Reg vir die koue met Oxford Hot Grips

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Doringboom

Race Dog
Joined
Sep 14, 2006
Messages
610
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Suzuki DL 1000 V-Strom
Ek het so 'n tydjie gelede vir my Strompie hierdie Touring Hot Grips van Oxford opgesit. Man, hulle werk lekker! So op half-revs brand hulle al my handpalms. Ek reken op vol-revs kan mens seker 'n padkossie langs die pad opwarm :biggrin: Ek was nogal beïndruk met die volledigheid van die inhoud van die boksie waarin alles kom en met die duidelike instruksies vir hoe om te werk te gaan. Behalwe vir 'n bietjie vyl- en saagwerk ten einde die throttle slider tube se buitekant glad te maak, insulation tape om die inprop konneksies mee toe te draai en 'n paar ekstra cable ties, is alle benodigdhede in die boksie en is dit basies net 'n stap-vir-stap monteerproses - met 'n bietjie common sense en geduld natuurlik. Die prys vir die stelletjie: R1000 by Runner hier in Petoorsdorp. Lekker man, lekker :thumleft:
 

Attachments

  • Links.jpg
    Links.jpg
    124.6 KB · Views: 318
  • Ook links.jpg
    Ook links.jpg
    122.4 KB · Views: 322
  • Regs.jpg
    Regs.jpg
    110.7 KB · Views: 316

Latest posts

Top