Solo deur die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
DeHaas said:
Goeie werk Lem! Klink my die trippie was goed vir jou.
Maak my sommer jaloers hier oorkant die waters. Wanneer ek terug is maak ons 'n plan om saam te ry. Sal net weer 'n bike moet aanskaf  :peepwall:

Yes Ruan, dis lekker om jou blogspot te volg, nou kon jy biejtie myne ook volg. ekt nuwe respek gekry vir KLR's, so jy kan weer een van hulle aanskaf. Sterkte daai kant!!
 
Lotta said:
Thanks Lem vir die RR. Dit was n voorreg om jou te ontmoet. Daar is darem niks wat n ou se kop so skoonmaak soos n lekker bike trip na die regte plekke toe nie. Ek glo ons paaie gaan weer kruis.

Dankie Oom Arthur. dit was great, nou moet ek net n trippie ry daar na julle wereld toe. het julle al daai Adventure se petrolpomp uitgesorteer?
 
Lem said:
chrisL said:
Het nou jou skrywe vreeslik geniet Lem.
Hoop ek sien jou eendag hier in my tuisdorp.

Ja thakns Chris, die keer het die tyd my bietjie gevang, maar ek wil by jou n draai maak. ek moet weer 'n band by jou bestel, daai heidi K60 het nou presies twee jaar gehou. Ek sal jou bel as my belastingtjek ingekom het.  :thumleft:
As jy soek moet jy nou sê want hulle kom een van die dae.
 
Lekker RR Lem. En al dink jy nie jy is 'n fotograaf nie is die fotos goed! 8)
 
Trailrider said:
Lekker RR Lem. En al dink jy nie jy is 'n fotograaf nie is die fotos goed! 8)

Thanks Trailrider, toe ek daar in Stilbaai was het ek jou rubriek in die Suid Kaap Motorburger gelees oor die Harley Softail Fatboy. Baie nice rubriek!! Ook n baie nice bike.
 
:)

Nice Report! 

Hoop jy gaan sommer op nog baie trips dat jy jou ervarings met ons kan deel. 

 
Lem said:
Lotta said:
Thanks Lem vir die RR. Dit was n voorreg om jou te ontmoet. Daar is darem niks wat n ou se kop so skoonmaak soos n lekker bike trip na die regte plekke toe nie. Ek glo ons paaie gaan weer kruis.

Dankie Oom Arthur. dit was great, nou moet ek net n trippie ry daar na julle wereld toe. het julle al daai Adventure se petrolpomp uitgesorteer?

Ja dit was water  wat die konneksie na die pompie bevark het. Uitgesorteer as jy weet waar om te kyk.
 
Dankie Lem! Soos ons op oom Angus se plaas keer op keer gese het, AMEN! Eks seker julle het ook en dit het seker ook dan bietjie gehelp vir die koue!? Sal graag die Karoo een n slag wil bywoon ...! Geseend! :ricky:
 
Die kaartboek was 'n plesier en dit was nou wragtig 'n lekker report om te lees man!Bly jyt veilig terug by die huis gekom :thumleft:
 
Nice Lem - bly jy het dit geniet.  EK en my vrou is 'n week voor dit by Middelburg verby oppad Colesberg toe - sopnat gereen.

'n Klomp ouens vd werk het as 'n groep MMC toe gegaan en dit baie geniet.

Groete en mooi bly
 
Lem, wat 'n voorreg om jou RR te lees!! Wonderlikke getuienis. Ek sou alleen die Donderdagoggend uit George ry (80% grondpad roete beplan gehad - oa deur Nieu Bathesda) en toe ek 07h00 die laaste pannier wou vasmaak aan die bike toe breek die ding (moes na ChrisL geluister het op die fees die vorige naweek en maar daai Trax panniers bestel het).

Dis toe eers laat ek hoor wat die Here vir my se - "ek het jou gese Greg moet saam met jou gaan!". Greg ('n maat van my) konnie sy bike betyds kry nie en moes die dag voor ons ry kopuittrek. Toe moes ek met die bakkie gaan en Greg kon saam.

Volgende een in Middelburg maak ons 'n groot groep (ry daai grondpad roete van my) - dis 'n besonderse ervaring en daars geen beter plek om God te loof en prys as op jou bike en tussen ander manne nie!!

Moet se - my Heidi is ook klaar - het een op bestelling daar by ChrisL darem.

 
Wow, thanks Ogre, lekker om te hoor van nog iemand wat daar was. Daai roete van jou klink na n wenresep.

Selfs twee weke later kan ek nie uitgepraat raak van die hele ondervinding nie, want dis die dinge wat jy sien wat jou sagmaak en nederig hou wat by jou bly, veral vir n stadsjapie soos ek.

Daai boere wat met hulle lorriers en hul plaaswerkers optrek soontoe, die indiese families, oupas, pa's en seuns en kleinseuns.......dit sal my altyd bybly

almal daar vir een gemene doel.

as volgende jaar kom gaan ek n "planning a ride" thread post vir hierdie een. 
 
ek ondersteun jou 100%!

BTW LEM - wat se praktyk het jy as ek mag vra?
 
Top