ONS GAAN KOOP WORS EN KOM TERUG MET 'N AF RIBBETIE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
(Hierdie RR het al Desembermaand gebeur,maar die tyd vlieg so vinnig dat ek nou eers kans kon kry om dit te kon skryf  dit te pos)


’Liefie ek wil graag Montaque pas gaan ry as ons in Mosselbaai kuier.”  
Dit was ek wat so by Nismark geneul  het.  Nadat ek op die forum so een of twee RR gelees het van Montague pas het ek begin jeuk om self die pas te ry.  Die foto’s van bikes wat onder die ou nostalgiese treinbruggie staan, was egter die kersie op die koek.  Montaque pas het ‘n towerkrag gehad wat my soos ‘n magneet getrek het.  Dit het asemrowend gelyk.  Ek wou dit gaan ry.  
Anycase .....
Desember het ek en Nismark bietjie by my ouers in Hartenbos gekuier.  Ek was  gebore en getoe  in daardie omgewing, maar van grondpaaie ry, het ek maar min geweet.  
En so het Nismark en ek grond en plaaspaaie buite Hartenbos en Mosselbaai gery.  
Een dag was ons  Herbersdale  se kant toe en het my Attakwas koof uitgekom.
 

Attachments

  • 395885_10150473250148779_611438778_8854081_1852743661_n.jpg
    395885_10150473250148779_611438778_8854081_1852743661_n.jpg
    68.5 KB
  • 396875_10150473248053779_611438778_8854075_78543934_n.jpg
    396875_10150473248053779_611438778_8854075_78543934_n.jpg
    87 KB
Die pad se toestand was heel noob / low-confidence vriendelik.    Daar was nie ‘n siel in sig nie.  Behalwe vir ons twee en ‘n paar beeste. 
 

Attachments

  • 388818_10150473252088779_611438778_8854085_2145756895_n.jpg
    388818_10150473252088779_611438778_8854085_2145756895_n.jpg
    76.2 KB
  • 395859_10150473256468779_611438778_8854094_1903698135_n.jpg
    395859_10150473256468779_611438778_8854094_1903698135_n.jpg
    72.3 KB
Stadig maar seker het Attakwas se koppe  en afdraande al steiler begin raak.  En ek  .... meer en meer bang.  En toe gebeur dit..... ons moes by ‘n afdraand af en ek gryp die voorbriek, ek het deathgrip op sy ergste graad!  Attakwas se naam kon op daardie oomblik net sowel Skitterykloof gewees het.  Die paniek het oorgeneem en ek het geweier om te beweeg.  Dit was net snot en trane!
Arme Nismark.  Na ‘n groot gesukkel het hy my darm by die afdraand afgehelp. Dit was genoeg aksie vir my vir een dag.  Teleurgesteld in myself draai ons om huis toe.  Ek is nog nie reg vir die pad.

Die volgende oggend het ons met afgevat en met die bakkie gaan exploring doen.  

Die daarop volgende oggend was  ek weer blik ogies en swaaistert.  Ek wil gaan ry!  Nismark se, “ right ons gaan George toe.”   My eerste indruk was dat ons seker gaan vye- en-blou- kaas- wors koop. [ Trailrider het ons van ‘n voorslag slaghuis vertel wat wie se wors ons eenvoudig net moes probeer. So pak ek vir ons lang marshmallow sweeties en ons stop by die winkel vir ‘n tjokkie.  Ek het net geweet ons gaan George toe, meer wou Nismark nie se nie.  

Ons het teerpad, kuslangs gery tot in Groot Brakriveir.  Daar, het ons agter Spar ‘n klein grondpassie gery wat ‘n gewone grondpad verander en wat by Blanco uitkom.  Toe het ons  nog verder gery, iewers links gedraai en voor ‘n T-t aansluiting gekom.  Daar staan ‘n bord voor ons:

MONTAQUE PAS:  
Toe weet ek, ons gaan gin wors koop nie,  ons gaan die pas ry!  
Ons het eerste tussen ‘n klomp bome met die bosboupad afgekronkel .  Ek het niks van die oppervlakte van hierdie gedeelte van die pad gehou nie.  Dis daardie fun gruis.  Dalk is dit growwe sand oor so duisend jaar.  En toe verskyn welbekende tolhuisie op regterkant.

Onthou julle, toe van ons nog klein was,  het hul die tolhuisie gebruik vir ‘n Cadbury advertensie.  
 

