Right, die storie het in 2011 begin, toe ons ry groepie Lesotho toe is, het Michelle net so 2 maande geken... en het haar belowe sal haar ook eendag gaan sneeu wys... en 2013 is die jaar!
Die 3de Julie, het ons die bevestiging gekry van Sani Backpackers dat hul plek het, en die aand skryf ek Die Groot Rooie af!? Nou is die hele trip op ys, no pun indended... Besluit by myself gaan die trip doen... :deal: sal al die admin uitsorteer, nuwe fiets kry, en fiks genoeg wees! Elke week getrou physio oefeninge gedoen...
Die week voor die tyd is Michelle so opgewonde en ons skaf warm klere aan, extra slaap sak, die pienk mus en en en... Donderdag aand pak ons baie vinnig... so dat ons nog n paar episodes Big Bang Theory episodes...want ons kan nie slaap nie...
Die volgende oggend 4h45 op... 5h10 panniers en bokse op, die eerste keer dat ek met sulke goeters ry!! En so 5h20 is ons in die pad. :ricky:
Sani (2).JPG
En van Galloolies begin die so fyn mis reen...alles is fine maar die sproei van die trokke maak dinge nat.. stop om reen jasse aan te trek...
Stop op Villiers vir Koffie en n Wimpy breakfast, en almal kyk ons aan of ons mal is...
Sani (3).JPG
Sani (4).JPG
Lekker nat man!!!
En van daar steeds in die reen seker vir nog so 45 min na n uur...
Op Harrismith stop ons by die Engen vir n bene rek... en raai wie kry ons daar?! Hein, Flip en Karl met hul pillions... Arme Michellie kry koud en ek organise gou warm water vir haar warm water sak... woeps, onder die baadjie in... groet die S groep, en daar ry ons...Oliviershoek pas her kom ons!
Gelukkig is die Military Fuel Tanker n GSA en die slegte pad langs die Sterkfontein dam is soos n gravel highway!
Oliviershoek pas
Sani (8).JPG
Sani (9).JPG
Van daar pop ons gou in by Little Switzerland, die eerste keer wat ons altwee daar is...
Sani (13).JPG
Sani (14).JPG
Iemand kry lekker koud...
Van daar stoot ons deur Winderton tot op Mooi Rivier vir nog n Wimpy Burger... en raai wat... dit reen weer.... :toothy11:
Vandaar Nottingham toe, en daai +-70km grond pad na Himeville toe..
Sani (18).JPG
Sani (19).JPG