrie deur is. (regte tyd op die regte plek  :ricky: )  Ek's besig om dit oor te bou. Sal vir jou kom wys wanner dit klaar is, want ek wil ook bietjie daar in jou wêreld kom rond ry en in die sand kom speel met die "ligter" bike !!
Kom julle Freestate bash toe ??
 
Lyk na 'n lekker trippie, nou sien ek ook sommer ook jou nuwe screen :thumleft:
 
Hey Hermit, ja ou rooie ry net al lekkerder  ;D
Sien julle Vrystaters verseker weer by die FS Bash!!  :ricky:
 
GRUNT said:
Kawasefi  waar kry jy daai screen? ek soek ook so een!

Kyk hierso:  www.wareagle.co.za/class/index.php?mi=26&page=products/view_ad.php&ad_no=116  ;)
 
Lekker trip and area to ride. Thanks for sharing.
 
Ek dog die Kaptein se geselskap het julle geheue uitgevee... nou sien ek julle is darem oraait en die RR het verskyn!!  :biggrin:

Mooi skoot manne, jammer ek moes Kleinmond toe daai naweek, anders kon ek deel gehad het in die pret  :thumleft:
 
oor jou vraag van die corridor pad.......geen probleem ...maar dit is boring.....

Die Sodwana ride is beplan vir 26-27 Maart...maak n plan

 
Top