Attachments

  • 404675_10150473283263779_611438778_8854219_2042918209_n[1].jpg
    404675_10150473283263779_611438778_8854219_2042918209_n[1].jpg
    53.4 KB
Dis tog so jammer dat  mense in ons nasie het wat als deur hul agterente moet trek. Die tolhuis het al deurgeloop onder die vandale. 

Hierdie pas is al 165 jaar oud.  Die tolgeld was soos volg:
“Two pence “per wiel
“Two pennies” per dier wat ‘n wa trek
“Two pence” vir ‘n dier wat nie die wa trek nie
“Two pence” vir ‘n skaap, vark, of bok
Op oujaarsdag in 1918 is tolgelde opgehef.  

Hierdie is die oudeste onveranderde pas in Suid Afrika wat ons gery het!  
Vir sowat 4 jaar lank het 250 bandiete aan die pas gebou.  Hul het buskruit gebruik om van die rotse weg te blaas.  Dan het hul ook nog iets interesants gedoen:  hulle het vuur op rotse gemaak, dan koue water op dit gegooi om dit te help kraak.  

Ek is baie lief vir  geskiedenis en as ek geweet het ons gaan die pas ry, sou  ek beslis ‘n bietjie meer opgelees het van die plek voor die tyd.  Dan sou ek van elke noemenswaardige plekkie foto’s geneem het.  

Ek gooi maar ‘n paar foto’s en vertel so bietjie van wat ek als na die tyd opgelees het oor hierdie geskiedkundige pas.  
 

Attachments

  • 404675_10150473283303779_611438778_8854220_2129784718_n[1].jpg
    404675_10150473283303779_611438778_8854220_2129784718_n[1].jpg
    56.1 KB
Die pas was glad nie so steil soos wat ek verwag het na my Attakwaskloof ervaring nie.  Die netjies klipmuurtjie het die bandiete ook gebou.  Ook ‘n goeie ding want kyk hoe diep is dit daar af! 
 

Attachments

  • 404675_10150473283323779_611438778_8854222_901980387_n[1].jpg
    404675_10150473283323779_611438778_8854222_901980387_n[1].jpg
    87.8 KB
  • 404675_10150473283338779_611438778_8854223_1849668338_n[1].jpg
    404675_10150473283338779_611438778_8854223_1849668338_n[1].jpg
    60 KB
  • 404675_10150473283318779_611438778_8854221_461746332_n[1].jpg
    404675_10150473283318779_611438778_8854221_461746332_n[1].jpg
    128.6 KB
Daai  swart kol heel bo op die foto is die heel onderste punt soos wat ‘n mens afkyk oor die muurtjie.  Mens sien die die einde nie.  Ek WIL NIE WEET wat als daar onder rondloop nie.

Dalk Brolloks en Bittergal se kleinkinders? 
 

Attachments

  • 381577_10150473366173779_611438778_8854651_1974686428_n[1].jpg
    381577_10150473366173779_611438778_8854651_1974686428_n[1].jpg
    58 KB
Het julle geweet dat die Keurrivierbrug glo veronderstel is om ‘n spook te he.  Nogals geklee in ‘n grys pak.  Wonder nogals wie dit kon wees?  Iemand wat iewers oor die rand gestort het?  Die bandiet van Moertjiesklip? Of dalk was dit die windlawaai Bosshoff wat probeer om uit die pas te ontsnap..... wag laat ek nie daai storie te ver vooruit loop nie (booe-hoe-ha-ha) 
 

Attachments

  • 396876_10150473347273779_611438778_8854478_1470290049_n[1].jpg
    396876_10150473347273779_611438778_8854478_1470290049_n[1].jpg
    65.5 KB
Die pas het baie bordjies met name op: 

Die Noute is die pad waar dit die nouste is.  Twee waens kon nie daar verby mekaar beweeg op een slag daar nie.    So hul moes maar gedurig hul swepe klap om vir mekaar te waarsku van hul teenwoordigheid.
 

Attachments

  • 404675_10150473283303779_611438778_8854220_2129784718_n[1].jpg
    404675_10150473283303779_611438778_8854220_2129784718_n[1].jpg
    56.1 KB
As jy mooi kyk op die foto sal jy sien daar is ‘n spoedhobbel.  Montaque pas het baie daarvan!  Ek was baie tempted om my te verbeel my 125 xr is my x-tdub.  Want ek wou net “spring oor die hobbels”. Maar ek het my liewerste gedra.  Dis altyd lekker om oor dit te ry!
 

