Strand - N/Cape - Namibie - Cederberg and back

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

pietafrika

Puppy
Joined
Sep 3, 2009
Messages
36
Reaction score
0
Location
Westbrook Beach
Bike
BMW R1200GS
Marius, genooides en ek (lees Magda en Piet van KZN) doen n "trip" elke jaar. Laas jaar was dit Keurbooms, Prince Albert, Swartberg, Die Hel, Baviaans na Jeffreys (Grace en Phillip).  Hierdie jaar was dit iets anders.

Vanjaar se trip, soos meeste, begin as n kiem en groei, kry momentum en dan na n klomp beplanning gebeur, maar nie altyd soos beplan nie.  Dit is hoekom ons dit doen.  Hierdie jaar in plaas van bande mors op die teer hoor ek van Shosaloza Meyl (die trein).  Ek laai die GS Woensdag, 7 Okt 09 op Durban stasie na n moerse klomp bellery (hierdie mense antwoord nie n foon nie). R 995 en daar gaan die GS op die spoorwee, ons kan net bid.  Jy laai hom self, bind hom vas met meer "tie downs" as nodig?.  Vir die rekord ONS vlieg toe Donderdag, 8 Okt 09 Kaap toe vir minder as R 800.  Fair .....? Dit is nou Danie wat ons ge-join het

Op die vliegtuig begin die stress uitloop, seker iets te doen met die whisky en die afwagting van die avontuur wat voorle.  Marius en Christa kry ons op die lughawe, terug Strand toe, eet lekker, drink lekker en beplan die roete - Strand - Montagu - Anysberg - Laingsburg - Ouberg 2 - Middelpos - Williston - Brandvlei na Verneukpan - Putsonderwater - Boegoeberg - Augrabies - Pofadder - Onseepkans - Ai Ais - Gamchab - op langs die Gariep (Oranjerivier) na Rosh Pinah - terug na Sendelingsdrif - Lekkersing - en dan geen plan behalwe die Cederberg en terug na die Strand.  Min het ons geweet dat die beste planne nie altyd werk nie .....

Die kos en wyn temper die "excitement" en gaan oor in n lekker slaap vol van die afwagting van die avontuur wat voorle .... 12 dae

Dag 1 - 9 Okt 09

Ons moet die GS gaan haal op Belville stasie, ETA 07h00 - ATA (actual time of arrival 09h00).  Die "official" se daar was n besetting op die lyn, klink vir my soos n maag kwaal. Jy kan baie k*k praat op Belville stasie vir 2 uur.  Ek sien toe n "lifer", die birding term vir n voel wat jy nog nie vantevore gesien het nie. Ek is n "birder of sorts". Wel dit was n Swartkraai (Corvus Capensis).  Mens kan sien daar was bitter min om te doen.

Trein kom, bike OK, DDH, petrol, pak en reg om te ry.

12h00 - Marius (regs) hy is eintlik goed gebou (Kawa 650 KLR), Magda en ek op die GS.  Ons kry vir Danie in Montagu.

1001387.jpg


Ons vat die pad, destination Montagu oor Sir Lowry's pas via Robbertson en probeer soveel grondpad inwerk as ons kan.

pa090119.jpg


Lang storie kort, ons eet iets by die Wimpy in Montagu (geen drank lisensie - skok!!). Danie arrive en ons koop kos en drank en sit af na 360 degrees on 62.  Ilshe, die eienaar, is net so pragtig as die huisies en die omgewing. Die huisies is goedkoop, prakties en gerieflik.

pa090124.jpg


Ons het n lekker aand, die perfekte afskop plek vir ons avontuur.  Die lewe is lekker, die wyn ook.

pa090128.jpg


pa090135.jpg


More slaan ons die grond oor Anysberg na Laingsburg... Ouberg ... Slaap op Middelpos ...

pa100155.jpg


Dag 2  Saterdag - 10 Ok 2009- Montagu destination Middelpos


Na n aand saam met vriende en n perfekte oggend met daardie gevoel wat net n paar mense ooit sal voel vat ons die pad terug Montagu toe vir water en om die laaste "shopping" uit Mada se bloed te kry. As dit so lyk as jy begin kan dit net beter raak.

pa100157.jpg


pa100158.jpg


pa100159.jpg


Laingsburg is Laingsburg, ons onthou die vloedramp, maar miskien is die ramp nog nie verby nie - bedelaars by die bottie, breakfast by die Wimpy.  Sonder om filosofies te raak sien jy n familie wat se dag se "treat" n Wimpy "whatever" is. Goeie mense. Hier sit ons met bloed in ons are wat nog vol avontuur loop. Dank die Here vir sulke bloed en die fondse on dit te kan doen.

