Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Karoo Rider said:
'n Goeie vrou is inderdaad 'n lewensvoorreg.  Maar julle moet darem ook die opoffering raaksien wat ek so gereeld moet doen om haar en haar Ma 'n bietjie moeder-dogter tyd saam te gun.  Dis nie maklik nie.

Hoe hoog gestapel is die vuil skottelgoed nou al?  O0 >:D  Is daar genoeg skoon borde tot jou vrou weer tuis is?
 
Dorsland said:

:imaposer: Ja mens moenie jou hand oorspeel met 'n vrou nie!
 
Dorsland said:
Karoo Rider said:
OomD said:
Om so RR te lees los sommer 'n gevoel van vrede in mens se gemoed. Hierdie rit van jou wys hoe mens net 'n motorfiets nodig het in jou lewe, om jouself weg te neem en daardie vrede te gaan vind. Jy en [member=12730]Dorsland[/member] sal lekker saam kan dig. Dankie vir die deel. :thumleft:

Dankie OomD, waardeer. Ja ek ken vir Dorsland, het selfs al by hulle oorgebly. Sy skryfstukke is natuurlik op 'n totaal ander vlak, ek wens hy wil 'n boek uitbring... :pot:

Glad nie [member=13627]Karoo Rider[/member] , jou leesstof is pragtig neergepen, dit lees lekker. Ons taal is so mooi, dit maak mens sommer lus om die lewe daarin neer te lê. 

Jy ry wild en wakker rond sonder dat jy amptelik in die AT gêng opgeneem is nê.  Die AT polieste gaan jou 'n stywe boete oplê.  :biggrin:  Dit bestaan gewoonlik van lamtjops vir 30 mense êrens op die vlaktes braai.  :peepwall: :lol8:

Ek sê nou die dag vir Chris as hy sy pelle nooi vir sy verjaarsdag sal dit lyk soos 'n Africa Twin Bash... :pot:
 
Ek dink ek moet sommer Dorsland se rims koop en op my sidecar sit dan soortvan gel ek darem in tussen die All Terrains!! ;) :lol8:
 
Karoo Rider said:
Daar is mos iets anders aan 'n Sondag.  Die huis hang gewoonlik vol koffie en varkspek en roosterbrood.  Ek girts die blindings oop en die luiwarm winterson glinster op die sneeubedekte Klein-Swartberge.  Word mens ooit moeg van dit?  “Ek dog jy’s al weg?” hoor ek my vrou sê.  “Ek gaan my Ma haal vir die dag.  Jy’s welkom om te bly, maar wou jy nie ‘n draai gaan ry het met die bike nie?”  Na twee dekades saam, begin verstaan ‘n mens mekaar.

Rooi knoppie. Die Twin se enjin ontwaak.  Die garagedeur maak agter my toe, en die wêreld maak oop.  Met koele oggendlug vleg ek die Noupoortjie deur al met Roete 62 langs.  Geel Gousblomme groet.  ‘n Werkershuisie se kosvuur kom maak hom vir ‘n wyle tuis hier onder my neus.  Dan, byna onverwags, wink die Plathuispad my na regs.  Plasse water staan nog hier en daar, en die veld lyk goed.  Die Twin luier geduldig saam, gereed vir enige oomblik se aksie vanaf die ruiter, maar vandag stel ek hom teleur.  Vandag jaag ons nie.  Dis mos Sondag.

By Prinspoort se sementdriffie trek ek af.  Hier het ons met die kinders al kom mooi rivierklippies uitsoek, en op ‘n keer het ek en ou Veldtie ook al lekker hier gebraai en diep dinge gesels.  Maar vandag vertoef ek nie.  Bo in een van die kranse hoor ek die geluid van ‘n bedrywige swerm bye.  Dis inderdaad dan ook hier waar die storie vertel word van ‘n jongman van die omgewing wat houtpenne in die skeure ingekap het om sodoende te kan opklim om heuning uit te haal.  Daar het hy hom eendag egter na sy dood geval.  Dit kon dalk dieselfde nes gewees het.  Dit kon dalk op ‘n Sondag gewees het.

Ek ry verder en kom by die Platdrif en Hondewater aansluiting aan en besluit om hier vir ‘n rukkie af te saal.  Ek het immers ‘n klein bederfie vir myself saamgery wat dalk nie vir almal tydens die inperking beskore was nie:  ‘n botteltjie Black Label bier.  Ek dwaal tussen die vygies en wit kristalklippe rond.  Waarna soek ek?  Ek weet nie.  ‘n Entjie verder kry ek my sit op ‘n mylpaaltjie.  En daar, doodstil en op my eie, begin kry ek iets soos vrede.  Vrede oor familie wat dood is aan COVID.  Vrede oor my onlangse ongeluk met my vorige motorfiets.  Vrede oor ons land en al sy probleme.  Sommer net vrede.  Want dis Sondag.
Baie mooi! Ek ruik nou nog daardie koffie, varkspek en roosterbrood.

Sent from my PRA-LA1 using Tapatalk

  n RR so na my hart.Dankie Jan.
 
Dorsland said:
Ons taal is so mooi, dit maak mens sommer lus om die lewe daarin neer te lê. 

Absoluut - tot my skaamte is ek 'n agtergeblewe. 
My oupa wat al 'n stuk of 30 boeke (waarvan heelwat al 'n herdruk gesien het), geskryf, en my ouma wat die mooiste kinderboeke geskryf het, eg in die volksmond.

Wanneer ek stukke lees soos die een van Karoo Rider, identifiseer ek onmiddelik met die gevoel wat hy deel, grotendeels oor "die taal"  -  dankie vir die moeite.

Dorsland said:
Jy ry wild en wakker rond sonder dat jy amptelik in die AT gêng opgeneem is nê.

Laat weet wanneer julle die klag bedien, hou ook van skaap kotelette  ;)
 
Beserker said:

Baie dankie Beserker - waardeer!  Ek raak dan nou lus vir braai...
 
Top