Attachments

  • 404808_10150473296353779_611438778_8854248_595487835_n[1].jpg
    404808_10150473296353779_611438778_8854248_595487835_n[1].jpg
    56.5 KB
Nou ja op die pas is daar ‘n bord met die naam Moertjiesklip.  Blykbaar, soos wat ek dit opgelees het,  het ‘n groot rots losgekom en op een van die bandiete geval.  Kadoef.  Game over.  Ek wonder nogals hoeveel bandiete het hul doodgewerk of is om ‘n ander redes dood terwyl die pas gebou is. 
 

Attachments

  • 404808_10150473296568779_611438778_8854251_230503163_n[1].jpg
    404808_10150473296568779_611438778_8854251_230503163_n[1].jpg
    95.9 KB
  • 404808_10150473296463779_611438778_8854249_1424692384_n[1].jpg
    404808_10150473296463779_611438778_8854249_1424692384_n[1].jpg
    81.8 KB
Nou vir windlaai Boshoff se storie:  daar is ‘n draai op die pas wat die Boshoff draai genoeme word.  Soos wat die storie loop het ‘n meneer Boshoff altyd gespog oor watter goeie touleier hy was.  Dit was glo ‘n job om die osse te lei om om daardie draai te kom.  En een dag het die windmaker hom misgis met sy berekeninge om  die draai en hy het op die horings van die vooros beland.  Met die is hy oor die muur geslinger!  Ek wonder nog steeds of die ou horing gate ook in sy lyf gehad het. 
 

Attachments

  • 404808_10150473296663779_611438778_8854252_1804699955_n[1].jpg
    404808_10150473296663779_611438778_8854252_1804699955_n[1].jpg
    63.9 KB
Op die pad is daar ‘n  Smithy bordtjie.  Soos dit klink moes daar ‘n winkeltjie gewees het.  Smithy het implemente reggemaak en skerpgemaak wat in die bou van die pas gebruik is.  Bandiete is ook daar onder wag aangehou.  Blykbaar was daar op hierdie spot ook klein huisies gewees.  Die museum assosiasie wou glo he dit moes reggemaak moes word en tot nasionale monument verklaar word.  Voordat daar egter met restourasiewerk begin kon word,  het mense meeste van die stene weggedra.  Die boggers!  Ons kon dalk ‘n Wilddog Spook oorslaap daar gehad het! 
 

Attachments

  • 403262_10150473308078779_611438778_8854269_894607894_n[1].jpg
    403262_10150473308078779_611438778_8854269_894607894_n[1].jpg
    80.1 KB
Op die pas was daar ook ‘n Haarkantdraai en dan ‘n Regoptrek.  Regoptrek was die plek wat die stylste gedeeltye van die pas was en die meeste harde werk geveg het.   
Gelukkig was Grogdraai net om die draai en dit waar die ouens bietjie uitgespan het en selfs ‘n dop gevat het
 

Attachments

  • 406873_10150473334343779_113462013_n[1].jpg
    406873_10150473334343779_113462013_n[1].jpg
    47.1 KB
Naby dit was ook ‘n heerlike koel fontein  vir die ouens wat nie ‘n behoefte in ‘n versterking gehad het nie. 


Dan is daar ook ‘n Hotkantdraai en ‘n Witkopdraai, waar jy die uitsig van ‘n wit koppie te siene kry.


Stinkhoutdraai is die draai waar ons al baie bikefoto’s van gesien het.

Hier ontmoed die pas en die treinspoorbrug.    Natuurlik het Stinkhout hier in oorvloed gegroei!
 

Attachments

  • 404808_10150473296738779_611438778_8854253_2084900132_n[1].jpg
    404808_10150473296738779_611438778_8854253_2084900132_n[1].jpg
    82.6 KB
  • 406873_10150473334328779_611438778_8854388_1512360464_n[1].jpg
    406873_10150473334328779_611438778_8854388_1512360464_n[1].jpg
    78 KB
  • 406873_10150473334303779_611438778_8854386_1079686699_n[1].jpg
    406873_10150473334303779_611438778_8854386_1079686699_n[1].jpg
    78.3 KB
  • 403262_10150473308123779_611438778_8854272_1508367319_n[1].jpg
    403262_10150473308123779_611438778_8854272_1508367319_n[1].jpg
    94.1 KB
En dan is daar Amanda se graf.  ‘n Bietjie meer uit ons modere era.  Dit gaan oor ‘n man wat daar vir sy vrou om die hand gevra het.  Later is sy oorlede en sy is daar begrawe.  Toe die man oorlede is het haar haar gejoin. Hul van was Pienaar
 

Attachments

  • 403247_10150473323218779_1059073739_n[1].jpg
    403247_10150473323218779_1059073739_n[1].jpg
    68.4 KB
Die laaste besingswaardigheid of historiese plek wat mens op die pas kry is die bouvalle van die hotel by die Noord stasie.  Die hotel was bes moontlik nog in gebruik deur die ouens wat die ou  Cradock pas moes gebruik het.