Die teer voel nie lekker nie.  Ons vat die 21 km kortpad regs na Hilandale en mik in Sutherland se rigting. Nog steeds koud. Net voor Verlatenkloof draai ons links na wat Marius my mooi laat verstaan het is Ouberg 2.  Dit is nou Tankwa Rivier se wereld.

pa100162.jpg


Lekker pad, maar soos T4A se, hy eet tyres.  N Mercedes ML 450 het ons in die stof gedoop, maar ons groet toe weer langs die pad. ML papwiel. Bikes vars lug.

Danie langs die Tankwa Rivier. . Die transformasie van niks na groen as jy water kry is soos dop sonder ys.

pa100166.jpg


Vir n Nataller is hierdie wereld anders, maar pragtig anders. Die eenvoudigheid van die omgewing laat jou rustig voel. Ek hoop om dit beter te kan beskryf soos ek aangaan.  Ek het vergeet van al die probleme. Ek geniet myself. Ek rus.

Wat nou voorle kan jy nie vergelyk met Baviaans nie, maar in sy manier fantasties. Jy kom van die vloer van die Onder Karoo en klim na 1404 m in amper geen tyd. Fantasties. Lekker om te lewe.

pa100173.jpg


Marius op pad op

pa100177.jpg


Dit lyk vir my daar is mense met baie tyd, want hulle is besig om die klippe op Ouberg (sorry Mars Ouberg 2) te nommer. Wel ek se julle (ek se jou!) hulle gaan flippen lank daar wees.

pa100182.jpg


pa100183.jpg


En nog een, maar hulle is nou eers by 54 - good luck - maar ons moet ophou klippe tel en by Middelpos Hotel (geen bespreking) kom.



Van hier het die pad lank begin word, goeie pad wat al hoe slegter (sand/klip/gruis) begin word hoe nader jy aan Middelpos kom.  Hier het ek geleer jy moet nie n bestemming he nie, want as jy daar kom en jy moet verder, breuk dit jou moed.  Jy sit jou mind op n ding (koue bier) en dan moet jy verder.  In elk geval Middelpos was , Middelpos.



Marius en Danie

pa100187.jpg


Lang storie kort almal is n bietjie gatvol, ons kry toe n verduideliking , van die tannie op die foto hierbo.  Of ons het nie mooi geluister nie, of sy het sleg verduidelik.  As jy moeg is, is die pad nie lekker nie EN jy is dors dan begin die dag lank raak.  Konsentreer kerels. Anyway, ons vat die verkeerde pad en is op pad na Calvinia toe, draai om en kom toe op die regte pad en slaan die die teer by Brandvlei/Williston

Hier kom nie baie karre verby nie soos Danie wys.

pa100189.jpg


Die dag is amper om.  Was n lang dag.  So 80 km teer op pap bande en dan is ons in Williston.  Maar voor ons nou verder gaan moet ons eers die gemoedere lig.  Dit raak koud.  Min sal ons weet wat dit beteken......

pa100194.jpg


Laat Saterdag middag ry ons Williston binne.  Die eerste plek wat ons sien is  Die Ark.

pa110231.jpg


So windgat meisie verseker ons dat ons maar moet  parkeer, want Die Ark is DIE plek in Williston.  Wel, ons het haar nie geglo nie, maar ons moes. Elmarie het n fantastiese plek, net wat ons wou gehad het,. Skoon, gemaklik, bekostigbaar, maar anders.  In elk geval ons was die enigste gaste en het gaan skaap tjops koop, vuur gemaak, roete beplan en gebraai.  OK, n dop ook gedrink.

pa100198.jpg


Die eetkamer

pa100200.jpg


Spreuk vanself

pa100201.jpg


pa100222.jpg




So begin die beplanning vir die volgende dag  van Williston vat ons die pad oos van Brandvlei - Verneukpan - Boegoeberg.  Daardie aand begin dit reen in Williston en die gode, soos altyd het hulle eie planne.

