Saterdagoggend thump deurie Boland

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse

Donderdagaand kry ek n Watsapp vanaf Robert (Old School Biker). Sy XT600 is ontslaan vanuit die hospitaal en hy wil graag 'n "shakedown" trippie doen voor aanstaande week se XT-Bash.

'n Week vantevore was ek en Swanniebraai oor die berg en het ons saam met OSB paar Overberg paaie gaan verken, so hierdie keer was dit sy beurt om Paarl se kant van die berg toe te kom. Hy het voorheen vir my twee versoeke ingesit dat hy graag Paarlberg se bergpaadjie wil ry, asook Bainskloofpas.

Die basiese roete wat ons gevolg het maak eintlik 'n baie lekker dagtrip.

Ek het vir OSB ingewag by Klapmuts se BP. Het eers lank gestaan en gesels met Kokkus, Fred4Stroke en Westley wie gister Koedoeskloof toe is. Daarna ook lekker met Oom John Carr gesels wie ook vir 'n rymaat gewag het.

Van hier af het ons afgedraai na Eenzaamheid Road & Otterkuil, en van daar af na Boland Landbou se rigting. Hierna het ons 'n mistige Paarlberg getrotseer oor Jan Phillips Bergpad.

Aan die Taalmonument se kant het die hongerpyne begin kwel, maar ek wou graag deurdruk Du Vlei padstal toe. Paarl was besig weens die jaarlikse interskole, maar ons het soos ervare commuters deur die dorp geblits. By Lady Loch afdraai het ons aangehou en regs gedraai op die Haaskraal/Porseleinbergpad. Na so vyf dae se sonskyn het hierdie pad mooi afgedroog, en ons kon die ore gedraai hou tot by daai lekker ontbyt.

Na ete was dit tyd om terug te keer na Wellington, sommer weer oor Porseleinberg, waar Robert moes tenk optop. Bainskloof was glad & mistig, maar dit het eintlik gehelp dat ons hom baie rustig vat, en al die mooi natuurskoon deeglik inasem.

Ons het deur die mooie Slanghoekvallei teruggekom, en ons paaie het by Rawsonville geskei.

Van hier af is ek terug Durbanville toe oor Du Toitskloofpas. Dit was maar koud, met sterk wind van voor, en ek het maar kabel gehang om by die huis te kom, so ek het nie vir 'n foto bo-op Carrots corner gestop nie.

Op die ou end was die roete se afstand seker so 275km. Die Dakar het my weereens aangenaam verras, tenk was nie 100% vol nie, en my liggie het eers by die huis aangekom.  Nooit het ek gister skrikkerig gevoel op die grondpad nie, hierdie 650 klas fietse maak regtig die dag se taak maklik.  

Twee lekker bikes, kameraadskap, 'n great dag en 'n baie mooi roete.

Ons is voorwaar bevoorreg om hier te kan bly  :thumleft:

1) Eenzaamheid Road
2) Water afslaan op Hoogstede
3) Jan Phillips Bergpad
4) OSB gooi 'n lekker meerkat move op Jan Phillips.
5) OSB lyk soos 'n kat wat room gekry het voor sy Sloppy Joe breakfast.
6) My gunsteling windpomp op Porseleinberg
7) OSB....diknek & klein tandjies
8) Deinserig op Bainskloof
9) Safely Home....tick tick tick  



 

Attachments

  • WP_20140802_003.jpg
    WP_20140802_003.jpg
    71.4 KB
  • WP_20140802_005.jpg
    WP_20140802_005.jpg
    75.3 KB
  • WP_20140802_006.jpg
    WP_20140802_006.jpg
    95.3 KB
  • WP_20140802_008.jpg
    WP_20140802_008.jpg
    75.4 KB
  • WP_20140802_011.jpg
    WP_20140802_011.jpg
    43.8 KB
  • WP_20140802_013.jpg
    WP_20140802_013.jpg
    54.3 KB
  • WP_20140802_017.jpg
    WP_20140802_017.jpg
    86.6 KB
  • WP_20140802_019.jpg
    WP_20140802_019.jpg
    74.6 KB
  • WP_20140802_020.jpg
    WP_20140802_020.jpg
    94.7 KB
Mooi fotos Lem.
Ek hou veral van daardie die eerste foto.  :thumleft:
 
skydiver said:
Mooi fotos Lem.
Ek hou veral van daardie die eerste foto.  :thumleft:

Thanks! Nokia Lumia selfoon...

daai bloekomlaning is so ommenby 500m lank. Ons het hier so presies halfpad in hom gestop. Dit bly een van my gunsteling serenity spots in die Kaap  :thumleft:
 
gwild said:
Nice pics and RR, is daai sloppie joes breakfast by Du Vlei? Thx for sharing  :thumleft:

Yes Gavin. At Du Vlei. I've also previously had their farmhouse & omelette, and those were great, but I'll never order anything other than those Sloppy Joes from now on  :thumleft:
 
Top