Oukloof voor Krismis

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek dog daai mooi groen gras campsite is De Hoek, waar die bergfiets 'To Hell and Back' start & finish is ( was?).
 
Ek dog daai mooi groen gras campsite is De Hoek, waar die bergfiets 'To Hell and Back' start & finish is ( was?).
Kruisrivier towards Calitzdorp Essbee. I will go again. Liked it a lot. Seems guests take their dogs too. Well they allowed me in so dogs would be no problem!! :p
😜
 
Genadiglik het Karoo Rider my genooi vir die trip ons enigste vir 2022. My ryery deesdae bestaan uit elke saterdag of sondag n draai in die omgewing. Dit was lekker om n slag "uit" te kom al was meeste van die paaie bekend aan albei van ons. Maakie sakie ons het helmet time gehad en saans lekker gekuier.

Die lang reguit stukke tussen Ladismith en Laingsburg.
FRASERBURGs.jpg
 
Laingsburg en gelukkig net n stukkie N1, want dit het gevoel asof die hele Gauteng oppad was van voor af!! Koup pad was OK behalwe een of twee dwarsslote wat n sidecar se voorwiel laat lock het en n ruiter uit die seat gehad het!!:oops:


FRASERBURG 1s.jpg
FRASERBURG 2s.jpg
 
Na n gawe kuier by Merino net buite Fraserburg sak ek Oukloof vir die eerste keer van die vier keer wat ek dit al gery het. Bly n spesiale stukkie pad en ek kan altyd net nie op hou wonder hoe die pad gelyk het toe die eerste mense hom begin gebruik het. Foto twee as iemand my beveel om daai draad te span bedank ek net daar!! :oops: Ek sien die enigste plaas omtrent in die middel van die kloof is nog steeds te koop. Ek dink hy moet aangeskaf word vir n Wilddog Nkandla!!😜
:p
FRASERBURG 3s.jpg
FRASERBURG 4s.jpg
FRASERBURG 5s.jpg
FRASERBURG 6s.jpg
FRASERBURG 7s.jpg
FRASERBURG 8s.jpg
 
Ons het nie verwag dat die driwwe so erg verspoel sou wees, maar gelukkig is beide deur. Een het ek amper vasgesit in die los gruis. Eerste rat en hoë revs is al wat my gered het!!😅
FRASERBURG 9s.jpg
FRASERBURG 10s.jpg
 
Leeu-Gamka is stinkwarm en die N1 vloei nog steeds een string karre af Kaap toe. Prins Albert voel nog warmer. Ons stop vinnig vir vloeibare verversings vir die aand en gaan skuil so bietjie in die koelte net voor Swartbergpas begin. Sidecar is slow going in die pas op en halfpad anderkant af moet ek stop. Bike is stink warm vante min airflow. Tien minute se stop laat die ou so bietjie afkoel en daarvandaan tel die spoed so bietjie op dat hy wind in sy kiewe kan kry.

FRASERBURG 11s.jpg
FRASERBURG 12s.jpg
FRASERBURG 14s.jpg
 
Ons ry die mooi Groenfonteinpad albei vir die hoeveelste keer en dit bly nog steeds prentjie mooi. Kruisrivier se kampplek was soos regs in links tot by die boom en gras wat ek georder het. Kabbelende water drie tree vanaf my tent wat op gras groen grasperk staan. Soos altyd in n kampplek kry ek weereens n hond ook gelukkig het die ou nie my tent gekies vir n slaapplek hy was te nat.
Die vuur laat die gesels vloei en die tande kou en ons kuier so lekker dat KR vier glase drink waarvan n wit perd in die binnekant rond swem!! 😜
(y)
Die kamp was n afsluiting van n gawe trippie. Ek gaan slaap met die gedruis van lopende water en die reuk van vars gesnyde lusern in die lug. (y)