Dag 3 - Sondag, 11 Oktober


Dit het baie gereen in die nag.  'n Nat Williston in Oktober, gebeur nie baie nie.

pa110229.jpg


Eers het ons n yslike brekkie ge-eet en besluit toe om laag te le en die onmiddelike omgewing te verken agv die baie reen..  Toe kom die son en ons besluit om die pad te vat.


Plan is reguit noord, oos van Riet se vloer tot by die T, regs en dan weer links na Swartkop. Verneukpan, Diemansputs en dan na Putsonderwater wat nog n lewensdroom van my was. Nie omdat daar iets (??) is nie, ek wou net altyt se ek was daar.

Ons vat toe die pad, redelik OK, baie grys veral in die eerste 10 km, toe word hy beter.  So 50 km in het die plasse water begin le en so elk en nou en dan maak die modder jou mooi wakker as dit jou agterwiel so waai gee. Op presies 70 km maak ek die verkeerde besluit, ek volg Marius se lyn, die waai van die agterwiel is toe meer terminaal.  Ek kry haar regop toe is die volgende een voor my.  Staan op (kon nie - 2 up te laat, look up - dit doen ek toe, open up dit ook, maar te laat.  Party van ons ken daardie aaklige gevoel as jy weet hier gaan ons..  Slaan die pad (modder) en val op die regterkant, kyk terug want toe worry ek al klaar oor die vrou.  Sy en die bike maak beerte om bo te wees.  Toe is ek op my voete en hardloop om, die bike le bo-op Magda en sy roer nie.  Ek lig en skreeu gelyk. Niks. Skreeu weer en weer niks. Toe kyk sy op. Verligting is n under statement.

Die crash site

pa110232.jpg


Lang storie kort, Danie kom so 5 min later, dit begin weer reen.  Magda het totale geheue verlies en se seker 100 maal vir my haar enkel is seer enwaar is ons en waar is Marius - oor en oor.  Marius daag so 30 min later op en se daar is n plaashuis so 3 km aan.  Hy gaan haal die boer en hier het ek weer verstaan watse goeie mense mens in die wereld kry.  Brand du Toit het Magda kom haal met sy bakkie (dit is nou so 1 nm op Sondamiddag).  Sy vrou, Elmarie en die kinders en Ouma het almal gehelp met tee ens. Na Magda haar derde koppie rooibos in het, het hy die dokter op Williston geradio en haar met sy bakkie terug na die kliniek geneem.  Dr Vermeulen het haar op gecheck en gese ons moet haar by n X-straal masjien kry wat nie beskikbaar wasnie.  Suster Elmarie dankie vir jou hulp.

Magda terug by Die Ark in ons ou bed - nie gelukkig

pa110236b.jpg


Elmarie , dankie vir jou hulp.  Brand en die hele familie daag Sondagaand op om te kom verneem oor Magda se welstand.  Weereens baie dankie aan julle..  n Lang nag en die volgende dag moes ons Magda terug in die Kaap kry.  Gelukkig het ons n geleentheid gekry saam met Rudolf en Elmarie (die suster van die kliniek).  Baie dankie mense.

Dag 4 - Maandag 11 Oktober

Ek voel soos n skurk, but the show must go on.

En toe was daar drie .....

Marius en Danie het my bike soveel moontlik gepatch terwyl ek vroulief terug in die Kaap probeer kry.  Dankie my vrou dat jy aangedring het dat ek die trip voltooi.  Dit klink soos n troue so baie se ek dankie, maar ek bedoel dit.

pa120238.jpg


Teen die tyd is dit 11 vm.  Ons besluit om die teer tot in kort van Calvinia te vat en dan kortpad  na die R27.  Toe die lang teer deur Brandvlei en dan aan na Kenhardt, met die wind van die kant.  Was nie lekker nie.

