Stofpaaie en tarentale in die overberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

hando

Race Dog
WD Vendor
Joined
Mar 24, 2011
Messages
3,510
Reaction score
6
Location
Somerset West
Bike
Yamaha Super Tenere
Ek was al weer in die overberg in. Toe ek vanoggend wakker word kon ek nie die lus vir ry afskud nie.
Ek het maar vir Jemima gaan haal en opgesaal en die pad gevat.

Die wind was erg en het my heeldag rondgepluk. Dit het darem ook mooi reenboe op die see gemaak.

smlIMG_0772.jpg


Verby Rooiels en Bettys baai het ek gery . Toe was dit gou tyd om Jemima se magie vol te maak.

smlIMG_0774.jpg


Teen R12/liter begin selfs dit nou al seer maak.

Ek het gou gepose vir n 'self portret' met al die kit aan.

smlIMG_0776.jpg


En toe my eie magie ook gaan vol maak.

smlIMG_0782.jpg


smlIMG_0781.jpg


smlIMG_0780.jpg


Ek het my verkyk aan al die ander bikers wat ook hier n draai gemaak het.

En toe was dit tyd vir die grondpaaie.

smlIMG_0784.jpg


smlIMG_0785.jpg



So effe tegnise stukkie. Die kamera doen soos gewoonlik nie die gradient enige gunste nie.

smlIMG_0786.jpg


Die overberg is altyd baie mooi die tyd van die jaar.

smlIMG_0790.jpg


Het die oukie raakgeloop langs die pad.

smlIMG_0791.jpg


En die ouens.

smlIMG_0793.jpg


Deur Caledon en op pad na 'n naam wat ek n ruk terug gesien het. Teslaarsdal.

smlIMG_0795.jpg


Buite Teslaarsdal vlie 'n Tarentaal voor my op en ek slaan hom teen my regterkanste handguard. Spoed op daai stadium so 100km/h. Ek was seker die ou is dood na daai slag, maar hierdie was al wat ek kon kry .

smlIMG_0797.jpg


smlIMG_0798.jpg


En die merk teen my handguard as bewys .

smlIMG_0799.jpg


Ek het so hier en daar gestop vir 'n kiekie .

smlIMG_0801.jpg


smlIMG_0805.jpg


En in Hermanus gestop om aan 'n ietse te knaag.

smlIMG_0806.jpg


Terug huis toe het ek op die Rooiels pad gestop om te kyk na die merke waar 'n kollega van my sy 250 Ninja teen berg stukkend gery het. Gelukkig is hy redelik OK. Maar die bike is 'n wrak.

smlIMG_0809.jpg


En toe nog so hier en daar gestop vir 'n kiekie of wat voor ek by die huis gekom het.

smlIMG_0816.jpg


smlIMG_0817.jpg




 
Baie mooi foto's - ek wil daai wêreld nog gaan verken.

Maar nou moet ek eers kafee toe ry.  Daai sausage roll en groen pienkmelkie lyk nou te lekker.
 
Mooi foto's. Het self vanmiddag 'n close call gehad met tarentaal se tjom.
 
Ek dink op spoed sal daai ding jou voorlig of helmet taamlik skade berokken.  Het eenkeer een met my bakkie gevang - hele paar duisend Rand se skade aan die bonnet.  Is hulle nie veronderstel om betyds weg te vlieg nie?
 
chrisL said:
Mooi foto's :deal: :drif:

+1 :thumleft: As always Hanno,... you sure make a RR really nice & enjoyable to read. Gr photos. The WC really has some Awesome places for us to enjoy on our bikes. I can't wait for Dec/Jan leave,.... so I can do a bit of riding/explorering as well :drif: :thumleft: ;D
 
Lekker, was vandag per voertuig deur Somerset Wes toe, die wind was kwaad
:ricky: -  :thumleft:

Clarensdrive.jpg
 
Ja nee dual. Die wind was nie lekker nie.

J Viljoen - My ervaring met Tarentale is juis dat die goed nie betyds vlieg nie. Gewoonlik as ek hulle sien ry ek onmiddelik stadiger want hulle het die manier om voor mens in te voeter.

Die een wat ek vandag getref het het ui dte bosse uit opgevlieg. EK het hom nie voor die tyd gesien nie. Dit was mili sekondes vandat ek hom gesien het tot hy my handguard getref het. Ek het nie eers kans gehad om te koes nie.

Daai ding is BLEDDIE hard. As ek hom teen die kop of skouer gevat het sou ek beslis baie seer gekry het. Jy kan self dink wat gaan gebeur as jy 'n 2kg hoener teen 100km/h tref.
 
Hando said:
Ja nee dual. Die wind was nie lekker nie.

J Viljoen - My ervaring met Tarentale is juis dat die goed nie betyds vlieg nie. Gewoonlik as ek hulle sien ry ek onmiddelik stadiger want hulle het die manier om voor mens in te voeter.

Die een wat ek vandag getref het het ui dte bosse uit opgevlieg. EK het hom nie voor die tyd gesien nie. Dit was mili sekondes vandat ek hom gesien het tot hy my handguard getref het. Ek het nie eers kans gehad om te koes nie.

Daai ding is BLEDDIE hard. As ek hom teen die kop of skouer gevat het sou ek beslis baie seer gekry het. Jy kan self dink wat gaan gebeur as jy 'n 2kg hoener teen 100km/h tref.
Van middel September tot middel November paar hulle en dan is hul fokus ietwat af van ons as padgebruikers.  Hulle aandag is elders en dan is hulle bitter gevaarlik!  Jy't mos al gesien hoe tree jong manne soms ook op,  of hoe?
 
Ja nee wragtag. Dit maak sin.

Daai knaap wat ek getref het gaan dalk vir so week of wat te seer wees om romantiese gedagtes te koester.

Hopwlik sal hyt volgende keer links en regs en weer links kyk voor hy oor die pad voeter.
 
Top