FRASERBURG 15s.jpg
FRASERBURG 16s.jpg
FRASERBURG 17s.jpg
FRASERBURG 18s.jpg
 
Ons pak op die volgende oggend. Die pad verder verby die rooi koppe mooi soos altyd en Calitzdorp, Ladismith vinnig by KR se huis in omte bevestig hys veilig by die huis😜
Ladismith huistoe is een lang stuk teer en die sidecar laat hom nie aanjaag nie!!😬
Iewers op die trip het ek genoem dat ek die kampery sal moet los omdat my lopery en opstaanery eenvoudig net te vrot is,maar as KR my arm draai in die toekoms en kans sien om my op te help sal ek my laat om praat. Die kampery is so n groot lekkerte van n trip dat ek dit erg sal mis as ek dit nie meer kan doen. Dankie Jan vir jou hulp,geduld,gesels en vriendskap. Sonder jou sal so n trippie nie moontlik wees. Ek het my bes probeer om nie weer n ou storie vir die 5de keer te herhaal,maar my geheue laat my soms in die steek!!😜
FRASERBURG 19s.jpg
FRASERBURG 20s.jpg
FRASERBURG 21s.jpg
 
Kruisrivier is 'n mooi plek. Het al daar gekamp.

Weet nie of dieselfde mense nog daar is nie. Die man (baas vd plaas) het destyds in die VSA gaan werk vir 'n tyd. Dink hul kinders het nou oorgevat. Nie 100% seker nie.

Dankie vd kiekies Chris. Kamp en bike ry gaan hand aan hand en dis lekker.
 
Kruisrivier is 'n mooi plek. Het al daar gekamp.

Weet nie of dieselfde mense nog daar is nie. Die man (baas vd plaas) het destyds in die VSA gaan werk vir 'n tyd. Dink hul kinders het nou oorgevat. Nie 100% seker nie.

Dankie vd kiekies Chris. Kamp en bike ry gaan hand aan hand en dis lekker.
Die eienaar is n baie interessante kêrel en hou van gesels. Ene Strydom en hy is die 7 de geslag op Kruisrivier. Die eerste Strydom's op die grond het daar begin boer in 1753 dink ek het hy gesê. Hy het ophou boer behalwe vir 4 hektaar lusern langs die kampterrrein. Ek het n vermoede hy hou van sukkel met n baler die dat hy nie kan ophou met die lusern!! 😜
😬
 
Die eienaar is n baie interessante kêrel en hou van gesels. Ene Strydom en hy is die 7 de geslag op Kruisrivier. Die eerste Strydom's op die grond het daar begin boer in 1753 dink ek het hy gesê. Hy het ophou boer behalwe vir 4 hektaar lusern langs die kampterrrein. Ek het n vermoede hy hou van sukkel met n baler die dat hy nie kan ophou met die lusern!! 😜
😬
Gesels se jy - nee my maat - daardie man begin aan die begin vd woordeboek en hy eindig by die laaste woord. Daarna kom die telefoongids aan die beurt. :ROFLMAO::ROFLMAO:

Dit gese - dit is goeie mense. Tyd dat ek weer daar moet gaan inloer.
 
Dankie Chris, dis altyd 'n groot lekkerte en voorreg om saam met jou op 'n trip te gaan - ek verruil dit vir niks. Ons maak beslis weer so!
 
Bitter mooi wereld waar julle gery het, Chris. Baie dankie vir die storie en foudies!
Ek sê weer, julle moet tog nie ophou ry nie...
 
Bitter mooi wereld waar julle gery het, Chris. Baie dankie vir die storie en foudies!
Ek sê weer, julle moet tog nie ophou ry nie...
Dankie Tampan. Tyd sal leer my geraamte wil nie meer en ek weier om n rolstoel saam te ry op die sidecar. Ek het anyway nie een wat lig genoeg is om saam te ry. Daar sal n tyd kom wat ek sal moet op hou,maar vir eers terwyl ek nog self kan op en af klim hou ek nog aan. (y)
 
Top