Lank en reguit

pa120253.jpg


Onthou ek is n bietjie van n birder - Versamelvoel - Sociable Weaver (Philetairius socius) nes

pa120258.jpg


Net na Kenhardt draai ons links op n lekker grondpad, baie klippe in die begin met so plek plek sand al langs die Hartebeestrivier af

pa120262.jpg


So 84 km verder le Kakamas en die bottelstoor wat nou na toemaak se kant toe staan.

Kakamas

pa120264.jpg


Drink n yskoue bier en laat waai na Augrabies, want ons moet nog kos koop en die winkel maak amper toe.  Aangekom en proviant gekoop, sit ons af na die kamplek.  Slaan tent op, maak vuur en doen wat n mens doen as jy kamp.

pa120268.jpg


pa120277.jpg


pa120282.jpg


pa120286.jpg


pa120283.jpg


pa130294.jpg


Daardie skoon ketel kry eindelik werk

pa130292.jpg


Marius - chef en roete beplanner

pa130293.jpg


Dag 5 - Dinsdag 13 Oktober


Plan - Ontbyd, ontspan by Augrabies, Pofadder, Onseepkans, (oor die grns na Namibie  Karaburg, Ai Ais ..... vervolg more











































 
Looks like a lekker trip.  Keep it coming.  :thumleft:

pietafrika said:
Ilshe, die eienaar, is net so pragtig as die huisies en die omgewing. Goedkoop, prakties en gerieflik.

I'm sure you meant to say this a bit differently?  :eek:
 
Crossed-up said:
Looks like a lekker trip.  Keep it coming.   :thumleft:

pietafrika said:
Ilshe, die eienaar, is net so pragtig as die huisies en die omgewing. Goedkoop, prakties en gerieflik.

I'm sure you meant to say this a bit differently?  :eek:
The first bit makes sence, but the "goedkoop,prakties en gerieflik" part does not fit with Ilshe. :imaposer:
Laat waai met die res! Jy is vergewe! :thumleft:
 
Mars!!!  Hey wat 'n ou om mee saam te werk!!!  Hy loer soms by my ook so om die deur...
 
Vir die erg verveeldes.
Ek het 'n lys gemaak van die dinge wat ek gevat het en wat ek gebruik het/nie en weer sal vat/nie.
Uitgesluit is drank,ys en kos wat ons aangekoop het vir die dag se gebruik.
++ dui aan gedurige gebruik

Item                    Group      Times-      Take-                      Comment
                                                used        again

