Oukloof voor Krismis

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie Tampan. Tyd sal leer my geraamte wil nie meer en ek weier om n rolstoel saam te ry op die sidecar. Ek het anyway nie een wat lig genoeg is om saam te ry. Daar sal n tyd kom wat ek sal moet op hou,maar vir eers terwyl ek nog self kan op en af klim hou ek nog aan. (y)
Dankie Chris - jou vasberadenheid om aan te hou is 'n groot aansporing vir ek glo baie van ons wat al begin dink aan aftree... 👏
 
Paparazzi snap mens ook orals deesdae!!! Kom ek terug vanaf Ladismith laaste stukkie op die N2. Nogal WD ook Morne660!! (y)
😛

gesnap.jpg
 
Dankie vir jou foto's Jan ek sal my paar skameles later opsit.

Iets wat vir my merkwaardig was van die trip was hoeveel sterre daar naby Frazerburg was teenoor by Kruisrivier. Beide aande was oop lug en dit het wragtag gelyk asof daar loadshedding in die hemelruim ook was so baie minder sterre was daar suid van die Swartberg.

Ook op Verneukpan lyk hulle minder, asof die wind hulle verstrooi het. Maar ek wil nog teruggaan om seker te maak.

Eerste nag in Fraserburg het dit my gevoel ek kan my hand uitsteek en sterre pluk soos vrugte.
 
Top