Sondag trippie - Clanwilliam omgewing

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duif

Pack Dog
Joined
Apr 30, 2014
Messages
267
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS
Reg hier gaan ons. Dit is Sondag 2  Augustus 2015 en ons vertrek om ongeveer 8:15 vanaf Klawer, dit is nou ek en my vrou en Ricardo Davids. By Truck-Inn, Trawal, sluit nog 'n biker by ons aan, genaamd Chris Smit.
 

Attachments

  • C-3.jpg
    C-3.jpg
    237.5 KB
Hoe gaan ek nou vêrder aan, moet ek elkekeer bylas as ek die fotos op die regte plekke wil plaas?
Jammer as ek dom is, maar ons moet ook daar wees anders lyk ander nie slim nie ;D
 
Ok, ons gaan maar aan. Onderweg na Clanwilliam kom ons toe op die toneel af. Dit moes die Saterdag gebeur het.
 

Attachments

  • C-10.jpg
    C-10.jpg
    239 KB
  • C-12.jpg
    C-12.jpg
    235.6 KB
  • C-9.jpg
    C-9.jpg
    236 KB
Kom toe by Clanwilliam Spar aan, waar die volgende en laaste biker by ons aansluit, genaamd Adriaan Farmer.
 

Attachments

  • C-144.jpg
    C-144.jpg
    284.8 KB
Nadat ons wors en bunch gekoop het vir die braai teen pad, het ons die ou Kaapse pad gery, wat al teen die Clanwilliam dam loop.
Die pad is 'n Grondpad en is sommige plekke baie nou en jy moet maar goed ry en kyk vir voertuie wat van vooraf kom. Dit is 'n pad met mooi tonele en dit is hoekom jy moet kophou. Ongeveer 10 km vanaf Clanwilliam draai ons weg met 'n grondpad wat na
Algeria Bosbou -Stasie loop. Soos met alle trippies is ek na die tyd vir myself kwaad omdat ek nie meer fotos geneem het nie. Gelukkig hou almal wat saamry van die knoppie druk ;D
 

Attachments

  • C-13.jpg
    C-13.jpg
    268.1 KB
  • C-14.jpg
    C-14.jpg
    242.4 KB
  • C-15.jpg
    C-15.jpg
    289.2 KB
Duif said:
Tgg, hoekom moet jy nou uitpraat? :eek: Nou kan ek nie vêrder gaan nie.

waar wat gese, julle trip lyk lekker :biggrin:
 
Hier het ons gestop by 'n plekkie wat nog in sy ontwikkeling fase is en dit lyk al klaar lekker.
 

Attachments

  • C-26.jpg
    C-26.jpg
    276.9 KB
  • C-31.jpg
    C-31.jpg
    263 KB
  • C-30.jpg
    C-30.jpg
    255.5 KB
  • C-22.jpg
    C-22.jpg
    268.9 KB
  • C-20.jpg
    C-20.jpg
    276.5 KB
Nog so 'n paar. Vrou sal weer kwaad wees oor foto, maar dit lyk so mooi.
 

Attachments

  • C-32.jpg
    C-32.jpg
    283.1 KB
  • C-33.jpg
    C-33.jpg
    230.4 KB
  • C-34.jpg
    C-34.jpg
    286.4 KB
  • C-35.jpg
    C-35.jpg
    273.7 KB
By Algeria bosbou draai ons regs en ry die pas tot by die brug naby N7. Hier het ons soos kinders in die water gespeel en soos bojane fotos geneem, want facebook moet ook ge-update word later. Glo my dit is nie baie later nie, want voor ons by huis aankom, is die helfte al gelaai. Kyk  Adriaan het net facebook en dit is al. Die selfoon is net daar om selfies te neem en dit is elke 2 min. Tv opvangs is ook maar sleg, die heel 1ste episode van 7de laan wys nou eers daar op Doringbos. :imaposer:
 

Attachments

  • C-37.jpg
    C-37.jpg
    251.5 KB
  • C-75.jpg
    C-75.jpg
    275.9 KB
  • C-46.jpg
    C-46.jpg
    286.2 KB
  • C-67.jpg
    C-67.jpg
    274.7 KB
  • C-50.jpg
    C-50.jpg
    283.8 KB
Klaar gespeel en ry toe al teen die dam af in die rigting van Clanwilliam. Hier is so 'n spesiale plekkie vir ons bojane ingerig.
Heerlik wors gebraai en die natuur geniet. Laat jou sommer van als vergeet en jy voel sommer weer lus vir lewe. Hoe bevoorreg is ons?
 

Attachments

  • C-86.jpg
    C-86.jpg
    281.4 KB
  • C-119.jpg
    C-119.jpg
    275.5 KB
  • C-83.jpg
    C-83.jpg
    269.6 KB
  • C-122.jpg
    C-122.jpg
    294.7 KB
  • C-116.jpg
    C-116.jpg
    242.6 KB
  • C-111.jpg
    C-111.jpg
    235 KB
  • C-129.jpg
    C-129.jpg
    235.6 KB
Nog so 'n paar fotos en so kom ons aan die einde van die fotoplasings. Nadat ons klaar gebraai het, het ons die pad vêrder aangery tot by Clanwilliam en vandaar met N7 terug na Klawer. Dankie manne, dit was lekker en elke trippie sal ons vir lank bybly. :sip:
 

Attachments

  • C-105.jpg
    C-105.jpg
    274.4 KB
  • C-117.jpg
    C-117.jpg
    269.3 KB
  • C-121.jpg
    C-121.jpg
    277.2 KB
  • C-139.jpg
    C-139.jpg
    275.5 KB
  • C-132.jpg
    C-132.jpg
    246.7 KB
Baie mooi gedeelte van ons land, dankie vir die deel.
 
Top