In Herold het ons omgedraai en die pas terug gery.

Ek het die rit vreeslik geniet, en omdat dit glad nie so steil was soos Attakwas nie het ek begin wintie raak.
 
:patch:
 

Attachments

  • 383070_10150473377328779_611438778_8854679_402147863_n[1].jpg
    383070_10150473377328779_611438778_8854679_402147863_n[1].jpg
    60.7 KB
As jy in die foto kyk;   die stuk pad wat uitsteek bokant die speeltjie in die draai, dit kon dalk daar gebeur het:

Sien ek het vol bravade gevoel en die bike begin oopmaak.  (dalk wou ek voor my kerel afshow en wys ek is nie meer bang nie) soveel so dat ek ewe skielik in ‘n draai beland het wat te skerp vir my was.  

(teen die tyd was ek ook op die fyn gruis pad was ek haat)
Ek het gevoel die bike gaan al hoe vinniger en vinniger en ek het nie ‘n benul gehad hoe om die draai te vat nie.  Dit het al hoe skerper en skerper geraak en ek het geweet ek gaan my gat sien as ek nie plan maak nie.  Toe maak ek maar my oe toe en trek voorbiek.

Doef kap my kop teen die grond.  Met die valslag het ek ook iets gehoor kliek maak.  Soos ‘n stok wat jy knak.  My eerste gedagte was:   my splinternuwe bike!  Sy het toe net haar eerste 1000 km geklok en haar eerste diens gekry.  
Next minumte was Nismark langs my, hy help my op, tel die bike op en se ek moet net eers stilstaan en eers bietjie wag voordat ons ry.  
Ek was bietjie bang ek kry ‘n hartaanval of iets.  Voordat ek  geval het,  het ons nog by die tolhuis planne gemaak om liewers langs die see te gaan lunch.  Nou met die val en groot skik het ons besluit om liewerste maar huis toe te ry en in Mosselbaai iets te kry.  Nismark se al wat hy gesien het was t bene en arms wat rondgewaai het.  
Anycase, hy geen vir my toe sy lang marshmellow sweetie en na ‘n paar slukke water vat ons die pad.  Aansienlik stadiger.  Toe grondpad weer teerpad ontmoed ry ‘n wit bakkie verby ons.
“EK wonder of daai nie Bus is nie” se Nismark, en met die draai die bakkie nogals ewe om.  Dit is  Bus!

So gesels ons vir ‘n rukkie met Bus en sy aanstaande en se later koebaai.  Toe ons moet ry toe voel ek, hier’s fout!  Dit het gevoel om iets fout is by my ruggraat en ek kon nie gemaklik om die bike sit nie.  Iewers het iets seergemaak.  Ek kon nie my vinger daarop sit  nie,  maar dit was beslis nie my vinger gewees nie!  Staan en ry  het beter gevoel.  So ry ons huis toe en dit raak seerder.  Toe ons by die huis kom moet ek my “pose” hou.  Jou ma hoef mos nie alles te weet nie!  
Ek het maar gese ek is styf van die  workout.  Dink dis my rug.  Na aandete gaan eet ons roomys en ek vra vir Nismark om by die apteek te stop.  Kry pille.  Vir spierspasma en die sterkte pynstillers wat hul het.  Dit was  blissfull.
Lang storie kort.  Dit was toe ‘n rib wat in die slag gebly het!  Vir omtrend nog so 6 weke na 2 maande was ‘n goeie joke my pyn besorg sowel as ‘n nies en diep asemhaling.  

Sal ek weer Montique Pas ry, al val ek my gat (erm rib) af?    Verseker!  

(ps: na my val het Nismark my geleer draaie reg ry, ek is ook nie meer so vreesbevange vir steil afdraande nie)

:paw: :paw: :paw: :paw: :paw: :paw:
 
Top