Solo Paasnaweek draai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Flatout

Race Dog
Joined
Oct 24, 2010
Messages
1,236
Reaction score
0
Location
Cape Town
Bike
Honda TransAlp XL700V
In my lewe doen die geleentheid om te gaan ry hom maar selde voor deesdae. Toe ek besef vandag is so 'n dag is ek sommer al vroeg op en voor sewe ry ek al in die rigting van Ceres. Dis mistig en koud en ek bibber tot in Bainskloof voordat ek onthou van die "heated grips". Op my ouderdom raak dinge sommer gou geskiedenis en ek het die goed laas jaar gebruik.  :ricky:

In Ceres trek ek by die Shell Garage in net betyds om vir Andy, Boere, Hope, Berty en Grant daar raak te loop. Van die manne sit reg om te ry maar sekere Kommando-wurms besluit dis nou tyd om 'n Pie te eet. In die proses word daar toe nou weer 'n vinnige twakpraat-sessie geskep en ons kuier lekker saam vir 'n paar minute.

Ek was nogal lus om saam met hulle te ry maar my moed begewe my toe weer. Sien , die manne weet hoe om die klankgrens te breek en doen dit ook gereeld. Hulle is baie ervare en sekeres het al teen hoë spoed op die pad rondgerol  :imaposer:

Oppad Plaastal toe onhou ek Cocky se aanmerking oor Simon Fourie se gejaag in Namibie en ek ry sommer so op my eie dat die Transalp uitsny in top gear. Toe ek daar stil hou sing my petrolpomp wat nou weke lank stil was weer van voor af. :eek:

Dis nog nie 11:00 nie en ons moet almal daar tevrede wees met koffie. Was so lus vir 'n sherry na die koue. Hierna groet ek en ry terug Sederberge toe. Net bokant Skitterykloof ( die karoo-kant van die pad waar op Katbakkies is) neem ek my eerste foto's. Terwyl ek die ruimte staan en indrink kom 'n hele konfooi Mercedes manne daar verby. Hulle groet so vriendelik jy sal glo hulle is nou al in Midde-Afrika.
 

Attachments

  • Sederberg dagrit 2014 002.JPG
    Sederberg dagrit 2014 002.JPG
    328.4 KB · Views: 594
  • Sederberg dagrit 2014 003.JPG
    Sederberg dagrit 2014 003.JPG
    368.8 KB · Views: 586
Top