Solo Paasnaweek draai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
In my lewe doen die geleentheid om te gaan ry hom maar selde voor deesdae. Toe ek besef vandag is so 'n dag is ek sommer al vroeg op en voor sewe ry ek al in die rigting van Ceres. Dis mistig en koud en ek bibber tot in Bainskloof voordat ek onthou van die "heated grips". Op my ouderdom raak dinge sommer gou geskiedenis en ek het die goed laas jaar gebruik.  :ricky:

In Ceres trek ek by die Shell Garage in net betyds om vir Andy, Boere, Hope, Berty en Grant daar raak te loop. Van die manne sit reg om te ry maar sekere Kommando-wurms besluit dis nou tyd om 'n Pie te eet. In die proses word daar toe nou weer 'n vinnige twakpraat-sessie geskep en ons kuier lekker saam vir 'n paar minute.

Ek was nogal lus om saam met hulle te ry maar my moed begewe my toe weer. Sien , die manne weet hoe om die klankgrens te breek en doen dit ook gereeld. Hulle is baie ervare en sekeres het al teen hoë spoed op die pad rondgerol  :imaposer:

Oppad Plaastal toe onhou ek Cocky se aanmerking oor Simon Fourie se gejaag in Namibie en ek ry sommer so op my eie dat die Transalp uitsny in top gear. Toe ek daar stil hou sing my petrolpomp wat nou weke lank stil was weer van voor af. :eek:

Dis nog nie 11:00 nie en ons moet almal daar tevrede wees met koffie. Was so lus vir 'n sherry na die koue. Hierna groet ek en ry terug Sederberge toe. Net bokant Skitterykloof ( die karoo-kant van die pad waar op Katbakkies is) neem ek my eerste foto's. Terwyl ek die ruimte staan en indrink kom 'n hele konfooi Mercedes manne daar verby. Hulle groet so vriendelik jy sal glo hulle is nou al in Midde-Afrika.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 002.JPG
    Sederberg dagrit 2014 002.JPG
    328.4 KB · Views: 595
  • Sederberg dagrit 2014 003.JPG
    Sederberg dagrit 2014 003.JPG
    368.8 KB · Views: 586
Hierna ry ek rustig voort en eet ontbyt bo-op Katbakkies. Toe is dit met die bekende lekker-ry pad tot by die Oasis. Gerrit het heelwat verbeteringe aangebring en die plek lyk sommer goed.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 004.JPG
    Sederberg dagrit 2014 004.JPG
    368.8 KB · Views: 595
  • Sederberg dagrit 2014 006.JPG
    Sederberg dagrit 2014 006.JPG
    329.3 KB · Views: 596
  • Sederberg dagrit 2014 009.JPG
    Sederberg dagrit 2014 009.JPG
    250 KB · Views: 581
  • Sederberg dagrit 2014 011.JPG
    Sederberg dagrit 2014 011.JPG
    335.4 KB · Views: 583
Al is April gewoonlik een van die droogste tye in die Sederberge, loop die driffies oppad Matjiesrivier toe lekker sterk. Dis hulle wat ander kant die berg verby Die Mond vloei en dan in die Doringrivier beland.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 012.JPG
    Sederberg dagrit 2014 012.JPG
    314.5 KB · Views: 565
  • Sederberg dagrit 2014 013.JPG
    Sederberg dagrit 2014 013.JPG
    491.7 KB · Views: 565
Onderkant die Wolbergskeure  lê Sanddrif vakansie oord. Mens hoor die mense se geskreeu wat by die Maalgat afspring ook duidelik en ek wonder of ek nog daar sal afspring. Die stuk pad vanaf die Stadsaal grotte tot by Dwarsrivier is van die beste sinkplaat gemeng met los klippes en sand wat mens kry, glad nie Transalp kontrei nie.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 020.JPG
    Sederberg dagrit 2014 020.JPG
    312.2 KB · Views: 554
Die foto's is in die Uitkykpas net bo-kant Algeria geneem in die rigting van Lambertsbaai.

Daar lê ook alweer 'n nuwe wrak onder die pad. Dit moes 'n skrikwekkende ervaring gewees het vir die insittendes. Lyk amper soos 'n huurkarretjie. Hoop hulle is OK.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 026.JPG
    Sederberg dagrit 2014 026.JPG
    385.9 KB · Views: 562
  • Sederberg dagrit 2014 022.JPG
    Sederberg dagrit 2014 022.JPG
    417.5 KB · Views: 555
Hierna het ek genoeg gehad en besluit om sommer teerpad huis toe te ry. By Kardoesie koop ek soos gewoonlik droëwors, neute en skuinskoek.

Onder Piekenierspas ry ek Eendekuil deur Piketberg toe. Dié berg bly maar indrukwekkend maar word deur die meeste mense mis gekyk omdat hy so in die middel van nêrens lê.

Vanaf Malmesbury was dit weer soos gewoonlik 'n skeef hangery teen 'n suidooster wat dwars teen my ingewaai het en die laaste stukkie ry net kom bederf het.

Die totale afstand was 530km en die Transalp het nou die 40000km-merk verby gesteek.


Mooi Ry!
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 028.JPG
    Sederberg dagrit 2014 028.JPG
    332.7 KB · Views: 538
that is a great report pic,s very good i started out on a Honda like yours just incredible
 
Mooi plekke in die Kaap nê?! Dankie vir die deel :thumleft:
 
Elke keer wanneer ek dink ons het mooi paaie in Limpopo, dan post iemand so 'n RR en dan is ek weer van vooraf jaloers op julle lekker paaie.
Dankie vir die mooi fotos.  :thumleft:
 
Thanks Sakkie for allowing us to join on this ride...... through your Gr8 RR ;) :thumleft:

 
gwild said:
Mooi Sakkie nou is ek jaloers, nog net 6-8 weke dan sal ek weer die pad saam met jou vat  :thumleft:
Thx for sharing

Thanks Gavin. This would have been our Middelpos / Sutherland trip-weekend if everything worked out according to our plans.
Why is the 6-8 weeks not getting shorter?

Until the right time arrives, cheers.  :thumleft:
 
Baie dankie aan almal wat die kort RR gelees het en geniet het. Spesiaal aan die manne van die Oos-Kaap wat nie eens kla dat dit in Afrikaans is nie.

Dit verbaas my altyd dat jy soms net 'n paar fotos met byskrifte kan opsit en dan redelik baie kommentaar kry, terwyl mens by ander geleenthede met die pos van 'n ordentlike RR min kommentaar kry.
 
Lekker om so alleen die lang grondpad aan te vat.  Maak mens se kop mooi skoon.  Mooi fodies FO :thumleft:
 
Top