Oukloof voor Krismis

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,729
Reaction score
489
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Die jaar twintig-twee-en-twintig. Wat 'n knewel. Veral werksgewys was dit 'n uitdagende, maar tog vervullende jaar vir my. 'n Nuwe pos en werk op verskillende aanlegte, 'n stewige leerkurwe inderdaad. Volgende jaar se take en hul sperdatums is reeds pragtig en puntsgewys uitgesit vir wanneer ek vars terugkom van verlof... So wat is dan nou beter saligheidskos vir 'n tamme siel, as om so bietjie in jou eie helmet te gaan sing iewers in die Karoo?

Een van die eerste ritte wat ek en Chris Louw destyds gedoen het, het onder andere deur Oukloof naby Fraserburg geloop. Om een of ander rede het daai relatiewe kort knikke en draaie in my gedagtes gaan vassteek en toe ek vir Chris noem dat ons moet gaan ry, was dit eerste op die wenslysie van die paar dae se wegbreek. Tydsgewys was ons wel ietwat beperk aangesien geen laatkommery by die onderskeie Krismis-etes sou geduld word nie, en Woensdagoggend 21.12.2022 word die perde in die pad gedruk vir 'n gawe paar dae se rondry.

Ou Blou-toon, opgesaal vir die tog wat voorlê.

20221221_081303 small.jpg
 
Top