Ry en blomme kyk

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
1
Bike
KTM 1290 Adventure R
Flatout adverteer trip en ons besluit om in te val. Ons menende myself en die "goverment", Robert die bankier, Lourens en Vlooi die backup 4x4. Saterdag douvoordag op en val in die pad terwyl dit nog donker en leeukoud is. Ek, vroulief en die backup crew wil eers gaan foefieslide in Ceres en spreek af om Flatout en Robert daar te ontmoet 10uur. Fotos van die okasie sal later gelaai word want die betrokke kamera word vergeet in Middelpos. Vertrek 10:30 se kant uit Ceres en op die berg eers kanne petrol volmaak om die KTM's se range te verleng. Op Katbakkies word daar eers gestop vir Kodak moments asook by die murasie waar flatout vir ons n geskiedenis asook n aardrykskunde les gee. Moet se dit help om n man saam te vat wat die omgewing en die geskiedenis ken. Ons verken ook die grot (wie het geweet daars n grot op katbakkiespas) Nou ry ons om by die Tankwa padstal dors te les en n burger te eet. Daar gekom vind ons dat die plek beset is deur bergfietsryers.
 

Attachments

  • IMG_0631.JPG
    IMG_0631.JPG
    189.2 KB
  • IMG_0631.JPG
    IMG_0631.JPG
    189.2 KB
  • IMG_0634.JPG
    IMG_0634.JPG
    357.2 KB
  • IMG_0630.JPG
    IMG_0630.JPG
    150.5 KB
Nog fotos van die trippie tot by die padstal
 

Attachments

  • IMG_0635.JPG
    IMG_0635.JPG
    366.2 KB
  • IMG_0639.JPG
    IMG_0639.JPG
    371.4 KB
  • IMG_0641.JPG
    IMG_0641.JPG
    356.3 KB
  • IMG_0643.JPG
    IMG_0643.JPG
    241.1 KB
  • IMG_0646.JPG
    IMG_0646.JPG
    271.4 KB
  • IMG_0647.JPG
    IMG_0647.JPG
    359.6 KB
Verder word daar toe gery rigting Calvinia op die R355 waar Flatout die pas aangee maar gelukkig hou die KTM's by die Honda. Daar word afgedraai in die Tankwa park in en hier begin ons die eerste blomme teekom. Soos getroue blommemoffies (soos ek sien in planning a ride) oe en a ons by elke smokebreak. Gannaga Pas is asemrowend mooi en volgens my onder die top bergpasse in ons land, veral as jy dit soos ek die eerste keer ervaar. Bo-op die pas het groot klippe die pas toegeval en moet die 4x4 mooi mik en pas om verby te kom. Die laaste 20km of so middelpos toe werk die pad nogal die lyf as gevolg van diep slote wat in die onlangse modder gery is. Dit is kies n sloot, stand up, close eyes and open up. (enigste manier om hierdie stuk te ry) My oe maak ek so nou en dan oop as ek toeters hoor van voetuie van voor. Daar is ook n paar watercrossings wat deurgestorm word. Op Middelpos slaap ons oor en die plaaslike donkiekar word ook vir n toetsrit deur vroulief geneem.
 

Attachments

  • IMG_0652.JPG
    IMG_0652.JPG
    262.1 KB
  • IMG_0657.JPG
    IMG_0657.JPG
    266.3 KB
  • IMG_0655.JPG
    IMG_0655.JPG
    264.8 KB
  • IMG_0653.JPG
    IMG_0653.JPG
    259.8 KB
  • IMG_0651.JPG
    IMG_0651.JPG
    237.7 KB
  • IMG_0648.JPG
    IMG_0648.JPG
    318.3 KB
Straddle said:
Soos getroue blommemoffies (soos ek sien in planning a ride) oe en a ons by elke smokebreak.

:imaposer:
 
Wat het ’n mens nodig vir die perfekte naweek?  Sonskyn, die Karoo, goeie geselskap, lekker Bikes en ’n klomp genade van bo. Dit alles was vir ons die naweek beskore.

Straddle jy’s darem lekker skerp so op ’n Sondag aand.  :thumleft:

Beskikbare tyd bly ’n probleem so ek sal so stuk- stuk direk moet pos.

Die blomme foto’s in dié RR word spesiaal opgedra aan my vrou wat moes tuis bly  :love10:  , Riekie en Vlooi asook alle dames op die forum.
 
Vandag word die pad na Calvinia aangepak en ek vind uit dat die steering damper by basvel red as n ou sand n bietjie teen entoesiastiese spoed van 150 deurvlieg. Na hierdie motorfietsles geleer stop ek eers om die karoo in te neem en te kalmeer. In Calvinia gooi petrol en toe in die rigting van niewoudtville. Padwerke maak ons stop en go tot ons afdraai op die R364 teen Botterkloofpas af en oor die doringrivier. Hier staan die blomme geil in al hul prag en blommekykers is ook die pad vol. Pakhuispas alhoewel teer is ook pragtig en ek moet die katoem van vooraf leer teerpad ry. By Clanwilliam groet ons vir flatout wat eers nog n gronddraai wil ry deur Paleisheuwel. By Piketberg draai ons toe self terug grond toe en maak gatskoon huis toe om betyds te wees vir n vroe aandslapie. 880km 70% grond. Flatout moet sy deel bysit, hy is die ou met die mooi fotos en die kennis. Altyd goed om n gids saam te vat veral as die man daai transalp ry asof dit n katoem is.
 