Camera                    acces      1              ++          y
Battery charger        acces      1              2              y              for camera - essential
Binding wire            acces 1x5m 0 y Wire & pliers fix many things
Cluch lever              acces 1 0 y Big trouble - sand + no clutch
Duct tape                 acces 1xrol 1 y
Fuses                      acces 3 0 y
Inner tube f acces 1 0 y
Inner tube r acces 1 0 y
Lip ice acces 1 ++ y
Manual acces 1 0 y Never leave home without
Map acces 1 ++ y Does not break & easy to user
Puncture repair acces 1 0 y
Rain cover tank bag acces 1 0 n Takes up an entire pocket on tank bag. Keep dry stuff in zip lock
Ski-rope                acces 1x5m 0 y I'll need it some day
Sludge acces 1 0 y Another option
Tie downs acces 5 ++ y Thin ones don't tie as easy as thicker ones
Tools acces 1xbag 0 y Never leave home without
Tyre airosol acces 1 0 y Always the first to try - easiest
Tyre lever                acces 2x40cm 0 y
Vice grip                acces 1 1 y
wd40 acces 1 ++ y Hate chain noise
Kawa 650 klr Bike 1 ++ y Can't afford a ktm but I was proud of it. No problems at all
Tank bag                Bike 1 ++ y Invaluable - does scratch tank though
Top box Bike 1 ++ n I think I'll revert back to soft bag. Don't trust durability
3 legged chair camp 1 ++ y I love it
Water bottle camp 1 ++ y Piet had camel pack - good thing
Blow-up lilo camp 1 ++ y Not doll. Must when camping. Would prefer self-inflating. Piet had thin foam. I slept better
Braai grid                camp 1 ++ y The slide-in type
Cup camp 1 ++ y
Insect repellant       camp 1 1 n Natural stuff - useless. Use it to draw mozzies
Kettle camp 1 ++ y Bulky & difficult to transport - but worth it
Knife camp 1 ++ y
Lighter camp 1 ++ y
Peaceful sleep camp 1 ++ y This worked
Petzel torch camp 1 ++ y
Plastic plate camp 1 ++ y Beats paper any day
Shammy camp 1 ++ y Used as jammer lappie as well
Sleeping bag camp 1 ++ y Must when camping
Squeegy camp 1 ++ y Nothing like cold beer
Sun block                camp 1 ++ y
Tent (2-man) camp 1 ++ y
Toilet rol                camp 1 ++ y Has uses other than the primary
towel camp 1 ++ y compact type worked well
Toilet bag camp 1 ++ y Toothbr,paste,shower gel,comb,nail brush,cream,floss,deoderant,soap,clothes soap
Utensils                camp 1xset ++ y Makes choice of dinner easier
Hiking boots Clothes 1 ++ y Good High-Tech makes good riding as well
Jeans Clothes 1 ++ y I prefer this to riding pants - cooler & use for anything
Running shoes Clothes 1 ++ n I'll take slops next time
Socks Clothes 4 ++ y No white ones though - dark colors - if it smells clean it is..
Track suit top Clothes 1 ++ y Did not take jacket inner - this worked well & used when cold
T-shirts                Clothes 4 ++ y Dark colors - see Socks
Underpants Clothes 4 ++ y light colors - I'd rather want to see if it has a skid mark
Air cannisters acces 4 3 y Used to inflate before tar

Things Piet had that I would need if alone
Cell battery charger
Dish washing liq
Medical kit
 
OK - dit was in tabel vorm toe ek dit post.............. :-[
 
Hi Mars, jy is besig om n goeie RR op te ...

In elk geval ek is bly jy gee ook n bietjie perspektief hier gaan Dag 3
 
Hierdie is n word doc en ek toets net of ek n RR kan upload na Wild Dogaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa
Ccccccccccccccccccccccccccccccccccccccccccc
Ccccccccccccc  &&&&&&&&&&&&&&&&

Ek is lekker die moer in

CCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCC    aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa    zzzzzzzzzzzzzzz    iiiiiiiiiiiiiiiiiiii


Aaaaaaaaaaaaaa  cccccccccccccccccc   bbbbbbbbbbbb
 
Great report!!  :thumleft: Dankie

Piet, is Magda toe oraait gewees?  :eek:
 
Ja, sy sit hier by die huis rond en is gatvol met haarself.  Ek is nie die beste nurse in die omgewing nie.  Gelukkig help my dogter baie.  Sy sal fine wees.  Dankie vir die belangstelling.
 
pietafrika said:
Ja, sy sit hier by die huis rond en is gatvol met haarself.  Ek is nie die beste nurse in die omgewing nie.  Gelukkig help my dogter baie.  Sy sal fine wees.  Dankie vir die belangstelling.

Dis goeie nuus! Ek kan net dink hoe groot jy geskrik het.

Spoedige beterskap vir Magda.
 
pietafrika said:
Hierdie is n word doc en ek toets net of ek n RR kan upload na Wild Dogaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa
Ccccccccccccccccccccccccccccccccccccccccccc
Ccccccccccccc  &&&&&&&&&&&&&&&&

Ek is lekker die moer in

CCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCCC    aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa    zzzzzzzzzzzzzzz    iiiiiiiiiiiiiiiiiiii


Aaaaaaaaaaaaaa  cccccccccccccccccc   bbbbbbbbbbbb

Lost you there for a moment but if you want to post your Word doc here simply select the text, right click and select copy. Then open the WD post window and right click again to paste. Afterward you can copy your IMG codes from your picture host in between the text where you want the pictures to show up.
I also do long reports using Word as it is to risky to write live directly on the forum.
Selecting previous page have also saved my bacon a few times after making a mistake but depends on what I have done.
 
Top