Jinne ek hoop nou maar net dit gaan beter. Mar ek kan eerlik se dit begin al makliker voel.
Right laat ek verder vertel. Voor ek nou amper myself hier van die bladsy af getik het sal ek my woorde mooi kies.
Ons was laat op die begin van grondpad. Omdat ek nou so braaf was en meeste van my 'oefening' op grondpaadjies gedoen het. Het ek in my agterkop gedink dit gaan makliker wees. En o jinne, nie makliker nie, maar lekkerder.
As ek nou teen my fietsry standaarde meet was dit n maklike grondpad. Meerderheid van daai lekker tweespoor pad wat mens net op een van die kante moet bly. So hier en daar was n stukkie sand, net genoeg om die wiele opgewonde te maak. Dan dwing ek maar net al die reflexs briek bewegings om niks te doen nie, en volg die "open-up" raad. Met so n tipe sit hurkie, soos mens maak by stadion se badkamer as die pannekoek deeg terugpraat. Raak raak so net aan die saal. So is ons deur.
Nou die ander manne vertel daar was wild langs die pad, so ons glo hulle maar.
Grondpaaie het altyd sulke blinde hoogtes, waar dit redelik onseker is wat an die ander kant gebeur. En met n fiets was dit n lekkerte, jou foete is vas en as iets fout gaan doen mens net n "bunny" hop. Ek het daai glips een keer gemaak. n Motorfiets lat hom nie sommer saam spring nie. Tot my geluk het ek weer op die saal geland, en sommer net daar genees van die dom beweging.
Ons kom toe by die hekke van Witwater, dis n rustige 4km op n grondpaadjie tot by die Lodge. Robbie wys die renosters uit langs die pad.
Hulle bederf ons behoorlik. Bedien die bier in die swembad, die vrouens doen die spa ding, dis n heerlike en mooi plek. en tussen deur was hulle nog ons fietse en die kar. eerste klas.
[1] - Robbie en 0012 by die swembad
[2] - Ons vrouens
[3]& [4] - Einde lose swembad
[5] - My oulike vrou geniet ook die trip