Attachments

  • IMG_0658.JPG
    IMG_0658.JPG
    288.9 KB
  • IMG_0661.JPG
    IMG_0661.JPG
    298.8 KB
  • IMG_0663.JPG
    IMG_0663.JPG
    299.3 KB
  • IMG_0666.JPG
    IMG_0666.JPG
    407.6 KB
  • IMG_0672.JPG
    IMG_0672.JPG
    358 KB
Hier kom Straddle en Riekie bo-op Katbakkies aan.
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 003.JPG
    Middelpos en blomme 2013 003.JPG
    334.7 KB
Gevolg deur Robert
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 004.JPG
    Middelpos en blomme 2013 004.JPG
    345 KB
Iewers onderkant Botterkloof sit Riekie,Straddle, Vlooi en Louwrens tussen die blomme. Hulle "oer gene" laat voel hulle sommer heel tuis in die veld.
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 053.JPG
    Middelpos en blomme 2013 053.JPG
    479.1 KB
So twee blomme foto's totdat ek weer kans kry vir die res.
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 080.JPG
    Middelpos en blomme 2013 080.JPG
    480.1 KB
  • Middelpos en blomme 2013 106.JPG
    Middelpos en blomme 2013 106.JPG
    490.6 KB
Nou ja, na ’n dag by die werk kan ek amper nie glo dat ons die naweek so lekker rond gerits het nie.

Hier volg nog so 'n paar foto's. Vanaf die grot tot net bo-op Gannagapas.

 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 009.JPG
    Middelpos en blomme 2013 009.JPG
    337.5 KB
  • Middelpos en blomme 2013 013.JPG
    Middelpos en blomme 2013 013.JPG
    291.3 KB
  • Middelpos en blomme 2013 014.JPG
    Middelpos en blomme 2013 014.JPG
    280.3 KB
  • Middelpos en blomme 2013 020.JPG
    Middelpos en blomme 2013 020.JPG
    498 KB
  • Middelpos en blomme 2013 021.JPG
    Middelpos en blomme 2013 021.JPG
    475.3 KB
Tot by Gannagapas was die paaie droog en in 'n redelike toestand. Bo-op die plato-rand was dit egter 'n ander saak en modder stroke en watergate sorg vir groot vermaak. Ek ry heelpad op Straddle se hakke wie se 990R woes bokspring. Op 'n stadium ry hy vir 'n ruk net op sy voorwiel en ek wonder skielik hoe ek nou moet lyk op die Transalp met sy amper padfiets suspensie. By rukke het ek maar net my voorwiel gery en probeer om nie te  gedink aan  wat met die res van die fiets aan die gebeur was nie. Soos te verwagte het vrees gemaak dat niemand natuurlik weer 'n kamera uit gehaal het nie.  :-[
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 023.JPG
    Middelpos en blomme 2013 023.JPG
    445.7 KB
  • Middelpos en blomme 2013 027.JPG
    Middelpos en blomme 2013 027.JPG
    306.5 KB
  • Middelpos en blomme 2013 029.JPG
    Middelpos en blomme 2013 029.JPG
    329.3 KB
  • Middelpos en blomme 2013 016.JPG
    Middelpos en blomme 2013 016.JPG
    455.4 KB
  • Middelpos en blomme 2013 015.JPG
    Middelpos en blomme 2013 015.JPG
    499.5 KB
Hier kom Straddle deur die rots poort in Gannagapas gevolg deur "Blitsig" wat weer net 'n wasigheid is.  ;D
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 025.JPG
    Middelpos en blomme 2013 025.JPG
    498.3 KB
  • Middelpos en blomme 2013 026.JPG
    Middelpos en blomme 2013 026.JPG
    275.9 KB
Toe die sweep klap trek die Donkie-kar so vinnig weg dat Riekie en Vlooi alby met 'n gil agteroor tip.  :lol8:
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 030.JPG
    Middelpos en blomme 2013 030.JPG
    330.3 KB
Ek was bekommerd dat ons na 'n aand se lekker kuier nie betyds sou wakker word die volgende oggend nie. Min het ons geweet van dié ou!
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 033.JPG
    Middelpos en blomme 2013 033.JPG
    214.4 KB
Dié foto is geneem deur die legendariese Vadertjie Langbeen 
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 034.JPG
    Middelpos en blomme 2013 034.JPG
    337 KB
Ek het darem twee meisies gehad vir die nag maar gelukkig het ek voordat daar iets kon gebeur uitgepass  :spitcoffee:
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 038.JPG
    Middelpos en blomme 2013 038.JPG
    312.8 KB
Die Middelpos Boutique  :eek:

Nou weet julle wat van Koning Midas se twee verlore dogters geword het
 

Attachments

  • Middelpos en blomme 2013 039.JPG
    Middelpos en blomme 2013 039.JPG
    352.3 KB
Top